Jamie Bell

Jamie Bell is 'n Engelse akteur wat reeds as tiener internasionale bekendheid met Mervin Burgess se rolprent Billy Elliot (2000) verwerf het.

Bell woon tans in Chelsea, Londen en New York.

Jamie Bell
Jamie Bell tydens die 2015 San Diego Comic-Con International waar hy die rolprent Fantastic Four bekend gestel het
Geboortenaam Andrew James Matfin Bell
Geboorte 14 Maart 1986
Billingham, Stockton on Tees
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Nasionaliteit Engels
Beroep(e) Akteur
Rolprente Billy Elliot
King Kong
Jumper
The Eagle
Jane Eyre
The Adventures of Tintin
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Privaat lewe

Bell is in Billingham, Cleveland, Noord-Engeland gebore. Hy is saam met sy ouer suster Kathryn in 'n enkelouergesin grootgemaak nadat sy pa, John Bell, 'n gereedskapmaker, sy vrou en dogter nog voor Jamie se geboorte verlaat het. Sy ma, Eileen (gebore Matfin), is net soos sy grootmoeder, tannie en suster 'n bekwame danseres, 'n aanleg wat Jamie oorgeërf het en waarmee hy op die ouderdom van dertien internasionale bekendheid sou verwerf nadat hy uit 2 000 seuns vir die rol van Billy Elliot gekies is. Jamie vertolk in dié film 'n tienerseun wat sy werkersklas-pa en ouer broer ontstel deur 'n balletopleiding te begin.

Jamie, wat al vroeg in dans belang begin stel het en deur sy ouer suster vir die eerste keer na balletlesse saamgeneem is toe hy ses jaar oud was, het as tienerseun besluit om 'n loopbaan as akteur te volg. In 1998 het hy met die toneelstuk Bugsy Malone in Londen gedebuteer.

Billy Elliot het aanklank by kritici en internasionale gehore gevind. Die rolprent is vir drie Academy Awards (Oscars) genomineer en het tussen 2000 en 2002 altesaam 48 internasionale filmpryse gewen. Bell het later opgemerk dat die regisseur Stephen Daldry vir hom tydens die skietwerk aan die rolprent 'n soort substituut-pa was. Sy eie pa het hom ná die sukses van Billy Elliot in 'n personderhoud geluk gewens, maar besluit om nie 'n persoonlike verhouding af te dwing nie. Die twee het tot dusver nooit ontmoet nie.

Bell het sedert 2005 met die Amerikaanse aktrise Evan Rachel Wood uitgegaan nadat hy saam met haar in die musiek-video vir Green Day se lied Wake Me Up When September Ends opgetree het. In 2006 het die twee hul verhouding verbreek. Vyf jaar later, in die somer van 2011, het Bell en Wood hul verhouding hervat. Die paar is op 30 Oktober 2012 in 'n klein plegtigheid getrou. Uit die huwelik is in 2013 'n seun gebore. In Mei 2014 het Wood se bestuurder vermeld dat die egpaar vervreem van mekaar geraak het en gaan skei. Hulle sal egter vriende bly en hul seun saam grootmaak.

Loopbaan

Bell het in 2001 as ere-voorsitter van die Italiaanse Giffoni-filmfees se beoordelaarspaneel gefungeer. Ná sy filmdebuut in Billy Elliot het hy 'n verskeidenheid rolle vertolk, waaronder dié van die gestremde dienaar Smike in 'n verfilming van Nicholas Nickleby, 'n jong soldaat in Deathwatch, 'n tienerseun op die vlug in Undertow, 'n gewapende pasifis in Dear Wendy, 'n vervreemde Suid-Kaliforniese tiener in The Chumscrubber, en jong Jimmy in die verfilming van King Kong (2005).

In 2000 het Jamie Bell naas Robson Green, James Bolam en Susan James in ITV se televisie-drama Close and True opgetree. In 2007 het hy die hoofrol in Hallam Foe vertolk waarvoor hy vir die British Independent Film Awards se prys vir beste akteur genomineer. In die volgende jaar het Bell in twee films opgetree - die wetenskapsfiksie-rolprent Jumper en die drama Defiance wat tydens die Tweede Wêreldoorlog afspeel. In die laasgenoemde vertolk Bell die rol van Asael Bielski, die derde van die Bielski-broers - leiers van 'n partisanegroep wat die lewens van 1 200 mense tydens die Sjoa gered het.

Jamie het in 2011 die hoofrol van Tintin in Steven Spielberg se verfilming van die Belgiese strokiesprentreeks Die avonture van Kuifie (Engelse titel: The Adventures of Tintin) en dié van die Romeinse slaaf Esca in The Eagle, 'n rolprent wat in 2de eeuse Brittanje afspeel, vertolk. In dieselfde jaar het Bell ook in 'n verfilming van Jane Eyre opgetree.

Filmografie

Jamie Bell 
Jamie Bell in 2007
Jaar Titel Rol vertolk Regisseur
2000 Billy Elliot Billy Elliot Stephen Daldry
2002 Deathwatch Pvt. Charlie Shakespeare Michael J. Bassett
2002 Nicholas Nickleby Smike Douglas McGrath
2004 Undertow Chris Munn David Gordon Green
2005 Dear Wendy Dick Dandelion Thomas Vinterberg
2005 The Chumscrubber Dean Stifle Arie Posin
2005 King Kong Jimmy Peter Jackson
2006 Flags of Our Fathers Ralph "Iggy" Ignatowski Clint Eastwood
2007 Hallam Foe Hallam Foe David Mackenzie
2008 Jumper Griffin O'Conner Doug Liman
2008 Defiance Asael Bielski Edward Zwick
2011 The Eagle Esca Kevin Macdonald
2011 Jane Eyre St. John Rivers Cary Fukunaga
2011 Retreat Pvt. Jack Coleman Carl Tibbets
2011 The Adventures of Tintin Tintin Steven Spielberg
2012 Man on a Ledge Joey Cassidy Asger Leth
2013 Snowpiercer Edgar Bong Joon-ho
2013 Filth Ray Lennox Jon S. Baird
2013 Nymphomaniac K Lars von Trier
2015 Fantastic Four Ben Grimm / The Thing Josh Trank
2017 Film Stars Don't Die in Liverpool Peter Turner Paul McGuigan
2017 6 Days Rusty Firmin Toa Fraser

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Jamie Bell Privaat leweJamie Bell LoopbaanJamie Bell FilmografieJamie Bell VerwysingsJamie Bell Eksterne skakelsJamie BellEngelandLondenNew York Stad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PesachProvinsies van Suid-AfrikaSeilvaartCarike KeuzenkampSuid-Afrikaanse WeermagMahatma GandhiWiskundeMiskruierMorfeemLys van politieke partye in Suid-AfrikaBrandbergFinansiële staatNasionalismeKewerSpelerposisies in rugbyKatoenFrankrykOranjerivierHartseerOnderhandelinge om apartheid te beëindigDesimale breukeGesondheidMurunwa MakwarelaKrieketXhosaEthiopiëPinksterNiemetaalStudievaardighedeSeksismeNiersteenSeptimius AwardsYslandGeografie van Suid-Afrika20ste eeuJakobWoordsoortKerngeneeskundeSuid-AfrikaProstaatkankerDie GelofteErektiele disfunksieGeskiedenis (vakgebied)Seksueel oordraagbare infeksieToestand van materieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidHomoniemPenisWapen van NamibiëGroot-VisrivierSkaapKerrieSoweto-opstandVoorvoegselVoegwoordAntisemitismeJansenvilleMenseregtedagVolhoubaarheidVigsEkonomieEkonomiese sektorTafelsoutMangelontstekingKoorsPseudowetenskapJode in Suid-AfrikaKontinentLys van Suid-Afrikaanse skrywersWitbloedselSuikersiekteVormVrystaatGewone breukeSelfmoord🡆 More