Ivan Vladislavić

Ivan Vladislavić (* 1957 in Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer van Kroaties-Ierse afkoms.

Naas sy dokumentêre skryfwerk oor Johannesburg, kuns en argitektuur het Vladislavić bekendheid verwerf met romans soos The Folly, The Restless Supermarket en The Exploded View, verhaalbundels soos 101 Detectives en Flashback Hotel en TJ/Double Negative, 'n fotografie-werk wat in samewerking met die fotograaf David Goldblatt ontstaan het. Ivan Vladislavić is getroud en woon met sy gesin in die Johannesburgse voorstad Kensington.

Biografie

Ivan Vladislavić is in 1957 in Pretoria gebore en in 'n veeltalige omgewing grootgemaak. Sy grootouers aan vaderskant het hulle as Kroatiese immigrante in Suid-Afrika gevestig waar sy pa gebore is. Sy ma is van Iers-Engels-Duitse afkoms.

Vladislavić het Afrikaanse en Engelse letterkunde aan die Johannesburgse Witwatersrand-universiteit gestudeer en woon sedert die vroeë 1970's in die Goudstad. Gedurende die 1980's was hy as lektor vir die opposisionele uitgewery Ravan Press werksaam. Hy was een van die redakteurs van die literêre tydskrif Staffrider en het saam met Andries Oliphant die antologie Ten years of Staffrider gepubliseer.

Sedert 1989 is Vladislavić as vryskut-lektor en skrywer werksaam. Naas essays, romans en verhale het hy ook werke oor moderne kuns en argitektuur gepubliseer. So het ook tekste vir die boeke van bekende fotograwe soos David Goldblatt en Roger Palmer uit sy pen gekom.

Toe die latere Suid-Afrikaanse Nobelprys vir Letterkunde-wenner J. M. Coetzee in 1998 een van die beoordelaars van die Akademie Schloss Solitude in Stuttgart, Duitsland was, het hy 'n beurs aan Vladislavić toegeken. Gedurende sy verblyf van twaalf maande in Duitsland het die eerste siklusse vir sy dokumentêre werk oor die Goudstad, Portrait with Keys. Joburg and What-What (gepubliseer in 2006; Duitse titel: Johannesburg. Insel aus Zufall), ontstaan wat in 2007 met die Sunday Times Alan Paton Award bekroon is.

As wenner van die sylt quelle cultural award Southern Africa het hy in 2008 'n beurs vir sy tweede verblyf in Duitsland, hierdie keer in Rantum op die eiland Sylt, ontvang.

Bibliografie

    Kortverhale
  • Missing Persons (David Philip Publishers, 1989)
  • Propaganda by Monuments (David Philip Publishers, 1996)
  • Flashback Hotel: Early Stories (Umuzi, 2010)
  • A Labour of Moles (designed by Ornan Rotem) (Centre for Writers & Translators, American University of Paris/Sylph Editions, 2011)
  • 101 Detectives (Umuzi, 2015)
    Essays
  • Willem Boshoff (David Krut Publishing, 2004)
    Fiksie/Essays
  • The Loss Library (Umuzi, 2012)
    Uitstalling
  • The Model Men (with Joachim Schönfeldt and Andries Walter Oliphant) (Wits Art Galleries, 2004)
    Romans
  • The Folly (Umuzi, 2014 [1993]/Archipelago Books, 2015 [1993]/And Other Stories, 2015 [1993])
  • The Restless Supermarket (Umuzi, 2001/And Other Stories, 2014)
  • The Exploded View (Random House, 2004)
  • Portrait with Keys (Umuzi, 2006)
  • TJ & Double Negative (with David Goldblatt) (Contrasto, 2010/Umuzi 2010)
  • Double Negative (Umuzi, 2011/And Other Stories, 2013)
    Redigeerwerk
  • Ten Years of Staffrider, 1978–1988 (with Andries Walter Oliphant) (Ravan Press, 1988)
  • blank_Architecture, apartheid and after (with Hilton Judin) (Nederlands Architectuurinstituut NAi, 1998)
  • T’kama-Adamastor: Inventions of Africa in a South African Painting (Universiteit van die Witwatersrand, 2000)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ivan Vladislavić BiografieIvan Vladislavić BibliografieIvan Vladislavić VerwysingsIvan Vladislavić Eksterne skakelsIvan Vladislavić1957David GoldblattJohannesburgKensington, JohannesburgKroasiëPretoriaRepubliek van IerlandSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afrikaanse woordelys en spelreëlsVersoeningsdagMenstruasieSonsverduisteringNedersettingNatuurbewaringWatersuiweringItaliaansLys van kleureVerdampingKameelperdLugbesoedelingGeelhoutVoorsetselSkoenlapperJohan StemmetIsraelSosiale mediaTweede Nuwe JaarBybelEksodus (uittog)MIV/vigs in Suid-AfrikaOnderhandelinge om apartheid te beëindigAfkortingKoolhidraatMikro-ekonomieBeroerteLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandSeksposisieNic de JagerTuisbladKlein vyf diereKaapstadse waterkrisis 2015-2018RooilipslangQuebecIP-adresAfrikaansVeelrassige pornografieMasturbasiePornhubAardeRassismeOutismeEjakulasieApostoliese GeloofsbelydenisDesimale breukeLys van Afrikaanse skrywersNasionalismeWillie JoubertGipsTrigeminale neuralgieReënspinnekopWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDemi Lee MooreBayer 04 LeverkusenIngenieursweseArgentiniëAt BothaDie BrielsBeurtkragNagVierde Industriële RevolusieLys van Suid-Afrikaanse musikanteNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaFrankrykHoëveldLys van Islamitiese feeste en herdenkingsSuid-Afrikaanse PolisiediensSkaapAbrahamKongo-krisisGevolge van aardverwarming op oseaneSomerBreinvliesontstekingJoe NiemandKaapstadVingerseksLeesteken🡆 More