Japannese Slagskip Yamato

In 1945 (soos gesink):9 x 46 cm (18,1 duim) (3x3)6 x 15,5 cm (6,1 duim) (2x3)24 x 12,7 mm (12x2)162 x 25 mm AA (52x3, 6x1)4 x 13 mm AA (2x2)

Yamato tydens proewe, 1941
Yamato tydens proewe, 1941
Loopbaan RN Ensign
Bestel: Maart 1937
Neergelê: 4 November 1937
Tewaterlating: 8 Augustus 1940
Indiensstelling: 16 Desember 1941
Lot: Gesink op 7 April 1945, noord van Okinawa
Algemene Eienskappe
Verplasing: 65 027 ton (leeg, insluitend 21 266 ton pantser); 72 800 ton (geskat, volle vrag)
Lengte: 256 m (800,5 vt) waterlyn
263 m (862,5 vt) totaal
Breedte: 36,9 m (121 vt)
Diepgang: 11 m (36 vt) maksimum
Aandrywing: 4 stoomturbines
150 000 pk (110 MW),
aangedryf deur 12 Kanpon stoomketels,
Vier 3-lemskroewe, 6,0 m (19,7 vt) breed
Spoed: 27 knope (50 km/h)
Reikafstand: 11 500 km teen 16 knope (30 km/h)
Bemanning: 2 750
Pantser: 650 mm op hoofaansig van die kanontorings
410 mm sypantser, skuins gedraai teen 20 grade
200 mm gepantserde dek
Bewapening: In 1941: 9 x 46 cm (18,2 duim) (3x3)
12 x 15,5 cm (6,1 duim) (4x3)
12 x 12,7 mm (6x2)
24 x 25 mm AA (8x3)
4 x 13 mm AA (2x2)

Vliegtuie: 7
Katapulte: 2

Yamato (大和), genoem na die antieke Japannese provinsie van Yamato, was 'n slagskip van die Japannese Keiserlike Vloot en die eerste skip van die Yamato-klas slagskepe. Hierdie skip en sy susterskip, Musashi, was die grootste, swaarste slagskepe wat ooit gebou is en was bewapen met nege 46 cm (18,1 duim) hoofkanonne.

Konstruksie

Die Yamatoklas is in die tydperk na die Washington-vlootverdrag ontwerp. Werk aan die ontwerp het in 1934 begin en na verandering is die finale ontwerp vir 'n 68 000 ton skip in 1937 aanvaar. Yamato is in 'n spesiaalvoorbereide dok by die Kure-vlootskeepswerf gebou, beginnende op 4 November 1937. Die skip is op 8 Augustus 1940 te water gelaat en is op 16 Desember 1941 in gebruik geneem. Oorspronklik sou daar vyf skepe in die klas wees, maar die derde skip van die klas, Shinano, is omskep in 'n vliegdekskip tydens konstruksie ná die nederlaag by die Slag van Midway en die onbenoemde "Rompnommer 111" is geskrap in 1943 toe dit omtrent 30% voltooi was, en die vyfde skip in die klas is nooit bestel nie.

Die klas was ontwerp om beter te wees as enige skip wat die Verenigde State waarskynlik op daardie tyd sou kon bou. Die 46 cm hoofkanonne is bo 40,6 cm verkies, omdat die wydte van die Panamakanaal dit onuitvoerbaar sou maak vir die Amerikaanse Vloot om 'n skip met kanonne van 'n soortgelyke kaliber te bou sonder ernstige ontwerpsbeperkings en onvoldoende defensiewe rangskikkings.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van kleureWinnie Madikizela-MandelaSoortnaamCheslin KolbePankreasAlkoholismeSelakantSteenkool in Suid-AfrikaVratKaliumZack du PlessisVrouKolonoskopieDroomDermpoliepMotorvoertuigLettergreepSeksuele opwekkingKindermishandelingDemokratiese Republiek die KongoThe CranberriesNatuurSelfmoordNatuurlike hulpbronBynierTaalBrandmondsindroomSenuweestelselGezina, PretoriaReënspinnekopSteve BikoKlimaatveranderingBoontjieBesoedelingTafelbergDurbanAtoomSatellietfotoEkotoerismeKoue OorlogSelfoonKalenderPubiese hareKindersiektesSwartkwasmuishondAntisemitismePriemgetalNeerslagLys van Nederlandse skildersBlourokkeKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVarkSeptimius AwardsWillie JoubertSublimasieUnie van Suid-AfrikaLys van bekende Suid-AfrikanersHartMaselsGevolge van aardverwarming op oseaneOmtrek, oppervlakte en volumeKorrupsieKrygkorSeksuele penetrasieKasteel die Goeie HoopAgtervoegselJeugdagSmaakLenteNederlandsVerantwoordelikheidProstaatkankerGroot vyfVolhoubaarheidResensie🡆 More