Jackie Mekler: Suid-Afrikaanse maraton atleet

Jack Mekler (4 Maart 1932 – 1 Julie 2019) was 'n Suid-Afrikaanse maraton- en ultra-maratonatleet.

Hy het sy lewe as jongmens in die Arcadia-kinderhuis in Parktown, Johannesburg deurgebring en skoolgegaan by die Parktown Boys High School. Hy het op die ouderdom van 13 begin hardloop.

Comrades-maraton

Hy het die Comrades-maraton vyf keer gewen sowel as ander maratons oor die wêreld heen. Hy het dit vermag in 1958, 1960, 1963, 1964 en 1968. Hy het in 1952 aan sy eerste Comrades-maraton deelgeneem. Gedurende sy eerste ses jaar as padwedloper was sy resultate wisselvallig. Na mediese toetse is 'n ystertekort by hom gediagnoseer. Met die regte dieet het sy vertonings baie beter.

Mekler het ook die Springbokke verteenwoordig in Finland, Kanada en Engeland. Hy het in 1969 opgehou met mededingende kompetisies.

Elke jaar word die Jackie Mekler padwedloop in Germiston oor 25 km ter ere van hom gehou.

Hy het begin werk as 'n drukkersassistent, vinnig opgang gemaak en later die besturende direkteur van Penrose Press in Johannesburg geword.

Hy word oorleef deur sy vrou, Margie, twee dogters en twee kleinkinders.

Bronne

  • Die man wat hom vry hardloop. Rapport. 14 Julie 2019

Verwysings

Tags:

Johannesburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OnderwysAkuutKlopjagNiersteenKoos BekkerKommaHoenderDubbelpuntSenuweestelselRoesVoortrekkersEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaWaterNeurenberg-verhoreProksemikaSuiwelprodukPlaattektoniekLiewe HeksieEiffeltoringHeelgetalOnderwerp (taalkunde)BurgerregteBeeldspraakGrootste rampe in Suid-AfrikaGeografie van Suid-AfrikaNadia ValvekensKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKrimpvarkieHeuningbyBeesvleisDieregeluideLys van Suider-Afrikaanse soogdiereWeervoorspellingVerkragtingGoogleJSEOutismeAardedagLSeksualiteitNamakwalandMieliestronkHorlosieXenofobieVormVrouTwaalf Stamme van IsraelLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameUnited Democratic FrontMonopolieProteaRenteDesimale breukeKatImpakte van toerismeD.J. OppermanVratRefentse MorakeNavorsingGetalMiddelmisbruikGeskiedenis van AfrikaansPaddaTamboraApokriewe boekeOrtopedieSkaakSkaapHartseerErosietipesVraag en aanbodVoedselkettingDigvorm🡆 More