J.p. Botha

Johannes Petrus Botha (gebore 30 Desember 1917) is ’n onderwyser en Afrikaanse skrywer van dierverhale.

Lewe en werk

Johannes Petrus Botha is op 30 Desember 1917 op die plaas Outhomasseloop in die Rustenburgse voor-Bosveld gebore. Omdat skole in die omgewing skaars is, moet hy sy hele skoolloopbaan in koshuise tuisgaan. Op sewejarige ouderdom begin hy skoolgaan op Holfontein-Rietfontein en later gaan hy na die plaasskool Moedwil tussen Rustenburg en Swartruggens. Hierdie skool word later die Paul Kruger-skoolplaas. Vanaf 1932 tot 1935 gaan hy na die Hoërskool Rustenburg, waar hy matrikuleer. In 1936 begin hy sy studies aan die Pretoria Normaalkollege en bekwaam hom as onderwyser in 1938. Hierna gee hy vir twee jaar aan die Watervalskool in die distrik Witbank onderwys, wat op die plaas van generaal J.B.M. Hertzog geleë was. Hy verhuis dan na die Rand en gee eers vir ses jaar skool aan die Albertskroonskool en daarna gee hy Geskiedenis aan Crosby Hoërskool. In Desember 1940 trou hy met Jeanette Senekal van Rustenburg en ’n seun en twee dogters word uit die huwelik gebore.

Skryfwerk

Reeds as student skryf hy dierverhale om ekstra sakgeld te bekom en hierdie verhale word meesal in Die Huisgenoot en Die Burger gepubliseer. Later verskyn ’n keur van sy dierverhale as “Langs die Toelanie”. Van sy gedigte word in Standpunte gepubliseer en hy is medewerker aan die “Ons Maats Jaarboek” van 1947 en 1948.

Publikasies

Jaar Publikasies
1952 Langs die Toelanie

Bronnelys

Ongepubliseerde dokumente

Tags:

J.p. Botha Lewe en werkJ.p. Botha SkryfwerkJ.p. Botha PublikasiesJ.p. Botha BronnelysJ.p. BothaAfrikaansDierSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afrikaanse woordelys en spelreëlsTuberkuloseSkarlakenkoorsUnited Democratic FrontNedersettingVreesToestand van materiePlastiekStollingsgesteenteGeletterdheidSoweto-opstandToerismeGriekwa-AfrikaansHeelgetalDie ontstaan van die dramaBloedsomloopstelselVryheidsmanifesNavorsingAustraliëDawidErfenisdag (Suid-Afrika)GeboorteRenaissanceTsoenamiEkonomie van Suid-AfrikaMenstruasieBeëdigde verklaringSkilpadInligtingWaterpokkiesBedreigde spesieSteenkoolDuitslandMetafoorReënspinnekopKlimaatveranderingBestuiwingMynbouHipoteseUitwerking van klimaatsveranderingKlavierLionel MessiMeningsverskil oor aardverwarmingWerkersdagLys van Nederlandse skildersVoortrekkersLys van politieke partye in Suid-AfrikaOlifantAngolaMotMonopolyDuitsVerlede tydMieliestronkNederlandAfleiding (taalkunde)SimmetrieWisselkoersSpreeuDurbanLys van musiekinstrumenteWiskundige terminologieBewussynBloutongsiekteNasionalismeCleopatra VIISiekteGeografie van Suid-AfrikaNetbalRefleksieBruin menseBruin huisslangSeksuele penetrasieBek-en-klouseerApokriewe boeke🡆 More