Janita Claassen, gebore Janita Sarie Redelinghuys (30 April 1947 – 24 Oktober 2005) was 'n Afrikaanse sangeres wat gereeld saam met Manuel Escorcio opgetree het.
Sy is op 58-jarige ouderdom na 'n 10-jaar lange stryd weens long- en keelkanker oorlede. Van haar treffers sluit in Rolbos, My Danklied, Wilde Aalwyn, Meisiekind en Hoor jy die Klokke.
Janita Claassen | |
---|---|
Geboortenaam | Janita Sarie Redelinghuys |
Gebore | 30 April 1947 |
Sterf | 24 Oktober 2005 (op 58) |
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1980–2005 |
Assosiasies | Manuel Escorcio |
Janita maak haar professionele debuut in 1980 en neem in 1988 haar duetalbum "Liefde Immergroen" saam met Manuel Escorcio op.
In 1989 ontvang Manuel & Janita 'n Goue plaat-toekenning vir die album. Hierdie goue plaat-toekenning is deur Manuel aan die legendesmuseum geskenk.
Tussen 1988 en 2005 het Manuel en Janita meer as 500 konserte saam aangebied.
Kanker is in 1996 by Janita gediagnoseer. Janita is in 2005 oorlede.
Op 26 Januarie 2020 is Janita ingehuldig as 'n legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Janita Claassen, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.