Superrugbyspan Jaguares

Die Jaguares (IPA: ɣɑ/gwa/rɛs) is ’n Argentynse rugbyspan wat sedert 2016 aan die Superrugbykompetisie deelneem.

Die span is in 2015 gestig om ingesluit te word by die vergrote Superrugbykompetisie, en wel met sy debuut in die 2016 Superrugbyseisoen. Die span se basis is Buenos Aires en hulle tuisveld die José Amalfitani-stadion, met sitplek vir 49 540 mense.

Jaguares
Stigting 2015
Ligging Buenos Aires, Argentinië
Stadion Estadio José Amalfitani, Buenos Aires
Kapasiteit 49 540
Afrigter(s) Vlag van Argentinië Raúl Pérez
Kaptein(s) Vlag van Argentinië Agustín Creevy
Liga(s) Superrugby
2018 Kwarteind
(7de na rondomtalie)
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Tuiskleure


Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Superrugbyspan Jaguares
Weg kleure

Statistiek
Eerste wedstryd
Cheetahs 33 – 34 Jaguares
(26 Februarie 2016)
Grootste oorwinning
Jaguares 73 – 27 Kings
(30 April 2016)
Grootste nederlaag
Blues 24 – 16 Jaguares
(2 April 2016)
Amptelike webwerf
www.jaguares.com.ar
Unie webwerf
www.uar.com.ar

Geskiedenis

Na indrukwekkende vertonings deur Argentinië in internasionale rugbykompetisies, waaronder ’n derde plek in die Rugbywêreldbeker 2007, het die Argentynse Rugbyunie (UAR) aansoek gesoen om insluiting in SANZAR se Drienasieskompetisie. In 2011 is aangekondig dat die kompetisie uitgebrei sou word om Argentinië in te sluit; gevolglik is die kompetisie se naam verander na die Rugbykampioenskap en Argentinië het in 2012 vir die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem.

Volgens die reëls van die Argentynse Rugbyunie was daar egter geen professionele liga in Argentinië nie en die UAR het die Pampas XV op die been gebring. Hierdie span het aan die Vodacombeker deelgeneem van 2010 tot 2013 en die kompetisie in die 2011-seisoen gewen met 11 opeenvolgende onoorwonne wedstryde. Aan die einde van die 2013-seisoen het die span hom weens finansiële oorwegings aan die kompetisie onttrek maar is die span behou om van 2014 af aan die Pasifiese Rugbybeker deel te neem. Hulle her die kompetisie in 2014 en 2015 gewen (die kompetisie heet van 2015 af die Wêreldrugby Pasifiese Uitdaging).

Ten spyte van die Pampas XV se suksesse het die UAR steeds gepoog om spanne by die Superrugbykompetisie ingesluit te kry. Aangesien SANZAR vir die termyn van 2011 tot 2015 ’n Superrugbypakket aan uitsaaiers verkoop het, het dit beteken dat die formaat wat gegeld het toe die pakket saamgestel is, sou duur tot wanneer die pakket verstryk, m.a.w. die 2016-seisoen.

In 2013 het Greg Peters, HUB van SANZAR aangekondig dat die Superrugbykompetisie in die 2016-seisoen uitgebrei sou word deur onder meer die toevoeging van die Southern Kings. Vroeg in 2014 het SANZAR bevestig dat die Superrugbykompetisie uitgebrei sou word van 15 na 18 spanne met die aanvang van die 2016-seisoen en dat Argentinië een van die nuwe konsessies sou kry. Dit is bevestig dat die span se basis in Buenos Aires sou wees en dat hulle in een van die Afrika-konferensies sou wees. In Oktober 2014 is ’n lisensie aan Japan toegestaan om die 18de konsessie te bedryf. en die nuwe uitgebreide formaat met die drie nuwe spanne is in November 2014 formeel deur die Uitvoerende Komitee van SANZAR goedgekeur.

Naam en kleure

Die naam sou aanvanklik teen einde Julie 2015 aangekondig word maar is uitgestel tot na afloop van die Rugbywêreldbeker 2015. Op 16 Desember 2015 is aangekondig dat die span as die Jaguares bekend sou staan. Die naam Jaguares is gekies om slinksheid, vaardigheid en krag voor te stel. Volgens die amptelike webwerf maak die skerp instink en intelligensie die Jaguares die ideale simbool vir die span. Die naam is ook ’n eerbetoon aan die wapen van die UAR wat op alle nasionale spanne verskyn.

Superrugby

Die volgende tabel som die Jaguares se Superrugby-uitslae op:

    Seisoen Pos Alg Pos Groep Gespeel Gewen Gelyk Verloor Punte vir Punte teen +/- BP1 Pte Notas
    2016 13de 5de 15 4 0 11 376 427 −51 6 22
    2017 10de 4de 15 7 0 8 404 386 +18 5 33

1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.

Span

Jaguares 2017-superrugbyspan:

Stutte

  • Felipe Arregui
  • Cristian Bartolini
  • Santiago García Botta
  • Facundo Gigena
  • Ramiro Herrera
  • Lucas Noguera Paz
  • Enrique Pieretto
  • Roberto Tejerizo
  • Nahuel Tetaz Chaparro

Hakers

  • Facundo Bosch
  • Agustín Creevy Superrugbyspan Jaguares 
  • Julián Montoya

Slotte

  • Matías Alemanno
  • Juan Cruz Guillemaín
  • Marcos Kremer
  • Ignacio Larrague
  • Tomás Lavanini
  • Guido Petti Pagadizábal
 

Losvoorspelers

  • Rodrigo Báez
  • Facundo Isa
  • Juan Manuel Leguizamón
  • Tomás Lezana
  • Benjamín Macome
  • Pablo Matera
  • Javier Ortega Desio
  • Santiago Portillo
  • Leonardo Senatore

Skrumskakels

  • Gonzalo Bertranou
  • Felipe Ezcurra
  • Martín Landajo

Losskakels

  • Joaquín Díaz Bonilla
  • Santiago González Iglesias
  • Nicolás Sánchez
 

Senters

  • Santiago Álvarez
  • Gabriel Ascárate
  • Jerónimo de la Fuente
  • Bautista Ezcurra
  • Juan Martín Hernández
  • Matías Moroni
  • Matías Orlando

Vleuels

  • Emiliano Boffelli
  • Santiago Cordero
  • Superrugbyspan Jaguares  Nicolás Freitas
  • Manuel Montero

Heelagters

  • Ramiro Moyano
  • Joaquín Tuculet

Verwysings

Tags:

Superrugbyspan Jaguares GeskiedenisSuperrugbyspan Jaguares SuperrugbySuperrugbyspan Jaguares SpanSuperrugbyspan Jaguares VerwysingsSuperrugbyspan Jaguares2016 SuperrugbyseisoenArgentiniëInternasionale Fonetiese AlfabetRugbySuperrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KunsmisAngssteuringEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaMateriaalBosluisbytkoorsRymOntdekking van goud in Suid-AfrikaDroomGeboorteBynierSkaakSoogdierNiersteenLeestekenSendelingposisieKarlien van JaarsveldEienaamSkildklier3D-rolprentKrugerwildtuinOranjerivierBybelRumatoïede artritisWeervoorspellingSirkusSpierPseudowetenskapAfrikanersSuurstofErfenisJakkalsKnopiespinnekopSportE-posNeurenberg-verhoreKindermishandelingHemelvaartMiltSosiale mediaSokkerGemeenskapsorganisasieKontinentSelfoonHaelKwaZulu-NatalGasMahatma GandhiPornografieDemografie van Suid-AfrikaSharpeville-slagtingMondOnse VaderHandbalChristiaan BarnardGlasAppel (sanger)Stedelike hitte-eilandLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaApartheidMaagsweerMenseregtedagKankerTaalfossielOmgewingskwessies in Suider-AfrikaDoopRieldansGawes van die Heilige GeesAnale seksYslandVarkCristiano RonaldoStam (taalkunde)FacebookSeisoenKartografieWatersuiweringMagsverheffingLys van Afrikaanse televisiereekse🡆 More