Jean Absil

Jean Absil (23 Oktober 1893 – 2 Februarie 1974) was 'n Belgiese komponis, orrelis en professor by die Brussel Konservatoria

Jean Absil
Borsbeeld van Jean Absil

Biografie

Absil was gebore in Bonsecours, Hainaut (provinsie), België. Sy onderwyser aldaar was Alphonse Oeyen, orrelis by die basilika van Bonsecours. Hy het vanaf 1913 gestudeer in orrel en harmonie by die Brusselse Konservatoria, maar nadat hy klaargemaak het, het hy egter besluit om te konsentreer op musikale komposisie.

In 1922 het Absil die Prix de Rome (België) gewen en in 1934 die Prix Rubens, wat hom in staat gestel het om na Parys, Frankryk te reis. Absil het in Parys kennis gemaak met sy mede komponiste Ibert, Darius Milhaud, en Arthur Honegger. Hy het egter internasionale statuur verkry met die eerste opvoering van sy eerste klavierkonsert (op. 30).

Absil het vanaf 1930 in die harmonie onderrig gegee by die Brussel Konservatoria, en ses jaar later 'n professor van kontrapunt aldaar geword. Van sy studente was Paul Danblon. Hy het ook onderrig gegee by Chapelle Musicale Reine Elisabeth en by die Etterbeek Musiekskool. Gedurende hierdie periode was hy ook saam met Charles Leirens, die eerste redakteur gewees van die Revue Internationale de Musique (1936–1952). Van 1955 het hy gedien as 'n lid van België se Koninklike Akademie. Hy het op die ouderdom van tagtig jaar in Brussel beswyk.

Komposisies

Absil was aanvanklik beïnvloed deur die laat Romantiese Skool ; veral Richard Wagner en Richard Strauss. Omtrent op die tydstip toe hy sy reis na Parys in 1934 begin het, het hy 'n moderner styl begin aanneem. Dit het die gebruik van polifonie en polimodale strukture ingesluit, beïnvloed deur kontemporêre komponiste soos Milhaud en Arnold Schönberg.

Die oor ly nooit aan 'n indruk van tonale onsekerheid wanneer daar na Absil se musiek geluister word nie: terwyl dit nie langer moontlik is om 'n verwysing te vind na die klassieke majeur en mineur tonaliteit nie; skep die komponis nuwe modusse, wat hy vervang vir elke stuk. Van hierdie modusse kom nuwe akkoorde te voorskyn wat, selfs al is hulle verskillend van die klassieke akkoorde, ook 'n uitdrukkingsspanning of resolusie vertoon. Absil het nooit ware atonaliteit gebruik nie: die oënskynlike tonale onafhanklikheid van die stemme het hulself altyd opgelos in 'n unieke tonaliteit.

Hy het van sy twintigerjare af na sy laat sewentigerjare ongewoon baie gekomponeer, en het veral gekonsentreer op die skryf van klavierwerke, aangesien hy ook 'n vaardige pianis was. Hierdie werke sluit die Ballade, op. 129, vir solo klavier in (wat slegs met die linkerhand gespeel word) sowel as die 3 Pièces (word gespeel met slegs die regterhand). Tussen sy konvensionele tweehandige werke is drie sonatinas (geskryf in respektiewelik 1937, 1939, en 1965) en twee Grand Suites. Die Grand Suites (Op.110, gekomponeer in 1965) het gedien as 'n huldeblyk aan Frédéric Chopin. In 1946 het hy ook Hommage à Robert Schumann gekomponeer en in 1957 die Passacaglia in Memoriam Alban Berg. Beide werke is vir klavier. Sy laaste voltooide komposisie was die KLavierkonsert No. 3, op. 162.

Werke vir ander instrumente en genres sluit in een opera, Les Voix de la mer, en 'n siklus van vyf simfonieë, die eerste (Opus 1) wat hy gekomponeer het op 27-jarige leeftyd toe hy 'n student was van Paul Gibson. Dit het in 1921 die Prix Agniez gewen.

Lys van werke (alfabeties)

Gebaseer op die lys van bladmusiekstukke beskikbaar by die Belgiese Dokumentasie Sentrum vir Kontemporêre Musiek:

  • A cloche-pied op. 139 – 1968, vir kinderstemme en klavier
  • Alcools op. 43 – 1940, vir 4 gemengde stemme a cappella styl
  • Allegro brillante op. 132 – 1967, vir twee klaviere
  • Allegro brillante op. 132 – 1967, vir klavier en orkes
  • Alternances op. 140 – 1968, vir klavier
  • Asymétries op. 136 – 1968, for 2 klaviere
  • Ballade op. 129 – 1966, vir klavier (linkerhand)
  • Ballade op. 156 – 1971, vir altsaksofoon, klavier en klein orkes
  • Berceuse – 1932, for vir altsaksofoon of altviool of tjello en klein orkes
  • Berceuse – 1932, vir tjello of altviool of altsaksofoon en klavier
  • Bestiaire op. 58 – 1944, vir gemengde koor a cappella
  • Burlesque op. 100 – 1958, vir hobo en klavier
  • Cache-cache op. 117 – 1963, vir middelstem en klavier
  • Chaconne op. 69 – 1949, vir viool
  • Chanson de quatre sous – 1942, vir middelstem en klavier
  • Chansons de bonne humeur op. 49 – 1942, vir tweedelige vrouekoor en orkes(S.-Mz.)
  • Chansons de bonne humeur op. 49 – 1942, vir tweedelige vrouekoor en klavier and piano
  • Chansons plaisantes – 2e recueil op. 94 – 1956, vir tweedelige kinderkoor en klavier
  • Chansons plaisantes op. 88 – 1955, vir 2 kinderstemme
  • Cimetière – 1927, vir middelstem en klavier
  • Cinq bagatelles op. 61 – 1944, vir klavier
  • Cinq chansons de Paul Fort op. 18 – 1935, vir twee gelyke stemme en klavier
  • Cinq choeurs – 1930, vir driedelige vrouekoor en klavier
  • Cinq mélodies – 1927, vir middelstem en klavier
  • Cinq mélodies op. 12 – 1933, vir Mezzo-Sopraan en strykkwartet
  • Cinq pièces faciles op. 138 – 1968, vir klarinet of altsaksofoon en klavier
  • Colas Chacha – ?, vir orkes (groot)
  • Colindas op. 87 – 1955, vir driedelige koor a cappella
  • Concert à cinq op. 38 – 1939, vir fluit, viool, tjello en diatoniese harp
  • Concertino op. 42 – 1940, vir tjello en orkes
  • Concertino op. 42 – 1940, vir tjello en orkes
  • Concertino op. 122 – 1964, vir altviool en klavier
  • Concertino op. 122 – 1964, vir altviool en strykorkes
  • Concerto grosso op. 60 – 1944, vir blaasinstrument kwintet en strykorkes
  • Concerto n°2 op. 124 – 1964, vir viool en orkes
  • Concerto n°2 op. 124 – 1964, vir viool en klavier
  • Concerto n°2 op. 131 – 1967, vir twee klaviere
  • Concerto n°2 op. 131 – 1967, vir klavier en orkes
  • Concerto n°3 op. 162 – 1973, vir twee klaviere
  • Concerto n°3 op. 162 – 1973, vir klavier en orkes
  • Concerto op. 11 – 1933, vir viool en orkes
  • Concerto op. 11 – 1933, vir viool en klavier
  • Concerto op. 30 – 1937, vir twee klaviere
  • Concerto op. 30 – 1937, vir klavier en orkes
  • Concerto op. 54 – 1942, vir altviool en orkes
  • Concerto op. 54 – 1942, vir altviool en klavier
  • Concerto op. 155 – 1971, vir kitaar en klein orkes
  • Contes op. 76 – 1951, vir trompet en klavier
  • Contrastes op. 143 – 1969, vir twee kitare
  • Croquis pour un carnaval op. 137 – 1968, vir klarinetkwartet en diatoniese harp
  • Croquis sportifs op. 85 – 1954, vir musiekgroep
  • Danses bulgares op. 103 – 1961, vir musiekgroep
  • Danses bulgares op. 103 – 1959, vir fluit, hobo, klarinet, horing en fagot
  • Danses bulgares op. 103 – 1959, vir klavier
  • De tijd – ?, vir kinderkoor en klavier
  • Déités op. 160 – 1972, vir orkes
  • Deux danses rituelles op. 105 – 1960, vir klein orkes
  • Deux mélodies – 1933, vir middelstem en klavier
  • Deux poèmes op. 53 – 1942, vir sopraan en klavier
  • Divertimento op. 86 – 1955, vir saksofoon en orkes
  • Du rythme à l'expression I op. 108 – 1961, vir klavier
  • Du rythme à l'expression II op. 108 – 1961, vir klavier
  • Echecs op. 96 – 1957, vir klavier
  • Enfantines op. 52 – 1942, vir middelstem en klavier
  • Epouvantail op. 74 – 1950, vir orkes
  • Epouvantail op. 74 – 1950, vir klavier
  • Esquisses sur les 7 péchés capitaux op. 83 – 1954, vir klavier
  • Etude n°3 – 1963, for konsertdrom en klavier
  • Etude XI – ?, vir 4 timpani en klavier
  • Etude XI – ?, vir konsertdrom en klavier
  • Evasion op. 8 – 1927, vir hoë stem en klavier
  • Fanfares op. 118 – 1963, vir musiekgroep
  • Fantaisie – Caprice op. 152 – 1971, vir altsaksofoon en musiekgroep
  • Fantaisie – Caprice op. 152 – 1971, vir saksofoon en klavier
  • Fantaisie – Humoresque op. 113 – 1962, vir klarinet en klavier
  • Fantaisie – Humoresque op. 113 – 1962, vir klarinet en strykorkes
  • Fantaisie concertante op. 99 – 1958, vir viool en orkes
  • Fantaisie concertante op. 99 – 1958, vir viool en klavier
  • Fantaisie rhapsodique op. 21 – 1936, vir tjellokwartet
  • Fantaisie op. 40 – 1939, vir viool, altviool, tjello en klavier
  • Féeries op. 153 – 1971, vir klavier
  • Grande suite n°2 op. 110 – 1962, vir klavier
  • Grande suite op. 62 – 1944, vir klavier
  • Heure de grâce op. 98 – 1958, vir hoë stem en klavier
  • Hommage à Lekeu op. 35/bis – 1939, vir orkes
  • Hommage à Schumann op. 67 – 1946, vir klavier
  • Humoresques op. 126 – 1965, vir klavier
  • Images stellaires op. 161 – 1973, vir viool en tjello
  • Introduction et Valses op. 89 – 1955, vir orkes
  • Jeanne d'Arc op. 65 – 1945, vir orkes
  • L'album à colorier op. 68 – 1948, tweedelige kinderkoor en klavier
  • La mort de Tintagiles op. 3 – 1926, vir orkes
  • Le chant à l'école op. 144 – 1969, vir koor a cappella
  • Le chapeau chinois (extr.) op. 64 – 1944, vir Tenoor en klavier
  • Le chapeau chinois op. 64 – 1944, vir opera
  • Le chapeau chinois op. 64 – 1944,
  • Le cirque volant op. 82 – 1953, vir koor (twee kinderstemme), narrator en klavier
  • Le miracle de Pan op. 71 – 1949, vir orkes
  • Le miracle de Pan op. 71 – 1949, vir klavier
  • Le zodiaque op. 70 – 1949, vir klavier, koor (vier gemengde stemme), Soliste en orkes
  • Le zodiaque op. 70 – 1949, vir soliste, koor en twee klaviere
  • Légendes op. 91 – 1956, vir musiekgroep
  • Les bénédictions op. 48 – 1941, vir soliste, koor en klavier for Soloists, choir and piano
  • Les bénédictions op. 48 – 1941, vir soliste, koor , groot orkes en orrel
  • Les chants du mort op. 55 – 1943, vir gemengde vokale kwartet en orkes
  • Les chants du mort op. 55 – 1943, vir gemengde vokale kwartet en klavier – Sopraan – Alto – Tenoor – Bas
  • Les météores op. 77 – 1951, vir orkes
  • Les voix de la mer op. 75 – 1951, vir opera
  • Les voix de la mer op. 75 – 1951, vir soliste, gemengde koor, spraakkoor en klavier
  • Les voix de la mer: Choeur aérien op. 75 – 1951, vir vrouekoor
  • Marines op. 36 – 1939, vir klavier
  • Mythologie op. 84 – 1954, vir orkes (Groot)
  • Nymphes et faunes op. 130 – 1966, vir musiekgroep
  • Ouverture op. 75 – 1965, vir opera
  • Passacaille op. 101 – 1959, vir klavier
  • Peau d'Ane op. 26 – 1937, vir musiekgroep
  • Peau d'Ane op. 26 – 1937, for Soliste, spreekdele en orkes
  • Peau d'Ane op. 26 – 1937, vir teatermusiek
  • Peau d'Ane: Air de Peau d'Ane op. 26 – 1937, vir Sopraan en orkes
  • Peau d'Ane: Air de Peau d'Ane op. 26 – 1937, vir Sopraan en klavier
  • Peau d'Ane: Air du Prince op. 26 – 1937, vir Tenoor en orkes
  • Peau d'Ane: Air du Prince op. 26 – 1937, vir tenoor en klavier
  • Peau d'Ane: Air du Roi op. 26 – 1937, vir bas en orkes
  • Peau d'Ane: Air du Roi op. 26 – 1937, vir bas en klavier
  • Peau d'Ane: Airs de ballet op. 26 – 1937, vir kamerorkes
  • Peau d'Ane: Final du 3e acte op. 26 – 1937, vir Sopraan, mezzo sopraan, tenoor, bas en klavier
  • Peau d'Ane: Suite op. 26 – 1937, vir kamerorkes
  • Petit bestiaire op. 151 – 1970, vir kitaar
  • Petite suite op. 20 – 1935, musiekgroep
  • Petite suite op. 20 – 1935, vir kamerorkes
  • Petite suite op. 20 – 1935, vir fanfare
  • Petites polyphonies op. 128 – 1966, vir twee gelyke stemme en klavier
  • Phantasmes – 1936, vir Contralto, altsaksofoon, perkussie en klavier
  • Philatélie op. 46 – 1940, vir gemengde vokale kwartet en 14 instrumente
  • Philatélie op. 46 – 1940, vir Sopraan, Mezzo Sopraan, Tenoor, bas en klavier
  • Pièces caractéristiques op. 123 – 1964, vir kitaar
  • Pièces en quatuor op. 35 – 1938, vir saxofoon kwartet
  • Pierre Breughel l'Ancien op. 73 – 1950, vir soliste, koor en klavier
  • Pierre Breughel l'Ancien op. 73 – 1950, vir soliste, gemengde koor, spraakkoor, narrator, groot orkes en orrel
  • Poésie et vélocité op. 157 – 1972, vir klavier
  • Prélude et barcarolle – ?, vir kitaar
  • Printemps op. 59 – 1944, vir kinderstemme met klavierbegeleiding
  • Quatre esquisses op. 154 – 1971, vir fluit, hobo, klarinet en fagot
  • Quatre pièces op. 150 – 1970, vir kitaar
  • Quatre poèmes op. 12 – 1933, vir middelstem en klavier
  • Quatuor à clavier op. 33 – 1938, vir viool, altviool, tjello en klavier
  • Quatuor à cordes n°1 op. 5 – 1929, vir twee viole, altviool en tjello
  • Quatuor à cordes n°2 op. 13 – 1934, vir twee viole, altviool en tjello
  • Quatuor à cordes n°3 op. 19 – 1935, vir twee viole, altviool en tjello
  • Quatuor à cordes n°4 op. 47 – 1941, vir twee viole, altviool en tjello
  • Quatuor n°2 op. 28 – 1937, vir tjellokwartet
  • Quatuor op. 31 – 1937, vir 4 saxofone
  • Quatuor op. 132 – 1967, vir 4 klarinette
  • Quintette op. 16 – 1934, vir fluit, hobo, klarinet, horing en fagot
  • Rêves op. 80 – 1952, vir middelstem en klavier
  • Rhapsodie brésilienne op. 81 – 1953, vir musiekgroep
  • Rhapsodie brésilienne op. 81 – 1953, vir orkes
  • Rhapsodie bulgare op. 104 – 1960, vir orkes
  • Rhapsodie flamande op. 4 – 1928, vir musiekgroep
  • Rhapsodie flamande op. 4 – 1928, vir orkes
  • Rhapsodie n°2 op. 34 – 1938, vir orkes
  • Rhapsodie n°5 op. 102 – 1959, vir 2 klaviere
  • Rhapsodie n°5 op. 102 – 1959, vir musiekgroep
  • Rhapsodie n°6 op. 120 – 1963, vir horing en klavier
  • Rhapsodie roumaine op. 56 – 1943, vir viool en orkes
  • Rhapsodie roumaine op. 56 – 1943, vir viool en klavier
  • Rites op. 79 – 1952, vir musiekgroep
  • Roumaniana op. 92 – 1956, vir musiekgroep
  • Sicilienne – 1950, vir fluit of klarinet of saxofoon en klavier en harp
  • Silhouettes op. 97 – 1958, vir fluit en klavier
  • Six choeurs I op. 18 – 1935, vir kinderkoor en klavier
  • [divers],
  • Six choeurs II op. 18 – 1935, vir tweedelige kinderkoor en klavier
  • Paul Fort,
  • Six poèmes de Maurice Carême op. 109 – 1961, vir 3 gelyke stemme
  • Maurice Carême,
  • Sonate op. 115 – 1963, vir alto saxofoon en klavier
  • Sonate op. 134 – 1967, vir viool
  • Sonate op. 146 – 1970, vir viool en klaviero
  • Sonatine en duo op. 112 – 1962, vir viool en altviool
  • Sonatine n°2 op. 37 – 1939, vir klavier
  • Sonatine op. 27 – 1937, vir klavier
  • Suite bucolique op. 95 – 1957, vir strykorkes
  • Suite mystique op. 145 – 1969, vir fluitkwartet
  • Suite n°2 op. 141 – 1968, vir tjello en klavier
  • Suite pastorale op. 37 – 1939, vir fluit, hobo, klarinet, horing en fagot
  • Suite pastorale op. 37 – 1939, vir kavier
  • Suite sur des thèmes populaires roumains op. 90 – 1956, vir saxofoon kwartet
  • Suite op. 51 – 1942, vir tjello en klavier
  • Suite op. 78 – 1952, vir trombone, tuba of tjello en klavier
  • Suite op. 92 – 1956, vir klein orkes
  • Suite op. 114 – 1963, vir kitaar
  • Suite op. 135 – 1967, vir 2 kitare
  • Suite op. 149 – 1970, vir trompet in C of B mol en klavier
  • Sur un paravent chinois op. 147 – 1970, vir kitaar
  • Symphonie n°1 en ré mineur op. 1 – 1920, vir orkes
  • Symphonie n°2 op. 25 – 1936, vir orkes (groot)
  • Symphonie n°3 op. 57 – 1943, vir orkes
  • Symphonie n°4 op. 142 – 1969, vir orkes (groot)
  • Symphonie n°5 op. 148 – 1970, vir orkes (groot)
  • Tahi – Taho op. 8 – 1932, vir middelstem en klavier
  • Thrène op. 66 – 1945, vir tweedelige koor (gelyke stemme), orrel en 2 Narrators
  • Trente études préparatoires à la polyrythmie op. 107 – 1961, vir klavier
  • Trente études préparatoires à la polyrythmie op. 107 – 1961, vir klavier
  • Trio à cordes n°1 op. 17 – 1935, vir viool, altviool en tjello
  • Trio à cordes n°2 op. 39 – 1939, vir viool, altviool en tjello
  • Trio n°2 op. 158 – 1972, vir viool, tjello en klavier
  • Trio op. 7 – 1931, vir viool, tjello en klavier
  • Triptyque op. 106 – 1960, vir klein orkes
  • Trois choeurs op. 15 – 1934, vir vier mansstemme a cappella
  • Trois impromptus op. 10 – 1932, vir klavier
  • Trois pièces op. 32 – 1938, vir klavier
  • Trois pièces op. 32 – 1938, vir klavier (regterhand)
  • Trois pièces op. 119 – 1963, vir twee kitaars
  • Trois pièces op. 121 – 1964, vir bandoneon
  • Trois Pièces op. 127 – 1965, vir orrel
  • Trois poèmes d'Arthur Cantillon op. 9 – 1932, vir vier onbegeleide stemme
  • Trois poèmes de Tristan Klingsor op. 45 – 1940, vir middelstem en klavier
  • Trois poèmes de Tristan Klingsor op. 45 – 1940, vir middelstem en klein orkes
  • Trois vocalises op. 116 – 1963, vir middelstem en klavier
  • Ulysse et les Sirènes op. 41 – 1939, vir 1 Bar., 2 Narr., manskoor, vroukoor en klavier
  • Ulysse et les Sirènes op. 41 – 1939, vir Soliste (1 Bar., 2 Narrators), manskoor, vroukoor en klein orkes
  • Variations symphoniques op. 50 – 1942, vir orkes (groot)
  • Variasies op. 93 – 1956, vir klavier
  • Zoo op. 63 – 1944, vir vokale kwartet a cappella

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Jean Absil BiografieJean Absil KomposisiesJean Absil Lys van werke (alfabeties)Jean Absil Eksterne skakelsJean Absil VerwysingsJean AbsilBelgië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrthopteraJerusalemWallisOos-KaapKoöperasiestoriesDeon MeyerOnderwys in Suid-AfrikaRugbyPlae van EgipteAfrikaanse woordelys en spelreëlsDermpoliepRepubliek ArtsachHeupvervangingDemensieAnilingusMusieksimboleSlag van BloedrivierPolisieAfrikaanse naguilVrymesselaryProstaatkankerKameelperdEkostelselISBNSatireLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierByvoeglike naamwoordKleinkolmuskeljaatkatNederlandKoos du PlessisBasisinkomsteKoue OorlogSpysverteringstelselRenteMagda van BiljonFrankrykFacebookArmand AucampLabia (geslagsdele)BrandmondsindroomGeografie van Suid-AfrikaTongJaco du PlessisJapanBoet TroskieMisdaadAgter Elke ManBorsklierAkroniemKinderregteYstervarkVleesbaaiOnderwys (geskiedenis)Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Refentse MorakeAnneli van RooyenSirkelPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSuid-KoreaNuwe TestamentBlourokkeAfkortingBywoordLugbesoedelingAardverwarmingOnderhandelinge om apartheid te beëindigIndonesiëRam (sterreteken)Jacques LootsByeboerderyVoeding🡆 More