Italiaanse Krygsgevangenes In Suid-Afrika

Tussen 1941 en 1947 is 'n groot aantal Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika aangehou.

Die Italiaanse krygsgevangenes is tydens die Tweede Wêreldoorlog in Noord-Afrika gevangene geneem.

Italiaanse Krygsgevangenes In Suid-Afrika
Teater-, Winkel-, Biblioteek- en Welsynskantoorkompleks in die Zonderwaterkamp

Die eerste Italiaanse krygsgevangenes het in Februarie 1941 in Suid-Afrika aangekom. Die krygsgevangenes is deur die Geallieerdes, insluitende Suid-Afrikaaanse troepe, wat as die Springbokke bekend gestaan het, gevangene geneem in Italiaans Somaliland en Ethiopië. Dié is later gevolg deur duisende uit die Woestynveldtogte in Egipte, Libië, Cyrenaica en Tripolitania. Dit was die eerste keer dat vreemde krysgevangenes in Suid-Afrika aangehou is en die owerhede was nouliks voorbereid op die instroming van gevangenes en die gepaardgaande logistieke uitdagings. Mettertyd sou die Zonderwater-krygsgevangenekamp by Cullinan, sowat 23 myl van Pretoria, egter onder Kolonel HF Prinsloo ontwikkel tot een van die grootste krygsgevangenekampe in die Geallieerde gebiede en 'n toonbeeld van die humanitêre behandeling van krygsgevangenes. Benewens Zonderwater is krygsgevangenes ook in Koffiefontein, Paarl, Robertson, Pringlebaai en Woodlands in Durban aangehou.

Die Italiaanse krygsgevangenes se nalatenskap in Suid-Afrika was die talle konstruksieprojekte waaraan hulle gewerk het. Dit sluit in baie van Suid-Afrika se bergpasse, paaie, bekende geboue, kerke en kapelle, plaashuise en buitegeboue, tuinterrasse, 'n klipdamwal en 'n besproeiingskanaal. Verder het talle van die Italianers nadat hulle gerepatrieer is na Suid-Afrika teruggekeer. 23 000 gevangenes het aansoek gedoen om in Suid-Afrika aan te bly, maar slegs 800 het toestemming gekry. Byna 20 000 het egter binne 'n paar jaar na Suid-Afrika teruggekeer. Dié Italiaanse immigrante het 'n beduidende invloed op die Suid-Afrikaanse samelewing gehad in wynbou, kaasproduksie, restaurantwese, en die kunste.

In die roman, Die swye van Mario Salviati van die Afrikaanse skrywer Etienne van Heerden is die geskiedenis van die Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika verweef met ander stories in "'n mengelmoes van feit en fiksie".

Verwysings

Tags:

19411947ItaliëNoord-AfrikaTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StadPablo PicassoSoortnaamSamestellende afleidingUniegebouVoortrekkersHerfsStereotipeBorsteBorskankerCleopatra VIITswanaSpelerposisies in rugbyVloeistofProstaatkankerSeksuele penetrasieLatynOseaanLenteKersfeesKunsmatige intelligensieKoppeltekenJodeWilna SnymanVakbondMonopolieOmgewingskwessies in Suider-AfrikaDuitse maselsKlavierSuid-Afrikaanse InkomstediensHeelgetalKatSeksismeLys van Afrika-landeKlimaatPlantTuberkuloseKondensasieDeelwoordSkoenlapperTarentaleHipoteseMidde-OosteKlankDaggaSuid-Afrikaanse GrensoorlogKontinentGeskiedenis van kindermishandelingOu Apostoliese KerkNeurenberg-verhoreAarde se atmosfeerWolfMilitêre diensplig in Suid-AfrikaKrimpvarkieBeroerteEk is 'n Afrikaan (toespraak)JakobBlaarVaginale kankerLeenwoordMigrasie van voëlsWoordsoortAntoniemEerste WêreldoorlogRivierGroot TrekDriedimensioneelAardeNarsismeJan van TonderPerdRookgewoonteAfrikaEskomKweekhuiseffekAmateurradioInstagram🡆 More