James Borthwick ’n Suid-Afrikaanse TV-, verhoog- en rolprentakteur.
Hy is veral bekend vir sy komiese rolle, soos dié van Willy in die SAUK-reeks On the Couch. Hy het ook in sepies soos Erfsondes, Fees van die Ongenooides en Konsternasie Oppie Stasie gespeel.
James Borthwick | |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
---|---|
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | Stander Die Prince van Pretoria |
Toekennings | Piers Nicholson-prys |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Borthwick begin sy loopbaan in 1974 by die destydse Sukovs en onderskei hom as ’n sterk karakterspeler. Hy is Engelssprekend, maar is ewe tuis op die Afrikaanse verhoog. In 1978 ontvang hy die Piers Nicholson-prys. Hy het in Anton Tsjechof se Oom Wanja (vertaal deur Karel Schoeman; regie deur Janice Honeyrnan), asook talle ander stukke gespeel. Hy was ook in flieks soos Stander (2003) en Die Prince van Pretoria (1993) te sien. Vir sy rol in die musiekblyspel Evita het hy hy die Fleur du Cap-toekenning vir beste optrede in ’n musiekblyspel ontvang.
Hy is met die aktrise Rika Sennet getroud. Hulle het saam in die pantomimes Sneeuwitjie en die sewe dwergies en As die kat weg is gespeel. Hulle dogter Hanna is ook ’n aktrise.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article James Borthwick, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.