J. Bernlef: Nederlandse skrywer, digter, romansier en vertaler

Hendrik Jan Marsman (14 Januarie 1937 - 29 Oktober 2012), beter bekend onder sy skuilnaam, J.

Bernlef, was 'n Nederlandse skrywer, digter, romansier en vertaler wie se werk meestal fokus op die geestelike persepsie van die werklikheid en die uitdrukking daarvan. Hy het talle literêre pryse verower, waaronder die Constantijn Huygens-prys in 1984 en die P. C. Hooft-prys in 1994, wat albei vir sy gehele oeuvre was. Sy Hersenschimmen het op die lys van NRC se beste Nederlandse romans verskyn.

J. Bernlef
Portret van Bernlef
Bernlef in 2008
Gebore
Hendrik Jan Marsman

14 Januarie 1937
Sint Pancras, Nederland
Sterf29 Oktober 2012 (op 75)
Amsterdam, Nederland
NasionaliteitNederlands
BeroepRomansier, digter, vertaler
EggenootEva Hoornik (1960–2012; tot sy dood)
Webwerfwww.bernlef.net

Lewe

Marsman is op 14 Januarie 1937 in Sint Pancras gebore, en het vir verskeie jare in verskillende genres onder 'n aantal verskillende skuilname gewerk, waaronder Ronnie Appelman, J. Grauw, Cas den Haan, S. den Haan en Cas de Vries. Daar was reeds 'n bekende Nederlandse digter genaamd Hendrik Marsman wat in 1940 oorlede is; daarom het Marsman verkies om die naam van 'n 8ste eeuse blinde Friese digter met die naam van Bernlef aan te neem as sy mees gebruiklike nom de plume.

1958 was 'n belangrike jaar in Bernlef se lewe. Hy het in die jaar tyd in Swede deurgebring wat hom jare later in staat gestel het om die werk van Sweedse skrywers te vertaal; hy was ook mede-redakteur van die Engelstalige A pulp magazine for the dead generation (onder die naam Henk Marsman) saam met die "Beat"-digter Gregory Corso, wat in Parys deur Piero Heliczer se The Dead Language Press uitgegee is. Saam met twee ander digters, K . Schippers en G. Brands, het hy die Dadaïstiese-uitstalling in die Stedelijk Museum besoek en, geïnspireer daardeur, die tydskrif Barbarber (1958-71) saam met hulle gestig.

In 1960 is sy eerste digbundel, Kokkels, met die Reina Prinsen Geerligs-prys bekroon. In daardie jaar het hy met Eva Hoornik, die dogter van die digter Ed. Hoornik, getrou, by wie hy uiteindelik twee kinders gehad het. Dieselfde tyd het sy vriend Schippers met haar tweelingsuster Erica getrou. Later het hy romans begin skryf en bekend geword vir sy Hersenschimmen (vertaal as Out of Mind in Engels) uit 1984. Hy was baie 'n vlytige werker en skrywer.

Bernlef is op 29 Oktober 2012 op 75-jarige ouderdom in sy huis in Amsterdam na 'n kort siekbed oorlede. 'n Huldeblyk aan Bernlef het hom as "een van die grotes van die Nederlandse literatuur" geprys.

In die laat tagtigerjare het hy oorgeneem as direkteur van die PEN-fonds, welke 'n reddingsboei vir skrywers en hul gesinne wie se lewens deur tronkstraf, dreigemente, marteling en sensuur verwoes is verskaf het, en onvermoeid gewerk vir hul verligting.

Werk

Barbarber, die tydskrif wat deur Bernlef en sy vriend in 1958 gestig is, is oorspronklik uitgegee in 'n uitgawe van 100 afskrifte en was gevul met Neo-Dadaïstiese gebare en beide verbale- en prentcollages. Een uitgawe het geheel en al uit stukkies muurpapier bestaan. Onder Bernlef se naam het 'n inkopielys gestaan, terwyl 'n ander teks getiteld “Deur” alleenlik bestaan het uit die woorde “Stoot/Trek”. In hul studie getiteld Een cheque voor de tandarts (1967), maak Bernlef en Schippers melding van Marcel Duchamp en Kurt Schwitters as die inspirasie van sulke eksperimente. Die benadering van beide skrywers het ingehou dat hulle ontwrigtende gebruike van alledaagse media voorgestel het ten einde die beskouing van realiteit uit te daag. Schippers se gedig “Legkaarte” bestaan uit 'n reeks voorstelle vir die maak van legkaarte, insluitende "Neem 'n voltooide legkaart af/ en maak 'n legkaart daarvan". Op soortgelyke wyse fantaseer Bernlef se “Uncle Carl: a home movie” oor maniere om die film te speel sodat sy oom se dood negeer word.

J. Bernlef: Lewe, Werk, Pryse en eerbewyse 
Die aanvang van 'n gedig van Bernlef oor Sint Ursulasteeg in Leiden

Latere gedigte ondersoek probleme van persepsie en uitdrukking, en verwys dikwels na die opvoerings van jazzmusikante en kunstenaars. Een daarvan is uiteindelik aangebring as 'n muurskildery in 'n Leiden-woonstelblok.

      Tulle, reed, paper, taffeta,
      gauze, bombazine but
      Leonardo’s wings didn’t fly.
      Angels exist in poems
      or in paintings where
      motionless they are in motion.

Bernlef sou later verder uitwei oor temas soos dié in sy romans. Hersenschimmen (1984) het hom groot sukses besorg. Dit is wyd vertaal, en in 1987 verfilm en ook in 2006 as toneelstuk opgevoer. Dit is in Engels vertaal as “Out of Mind”, en bied 'n realistiese uitbeelding op die gees se verval in demensie vanuit die oogpunt van die lyer. Eclips (1993) vang die omgekeerde proses vas, soos wat die slagoffer van 'n ongeluk stadig terugkeer na normaal.

Pryse en eerbewyse

  • 1959: Reina Prinsen Geerligs-prys vir Kokkels
  • 1962: Poësieprys van die regering van Oostenryk vir sy tweede bundel getiteld Morene
  • 1964: Lucy B. en C.W. van der Hoogtprijs vir Dit verheugd verval
  • 1964: Poësieprys van die regering van Amsterdam vir En dode hagedis
  • 1977: Vijverbergprijs vir De man in het midden
  • 1984: Constantijn Huygens-prys vir sy gehele oeuvre
  • 1987: AKO Literatuurprys vir Publiek geheim
  • 1989: Diepzee-prijs vir Hersenschimmen
  • 1994: P. C. Hooft-prys vir sy gehele oeuvre

Vertalings van sy werk

  • Hersenschimmen (1984), vertaal in Engels as Out of Mind (1988) deur Adrienne Dixon
  • Publiek geheim (1987), vertaal in Engels as Public Secret (1992) deur Adrienne Dixon
  • Driftwood House, 'n keur van sy gedigte soos vertaal in Engels deur Scott Rollins (1992)
  • Eclips (1993), vertaal in Engels as Eclipse (1996) deur Paul Vincent

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

J. Bernlef LeweJ. Bernlef WerkJ. Bernlef Pryse en eerbewyseJ. Bernlef Vertalings van sy werkJ. Bernlef VerwysingsJ. Bernlef BronneJ. Bernlef Eksterne skakelsJ. Bernlef14 Januarie1937201229 OktoberConstantijn HuygensNRC HandelsbladNederlandNederlandsPieter Corneliszoon HooftSkuilnaam

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Natuurlike hulpbronAardedagSoogdierDiepaartromboseVigsMandalaLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsArmoedeKaapstadse waterkrisis 2015-2018BreinkaartEnsiklopedieTussenwerpselNasionalismePlantJanie du PlessisMonopolyKommunikasieGlasLeeuHomoniemFacebookPubliekGoudkus (streek)DigvormMobutu Sese SekoBrasiliëAkroniemZoeloesUniegebouKookpuntWaterpokkiesJohannesburgAnneli van RooyenGeslagsgelykheidWêreld- Ekonomiese ForumDaggaSuid-AfrikaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLys van landeDramaHandbalInflasieVakbondVoorvoegselOssewaDiskriminasieWiskundeLeonardo da VinciLys van Griekse mitologiese figureJode in Suid-AfrikaAfkortingYouTubeAardverwarmingMadison IvyHibernasieSekondêre sektor van die ekonomieAfrikaVarkEmo AdamsMangelontstekingVoornaamwoordBelastingLys van Suid-Afrikaanse skrywersHeupSeptimius AwardsSonnestelselE-posFranse RewolusieRumatiekWoordeboek van die Afrikaanse TaalRieldansMaroela MediaWaterbesparing in Suid-AfrikaCristiano RonaldoRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Karoo🡆 More