Jacques Ellul: Franse sosioloog, tegnologiekritikus en christelike anargis

Jacques Ellul (*6 Januarie 1912 – †19 Mei 1994) was ’n Franse filosoof, sosioloog, leketeoloog en professor wat ook bekend was as Christelike anargis.

Ellul was jare lank hoogleraar in geskiedenis en die sosiologie van instellings aan die Fakulteit van Regte en Ekonomiese wetenskappe aan die Universiteit van Bordeaux. Hy was ’n bedrywige skrywer en het in sy leeftyd meer as 60 boeke en 600 artikels geskryf waarvan talle besprekings bied oor propaganda, die impak van tegnologie op die gemeenskap en die interaksie tussen geloof en politiek. Die dominante tema van sy werk het die bedreiging wat deur moderne tegnologie geskep is ten opsigte van menslike vryheid en godsdiens geblyk te wees. Ellul het nie gevra na die verwydering van moderne tegnologie of tegniek nie, maar het eerder daarna gestreef om ons persepsie van moderne tegnologie en tegniek te verander na iets wat ’n nutsmiddel is eerder as iets wat die status quo reguleer. Twee van sy invloedrykste boeke is La technique ou l'enjeu du siècle (Die tegnologiese gemeenskap) en Propagandes (Propaganda: die forming van menslike houdings).

Jacques Ellul
Jacques Ellul: Franse sosioloog, tegnologiekritikus en christelike anargis
Ellul in 1990
Gebore
Jacques César Émile Ellul

6 Januarie 1912
Sterf19 Mei 1994 (op 82)
Pessac, Frankryk
NasionaliteitFrans
BeroepSkrywer, filosoof, teoloog
WerkgewerUniversiteit van Bordeaux
Beweging20ste-eeuse filosofie
Noemenswaardige werke
  • Die tegnologiese gemeenskap
    Propaganda

Ellul word deur talle gesien as ’n filosoof maar hy is opgelei as sosioloog en het die kwessie van tegnologie en menslike aksie vanuit ’n dialektiese oogpunt beskou. Sy skrywes hou dikwels verband met die opkoms van ’n tegnologiese tirannie oor die mensdom. As ’n filosoof en teoloog het hy voorts die godsdienstigheid van die tegnologiese gemeenskap ontdek. In 2000 het ’n groep oudstudente van Ellul die Internasionale Jaqcues Ellul-genootskap gestig. Die genootskap, wat akademici van ’n verskeidenheid studievelde insluit, is toegewy aan die voortsetting van Ellul se nalatenskap en die bespreking van die kontemporêre toepaslikheid en implikasies van sy werke.

Lewe en invloede

Ellul is op 6 Januarie 1912 in Bordeaux, Frankryk gebore as die seun van Marthe Mendes (’n Frans-Portugese protestantse vrou) en Joseph Ellul, ’n Oosters-Ortodokse Christen afkomstig van Malta wie se ouers Italiaans-Maltees (vader) en Serwies (moeder) was, wat tóé ’n oortuigde Voltairiaanse deïs was. As tiener wou Ellul ’n offisier in die vloot word, maar sy vader het toegesien dat hy in die regte studeer. Hy is in 1937 met Yvette Lensvelt getroud.

Ellul het sy opleiding aan die universiteite van Bordeaux en Parys ontvang. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was hy ’n leier in die Franse Weerstand. Hy is in 2001 met die titel Regverdige onder die Volkere deur Jad Wasjem vereer vir sy pogings om Jodelewens te red. Hy was ook ’n lekeprediker in die Hervormde Kerk van Frankryk en het ’n hoë posisie in dié kerk se Nasionale Raad beklee.

Ellul was goed bevriend met Bernard Charbonneau wat ook ’n skrywer van Akwitanië en ’n protagonis van die Franse personalisme-beweging was. Hulle het in die akademiese jaar van 1929-1930 in die Protestantse Studentevereniging ontmoet. Albei het ook erken dat hulle ’n groot invloed op mekaar gehad het.

Teen die vroeë 1930’s was Ellul se drie primêre bronne van inspirasie Karl Marx, Søren Kierkegaard en Karl Barth. Ellul het aanvanklik met die ideë van Karl Marx kennis gemaak gedurende ’n lesing in ekonomie deur Joseph Benzacar in 1929-1930; Ellul het gevolglik vir Marx bestudeer en ’n produktiewe eksegeet van sy teorieë geword. In dieselfde tydperk het hy te wete gekom van Kierkegaard se Christelike eksistensialisme. Volgens Ellul het Marx en Kierkegaard die grootste invloed op hom gehad en dit is die enigste twee skrywers van wie hy al die werke gelees het. Voorts het hy Karl Barth, wat ’n leier van die weerstand teen die Duitse staatskerk in die Tweede Wiereldoorlog was, as die grootste teoloog van die 20ste eeu beskou. Saam met hierdie intellektuele invloede, het Ellul ook gesê dat sy vader ’n groot rol in sy lewe gespeel het en ook sy rolmodel was.

Hierdie teologiese invloede het gelei tot toegewyde volgers maar ook gemene vyande. In die breë, en veral in sy boeke wat oor teologiese kwessies handel, herhaal Ellul die standpunte van Barth – wie se polêre dialektiek van die woord van God, waarin die evangelie die wêreld tegelykertyd oordeel en vernuwe – en het dit sy teologiese perspektief gevorm. In Jacques Ellul: A Systemic Exposition beweer Darrell J. Fasching dat Ellul geglo het “dat dit wat die gegewe realiteit ontheilig, eindelik op sy beur weer die nuwe heilige realiteit word.”

In 1932 na, wat Ellul beskryf as “’n baie wrede en baie plotselinge gesprek”, het hy hom as ’n Christen verklaar. Ellul glo dat hy omtrent 17 (1929-1930) was en sy somer saam met vriende in Blanquefort, Frnakryk gespandeer het. Terwyl hy alleen in die huis besig was met ’n vertaling van Faust het Ellul geweet (sonder om iets te sien of te hoor) dat hy in die teenwoordigheid van iets so verstommend, so oorweldigend was wat die kern van sy wese betree het. Hy het op ’n fiets geklim en gevlug en uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat hy in die teenwoordigheid van God was. Hierdie ervaring het die gesprekproses aan die gang gesit wat volgens Ellul vir jare daarna voortgeduur het. Hoewel Ellul homself as ’n Protestant geïdentifiseer het, was hy krities teenoor die owerheid van die kerk in die breë omdat hy geglo het dat die kerkdogmas nie genoeg klem op die leëringe van Jesus of Christelike skrif plaas nie.

Ellul was ook prominent in die wêreldwye ekumeniese beweging hoewel hy later skerp kritiek teenoor die beweging uitgespreek het oor wat hy gemeen het onoordeelkundige goedkeuring van politieke instellings was (hoofsaaklik linkse politiek). Hy was egter nie vriendeliker in sy beoordeling van diegene aan die regterkant nie; hy het ’n uitdruklik antipolitieke standpunt gehuldig as ’n alternatief tot albei. Ellul was voorts ook ’n groot aanhanger van Pierre-Joseph Proudhon wat hom oortuig het dat die skep van nuwe instellings vanuit voetsoolvlak die beste manier was om ’n anargistiese samelewing te skep. Hy het gesê dat sy uitkyk grens aan anargosindikalisme, maar die tipe verandering wat Ellul bepleit het, was egter ’n evolusionêre benadering deur middel van ’n “… Proudhonse sosialisme … deur die pers en die ekonomiese strukture te omskep – deur middel van ’n federatiewe koöperatiewe benadering …” wat sou lei tot ’n anargistiese gemeenskap wat op federalisme en die mutualistiese ekonomie van Proudhon gebaseer is. Met betrekking tot Jesus en anargisme het hy geglo dat Jesus nie bloot ’n sosialis was nie, maar ’n anargis en dat “… anargisme die volste en ernstigste vorm van sosialisme [is].”

Ellul word erken dat hy die frase: “Dink globaal, tree plaaslik op” geskep het. Hy het dikwels gesê dat hy per toeval in Bordeaux gebore is, maar dat hy by keuse byna sy hele akademiese loopbaan daar deurgebring het.

Op 19 Mei 1994 het hy na ’n lang siekbed in sy huis in Pessac, sowat 3 kilometer van die Universiteit van Bordeaux se kampus, gesterf in die teenwoordigheid van sy naaste geliefdes. Sy vrou is ’n paar jaar op 16 April 1991 reeds oorlede.[verwysing benodig]

Verwysings

Bronnelys

  • Ellul, Jacques (1964), "translator's introduction", The Technological Society, Vintage Books, vertaal na Engels deur John Wilkinson, Random House 
  •     (1964b), The Technological Society, Knopf 
  •     (1965), Propaganda: The Formation of Men’s Attitudes, Knopf 
  •     (1969), Violence: Reflections from a Christian Perspective, Seabury 
  •     (1975), The New Demons, Seabury Press 
  •     (1976) (in fr), Éthique de la liberté, vertaal na Engels deur Geoffrey W. Bromiley, Michigan: William B. Eerdmans 
  •     (1981), Perspectives on Our Age, Seabury Press 
  •     (1986) (in fr), La Subversion de Christianisme, vertaal na Engels deur Geoffrey W. Bromiley, Michigan: William B Eerdmans 
  •     (1988), Anarchie et Christianisme, vertaal na Engels deur Geoffrey W. Bromiley, Michigan: William B Eerdmans, pp. 71–74, ISBN 9780802804952, https://books.google.com/books?id=55_Oa12YTt0C 
  •     (1989), What I Believe, vertaal na Engels deur Geoffrey W. Bromiley, Michigan: William B. Eerdmans 
  •     (1991), Anarchy and Christianity, Michigan: William B. Eerdmans 
  • Ellul, Jacques; Troude-Chastenet, Patrick (1998), On Religion, Technology, Politics: Conversations, France, Joan Mendes transl., Scholars Press 
    Werke oor Ellul
  • (en) Boli-Bennett, John. “The absolute dialectics of Jacques Ellul.” Research in Philosophy and Technology 3 (1980): 171-201.
  • (en) Bromiley, Geoffrey W. “Barth’s influence on Jacques Ellul.” Jacques Ellul: Interpretive Essays (1981): 32-51.
  • (en) Christians, Clifford G. & Van Hook, Jay M., eds. Jacques Ellul: Interpretive Essays. Illinois: University of Illinois Press, 1981.
  • (en) Clendenin, Daniel B. “Theological method in Jacques Ellul.” (1986): 3756-3756.
  • (en) Connell, Brian Lindsay (1999). "Interpretation of the law & the laws of interpretation in the work of Jacques Ellul". Global Journal of Classical Theology. 1 (3). ISSN 1521-6055. Besoek op 29 Julie 2017.
  • (en) Dawn, Marva Jenine. The concept of ‘the principalities and powers’ in the works of Jacques Ellul. (1993): 0533-0533.
  • (en) Dawn, Marva Jenine “The Biblical Concept of ‘the Principalities and Powers’: John Yoder Points to Jacques Ellul.” The Wisdom of the Cross: Essays in Honor of John Howard Yoder: 168-86.
  • (en) Driscoll, Cathy en Elden Wiebe. “Technical spirituality at work: Jacques Ellul on workplace spirituality.” Journal of Management Inquiry 16.4 (2007): 333-348.
  • (en) Eller, Vernard, “How Jacques Ellul Reads the Bible,” Christian Century 89 (1972): 1212-1215.
  • (en) Ellul, Jacques en Madeleine Garrigou-Lagrange. In season, out of season: an introduction to the thought of Jacques Ellul. Harper San Francisco, 1982.
  • (en) Fasching, Darrell J. The thought of Jacques Ellul: A systematic exposition. Vol. 7. New York; Toronto: E. Mellen Press, 1981.
  • (en) Fasching, Darrell J. “The Dialectic of Apocalypse and Utopia in the Theological Ethics of Jacques Ellul.” Research in Philosophy and Technology 10 (1990): 149-165.
  • (en) Fowler, James. A synopsis and analysis of the thought and writings of Jacques Ellul. (2012).
  • (en) Gill, David W., “Jacques Ellul’s View of Scripture.” Journal of the Evangelical Theological Society 25 (1982).
  • (en) Gill, David W. The word of God in the ethics of Jacques Ellul. (1984).
  • (en) Goddard, Andrew (2002), Living the Word, Resisting the World: The Life and Thought of Jacques Ellul, Paternoster Press .
  • (en) Gozzi Jr, Raymond. “Jacques Ellul on technique, media, and the spirit.” Atlantic Journal of Communication 8.1 (2000): 79-90.
  • (en) Graham, George J. “Jacques Ellul-Prophetic or Apocalyptic Theologian of Technology?.” The Political Science Reviewer 13 (1983): 213.
  • (en) Greenman, Jeffrey P., Read Mercer Schuchardt en Noah J. Toly. Understanding Jacques Ellul. Wipf and Stock Publishers, 2012.
  • (en) Holloway, James Y., ed. Introducing Jacques Ellul. Eerdmans, 1970.
  • (en) Hope, Samuel. “Homage to Jacques Ellul.” Arts Education Policy Review 97.5 (1996): 38-39.
  • (en) Jerónimo, Helena M. en Carl Mitcham. Jacques Ellul and the technological society in the 21st century. Ed. José Luís Garcia. Springer, 2013.
  • (en) Lasch, Christopher (1973). "The Social Thought of Jacques Ellul". The World of Nations: Reflections on American History, Politics, and Culture. New York, NY: Knopf. ISBN 978-0-394-48394-8. Besoek op 29 Julie 2017.
  • (en) Lovekin, David. “Jacques Ellul and the logic of technology.” Man and World 10.3 (1977): 251-272.
  • (en) Lovekin, David. Technique, discourse, and consciousness: An introduction to the philosophy of Jacques Ellul. Lehigh University Press, 1991.
  • (en) Menninger, David C. “Jacques Ellul: A tempered profile.” The Review of Politics 37.2 (1975): 235-246.
  • (en) Menninger, David C. “Marx in the Social Thought of Jacques Ellul.” Jacques Ellul: Interpretive Essays (1981): 17-32.
  • (en) Menninger, David. “Politics or technique? A defense of Jacques Ellul.” Polity 14.1 (1981): 110-127.
  • (en) Mitcham, Carl. “Thinking Through Technology.” The University of Chicago Press, 1994.
  • (en) Pattillo, Matthew. “Violence, Anarchy, and Scripture: Jacques Ellul and René Girard.” Contagion: Journal of Violence, Mimesis, and Culture 11.1 (2004): 25-54.
  • (it) Pizza, Cesare (2017), Jacques Ellul: un profeta di sventure, Roma, ISBN 9788892321663
  • (en) Punzo, Vincent. “Jacques Ellul on the technical system and the challenge of Christian hope.” Proceedings of the American Catholic Philosophical Association. Vol. 70. 1996.
  • (en) Ray, Ronald R., “Jacques Ellul’s Innocent Notes on Hermeneutics,” Interpretation 33 (1979): 268-282.
  • (en) Roy, Christian. “Ecological Personalism: The Bordeaux School of Bernard Charbonneau and Jacques Ellul.” Ethical perspectives 6.1 (1999): 33-45.2014
  • (en) Shaw, Jeffrey M. Illusions of Freedom: Thomas Merton and Jacques Ellul on Technology and the Human Condition. Eugene, OR: Wipf and Stock. ISBN 978-1625640581.
  • (en) Sklair, Leslie. “The Sociology of the Opposition to Science and Technology: With Special Reference to the Work of Jacques Ellul.” Comparative Studies in Society and History 13.2 (1971): 217-235.
  • (en) Terlizzese, Lawrence J. Hope in the thought of Jacques Ellul. Wipf and Stock Publishers, 2005.
  • (en) Troup, Calvin L. “Include the Iconoclast: The Voice of Jacques Ellul in Contemporary Theory and Criticism.” Journal of Communication & Religion 21.1 (1998).
  • (en) Vanderburg, Willem H. “Technique and Responsibility: Think Globally, Act Locally, According to Jacques Ellul.” Technology and Responsibility. Springer Netherlands, 1987. 115-132.
  • (en) Vanderburg, Willem H. “The Essential Connection Between the Two Parts of the Work of Jacques Ellul.” Bulletin of Science, Technology & Society 24.6 (2004):534-547.
  • (en) Van Vleet, Jacob E. Dialectical Theology and Jacques Ellul: An Introductory Exposition. Augsburg Fortress Publishers, 2014.

Tags:

FilosofieFranseGodsdiensProfessorPropagandaSkrywerSosiologieTegnologieVryheid

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mikro-ekonomieCovid-19-pandemieBynierBosluisbytkoorsToringPeach van PletzenLodewyk XVI van FrankrykPoesAngssteuringLys van elemente volgens simboolWithaaiGeografie van Suid-AfrikaOlimpiese SpeleSkaapGeslagFrankrykIngenieursweseHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalGeestesteuringSpreeuLys van kleureDepressie (gemoedstoestand)SydneyArmoedeBloeddrukLys van Suid-Afrikaanse musikanteHondGroot vyfAnilingusDoelwitKewerWillie JoubertKorrupsieSelfkonsepKonsonantAfvalbestuurJudaïsmePretoriaPankreasPuberteitSneeuHomoniemGrondsoorteSimboolVoëlBeaufortskaalLeeudoringstad-spoorwegrampMusieksimboleAtmosfeerRelatiwiteitsteorieGewasboerdery in Suid-AfrikaWolfWater (molekuul)WitbloedselKoedoeSwawelTydsoneHeupTweede Nuwe JaarCounter-Strike 2VoedselkettingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994AnglisismeKappie (skryfteken)Diatomiese molekuulBoontjieWiskundige terminologieHidroëlektrisiteitNiersteenVoegwoordSeptimius AwardsGriekwa-AfrikaansOrgasmeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)AustraliëGenadedoodDieregeluide🡆 More