Jack Lemmon

John Uhler Jack Lemmon III (8 Februarie 1925 – 27 Junie 2001) was ’n Amerikaanse akteur.

Hy is agt keer vir ’n Oscar benoem en het twee keer gewen.

Jack Lemmon
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Lemmon in 1988.

Geboortenaam John Uhler Lemmon III
Geboorte (1925-02-08)8 Februarie 1925
Sterfte 27 Junie 2001 (op 76)
Aktiewe jare 1949–2000

Loopbaan

Jack Lemmon 
Lemmon in 1968.

Lemmon se rolprentdebuut was ’n klein rol in die 1949-prent The Lady Takes a Sailor en hy was onbekend totdat hy in 1954 in die komedie It Should Happen to You was. Hy het vroeg in sy loopbaan die komediant Ernie Kovacs ontmoet en hulle was saam in Operation Mad Ball, Bell, Book and Candle en It Happened to Jane te sien.

Lemmon het eindelik in meer as 60 rolprente verskyn, soos Mister Roberts (1955), waarvoor hy die Oscar vir beste manlike byspeler gewen het, Some Like It Hot (1959), The Apartment (1960), Days of Wine and Roses (1962), Irma la Douce (1963), The Great Race (1965), The Odd Couple (1968), The Out-of-Towners (1970), Save the Tiger (1973), waarvoor hy ’n Oscar vir beste akteur gewen het, The China Syndrome (1979), Missing (1982), waarvoor hy die Volpi-beker vir beste akteur op die Cannes-rolprentfees gewen het, Glengarry Glen Ross (1992), Grumpy Old Men (1993) en Grumpier Old Men (1995).

Hy het saam met legendariese aktrises soos Marilyn Monroe, Natalie Wood, Janet Leigh, Shirley MacLaine, Doris Day, Kim Novak en Sophia Loren gewerk.

Lemmon het die Emmy gewen vir sy vertolking van Morrie Schwartz in sy laaste TV-produksie, Tuesdays with Morrie (1999). Vir sy laaste rolprent het hy nie erkenning gekry nie: hy was die verteller in Robert Redford se prent The Legend of Bagger Vance (2000).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1925200127 Junie8 FebruarieAkteurAmerikaOscar

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoorsblaarAarverkalkingAardbewingWapen van Suid-AfrikaFotosinteseKewerThe CranberriesEnsiklopedieAborsieMensMeeueSuurstofWaterbesparing in Suid-AfrikaTuberkuloseGetalToekoms van die AardePoësieSan Andreas-breukToringSportSnaarinstrumentLys van bekende Suid-AfrikanersMaagLionel MessiWorcesterMateriaalKriekCorioliskragVryheidsmanifesLys van Suider-Afrikaanse soogdiereUnited Democratic FrontWaarheid-en-versoeningskommissieNamibiëSlawernySoortnaamMasturbasieVermenigvuldigingMenseregteHoenderLugbesoedelingHondElon MuskEjakulasieWinnie Madikizela-MandelaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Lys van Afrikaanse televisiereekseJudaïsmeIngrid JonkerOnomatopeeVergelykings (taalkunde)VulkaanJuraGeboorteKoedoeVryheidsdagRuslandSneeuJeanette FerreiraAfrikaansDistillasieMartin Luther King jr.AsemhalingEllipstekenMIV/vigs in Suid-AfrikaAfleiding (taalkunde)VulvaOlifantKaaps-Hollandse stylReënVioolCovid-19-pandemieGenitale vratInstagramFiela se kind (rolprent)🡆 More