Jagersfontein

Jagersfontein is 'n klein dorp in die suidweste van die Vrystaat in Suid-Afrika, naby Fauresmith.

Jagersfontein was die tweede dorp in Suid-Afrika en die eerste in die Vrystaat om elektrisiteit te gebruik.

Jagersfontein
Dorp
Jagersfontein is in Vrystaat
Jagersfontein
Jagersfontein
Jagersfontein Jagersfontein se ligging in Vrystaat
Koördinate: 29°46′S 25°25′O / 29.767°S 25.417°O / -29.767; 25.417 25°25′O / 29.767°S 25.417°O / -29.767; 25.417
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikXhariep
MunisipaliteitKopanong
Stigting1852
Regering
 • BurgemeesterXolile Mathwa (ANC)
Oppervlak
 • Totaal45,5 km2 (17,6 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal5 729
 • Digtheid126/km2 (330/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense5.6%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense12.5%
 • Swart mense80.9%
 • Ander0.5%
Taal (2011)
 • Sotho51.8%
 • Afrikaans25.3%
 • Xhosa11.2%
 • Tswana6.5%
 • Ander5.2%
Poskode (strate)
9974
Poskode (posbusse)
9974
Skakelkode053

Geskiedenis

Jagersfontein 
Mynwerkers nuttig ontbyt op die Jagersfontein-myn. Dis die grootste myn ter wêreld wat met die hand gegrawe is.

In 1870 het mnr. JJ de Klerk 'n diamant van 50 karaat op die plaas Jagersfontein opgetel. Die plaas het oorspronklik aan 'n Griekwa met die naam Jacobus Jagers behoort. Hierdie ontdekking het tot 'n diamantstormloop gelei. Op 29 Augustus 1870 is 'n gedeelte van die plaas Jagersfontein tot openbare delwery verklaar. Delwers moes een vyfde van hulle opbrengs aan die weduwee Visser, eienaar van die plaas wat haar man in 1854 vir ₤30 gekoop het, oorhandig. Die verkoop van sterk drank, "onbehoorlike jolligheid" en delwery op Sondae was verbode.

Mynbou

In 1878 is die eerste maatskappy gestig om diamante te myn en in 1882 is Jagersfontein formeel tot dorp verklaar. Munisipale status is in 1904 toegeken. De Beers het uiteindelik verskeie kleiner maatskappye oorgeneem en hulle in een organisasie gekonsolideer, Jagersfonteinmyn, om die vulkaniese pyp te ontgin. Die myn is sedertdien gesluit. In 1893 is die Excelsior-diamant (971 karaat) gevind, die grootste wit diamant wat ontdek is tot die Cullinan-diamant in 1905 naby Pretoria gevind is. In 1895 is die Reitz-diamant van 637 karaat gevind.

Dam ineenstorting

Op 11 September 2022 het die nabygeleë Jagersfonteinmyn se uitskot dam ineengestort. Een persoon het in die daaropvolgende vloed gesterf en meer as 300 is dakloos gelaat.

Bekende boorlinge

  • Annie Visser, een van die eerste Afrikaanse sangers wat plate opgeneem het.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Jagersfontein GeskiedenisJagersfontein MynbouJagersfontein Dam ineenstortingJagersfontein Bekende boorlingeJagersfontein Sien ookJagersfontein VerwysingsJagersfonteinDorpElektrisiteitFauresmithSuid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VakbondMenslike seksuele gedragSebraMetaalRefentse MorakeJak de PriesterTelwoordEskomOrthopteraSelfvertrouePornografiese subgenresBeurtkragSpoorvervoer in Suid-AfrikaHondeklipbaaiMadison IvyMaagSwartbewussynsbewegingGawes van die Heilige GeesKommunikasieWaterbesparing in Suid-AfrikaLys van Afrikaanse skrywersVraag en aanbodEllipstekenPseudowetenskapGianna MichaelsGeslagOopbroninhoudBlaarWithaaiWet op NaturellengrondDrakensbergeNierMassaPampoentjiesSeisoenLeeudoringstad-spoorwegrampMalariaAnglisismeAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidStikstofWoordGetalGeslagsgelykheidChemiese elementRudi ClaasePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPriemgetalAntoniemBosluisbytkoorsGriepBelastingResensieGalblaasPubiese hareElandréAfleiding (taalkunde)LuiperdRonelda KamferWitbloedselWoestynEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLys van veltoestandeHernubare energieBlourokkeSnaarinstrumentMeningsverskil oor aardverwarmingNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySeksuele opwekkingEkonomie van Suid-AfrikaTelkomPornografieSleutel (musiek)ErosieKrygkorGemeenskapsorganisasiePadda🡆 More