Iztaccíhuatl (Nahuatl: Iztāccihuātl of ) is 'n berg in Noord-Amerika wat op die grens tussen die twee Meksikaanse deelstate México en Puebla geleë is.
Met 'n hoogte van 5 230 meter is dit die derde hoogste berg en vulkaan van Meksiko ná die Citlaltépetl en die Popocatépetl.
Iztaccíhuatl | |
---|---|
Ligging | Meksiko |
Hoogte | 5 230 meter bo seevlak |
Reeks | Sierra Volcánica |
Koördinate | 19°10′39″N 98°37′58″W / 19.17750°N 98.63278°W 98°37′58″W / 19.17750°N 98.63278°W |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | Holoseen |
Eerste bestyging | 1889 |
Eerste bestyger(s) | James de Salis |
Vertaling van naam | Wit vrou (Nahuatl) |
Die Iztaccíhuatl is halfpad tussen Meksikostad in die noordweste en Puebla de Zaragoza in die suidooste geleë. Net suid lê die tweelingsvulkaan Popocatépetl. Die naam van die berg beteken in die Asteekse taal Nahuatl "wit vrou".
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Iztaccíhuatl, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.