John Pierpont J.P.
In 1892 het hy die weg gebaan vir die samesmelting van Edison General Electric en Thomas-Houston Electric Company tot General Electric. Nadat hy die stigting van die staalmaatskappy Federal Steel Company befonds het, het hy sy onderneming in 1901 met Carnegie Steel Company en verskeie ander staal- en ystervervaardigers, waaronder Consolidated Steel and Wire Company in besit van William Edenborn, saamgesmelt om die United States Steel Corporation te vorm.
Op die hoogtepunt van sy loopbaan in die vroeë 20ste eeu het Morgan en sy sakevennote finansiële beleggings in baie groot maatskappye gehad. So was hy, ondanks die skip se Britse registrasie en vlag, deur middel van sy redery-kartel International Mercantile Marine Co. die eienaar van die noodlottige luukse passasierskip RMS Titanic. Die beslissende invloed van Morgan en sy vennote op die hoë finansies van die Verenigde State het kritiek uitgelok. Morgan het die bankkoalisie bestuur wat gemoedere ná die Paniek van 1907 gekalmeer het. Morgan was die leidende finansier van die Progressiewe Era, en sy toewyding aan doeltreffendheid en modernisering was 'n belangrike bydrae tot die hervorming van die Amerikaanse sakewêreld.
Morgan is in 1913 in Rome, Italië in die ouderdom van 75 in sy slaap oorlede. In sy testament het hy sy fortuin en sakebelange aan sy seun John Pierpont "Jack" Morgan nagelaat, terwyl sy huis en boekeversamelings aan die Morgan-biblioteek en -museum te New York bemaak is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article J.P. Morgan, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.