James Leonard Brierley Smith

James Leonard Brierley Smith, (26 Oktober 1897 – 7 Januarie 1968), meer bekend J.L.B.

Smith, was 'n Suid-Afrikaanse igtioloog, organiese skeikundige en professor. Hy het bekend geword toe hy die selakant geïdentifiseer het. Daar is vroeër geglo dat die Selakant reeds uitgesterf het. Hy het verskeie publikasies die lig laat sien waarvan SMITHS' SEA FISHES die bekendste is.

J.L.B. Smith
Gebore
James Leonard Brierley Smith

26 Oktober 1897
Sterf7 Januarie 1968
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepIgtioloog
Bekend virIdentifiseer die selakant
EggenootHenrietta Cecile Pienaar (1922-1937)
Margaret Mary Macdonald (1938-sy dood)
Kinders3
Ouer(s)Joseph Smith en Emily Ann Beck

Biografie

Smith verwerf 'n meesters in chemie aan die Universiteit Stellenbosch en 'n doktoraal in filosofie aan die Universiteit van Cambridge. Met sy terugkeer na Suid-Afrika doseer hy aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad in die Oos-Kaap.

Sy belangstelling in igtiologie ontstaan tydens ‘n strandvakansie, waar hy as gevolg van swak gesondheid ontspan het.

James Leonard Brierley Smith 
Latimer met die selakant wat sy ontdek het.

In 1938 hoor Smith dat Marjorie Courtenay-Latimer ‘n selakant gevind het. Hy ondersoek die vis in Februarie 1939, waarna hy dit identifiseer. Die vis is na die ontdekker daarvan vernoem, Latimeria.

Smith het saam met sy vrou aan die boek Sea Fishes of South Africa (1949) gewerk, waarna verskeie ander titels tot in 1968 verskyn het.

In 1968 pleeg Smith na 'n lang tydperk van siekte selfmoord deur sianied te neem. Sy vrou het later die JLB Smith Instituut vir Igtiologie in Grahamstad gestig.

Boeke

  • Sea Fishes of South Africa (met Margaret M. Smith, wat ook meeste illustrasie geteken het), Central News Agency Ltd, 1949
  • Old Fourlegs - The Story of the Coelacanth, Longmans & Green, 1956
  • The fishes of the Seychelles (met Margaret M. Smith), Rhodes Universiteit, 1963
  • Fishes of the Tsitsikama Coastal National Park (met Margaret M. Smith), National Board of Trustees, 1966
  • High Tide, Books of Africa, 1968
  • Our Fishes (met Margaret M. Smith), Voortrekkerpers, 1968

Eksterne skakels

James Leonard Brierley Smith 
Wikispecies

Tags:

1897196826 Oktober7 JanuarieIgtioloogSelakant

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Distrik SesC.J. LangenhovenSkoenlapperMisdaadSkoolHartaanvalNederlandOplossing (chemie)YsterHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalVeelvoudige sinSteve BikoFotosinteseWoordeboek van die Afrikaanse TaalHoenderRassismeTienerNoordwesEjakulasieDikdermLewerOntwerpLys van hoofstedeHandelsmerkDroom3D-rolprentBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Angolese BurgeroorlogLoodTopsy SmithKrokodilMidde-OosteTydVulkaanBorskankerFinale OplossingLeierSlag van BloedrivierMateriaalTikTokDesimale breukeDaggaSwartrenosterSpringbokkeOos-KaapGlasOmgewingskwessies in Suider-Afrika633DurbanBynierOlimpiese SomerspeleErfenisdag (Suid-Afrika)SpysverteringstelselWhatsAppKlimaatCleopatra VIIOu Apostoliese KerkDigvormVerlede tydBestuiwingNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyVloeistofVormNeurenberg-verhoreHeks van HexrivierVerkoueKlankToerismeOlimpiese SpeleHomoniemTegnologieRobert SobukweWeer (meteorologie)SwedeAtriale fibrillasie🡆 More