Isosianaat

Isosianaat is die organiese funksionele groep met die formule R−N=C=O.

Organiese verbindings wat 'n isosianaatgroep bevat word isosianate genoem. 'n Organiese verbinding met twee isosianaatgroepe staan bekend as 'n diïsosianaat. Diïsosianate word gebruik in die vervaardiging van poliuretane, 'n klas polimere.

Isosianaat
Die isosianaat funksionele group

Isosianaat moet nie verwar word met sianaatesters en isosianiede nie, wat baie verskillende families van verbindings is. Die sianaat (sianaatester) funksionele groep (R−O−C≡N) is anders as die isosianaatgroep (R−N=C=O) gerangskik. Isosianiede het die verbinding R−N≡C, sonder die suurstof van die sianaatgroep.

Struktuur en binding

Die R−N=C=O-eenheid wat isocyanate definieer, is op vlak gerangskik en dit kan vergelyk word met die struktuur van koolstofdioksied (CO2). Die N=C=O-koppeling is byna lineêr.

Produksie

Isosianate word geproduseer uit amiene deur fosgenering met fosgeen (COCl2). Karbamielchloried (RNHC(O)Cl) is 'n tussenganger in die proses.

      RNH2 + COCl2 Isosianaat  RNHC(O)Cl + H+ + Cl- Isosianaat  RNCO + 2 HCl

Aangesien fosgeen gevaarlik is, moet spesiale voorsorgmaatreëls getref word wanneer isosianate voorberei word.

Reaktiwiteit

Isosianaat 
Reaksie van 'n diïsosianaat met 'n diol om 'n poli-uretaan te vorm

Isosianate is elektrofiele en as sodanig reageer dit op 'n verskeidenheid nukleofiele, insluitend alkohole, amiene en water. Hulle het 'n hoër reaktiwiteit in vergelyking met die struktuur-analoë verbindings, isotiosianate (R−N=C=S). Voorbeelde van die reaksies volg:

      ROH + R'NCO → ROC(O)N(H)R'
  • As 'n diïsosianaat behandel word met 'n verbinding wat twee of meer hidroksielgroepe bevat, soos 'n diol of 'n poli-ol, word polimeerkettings gevorm, wat bekend staan as poli-uretane.
      R-NCO + H2O → R-NH2 + CO2
      Hierdie reaksie word saam met die produksie van poliuretaan benut om poliuretaanskuim te maak. Die koolstofdioksied funksioneer as 'n blaasmiddel.
      R2NH + R'NCO → R2NC(O)N(H)R'
  • Die toevoeging van 'n isosianaat aan 'n ureum gee 'n biuret:
      R2NC(O)N(H)R' + R"NCO → R2NC(O)NR'C(O)NHR"
  • Reaksie tussen 'n diïsosianaat en 'n verbinding wat twee of meer amiengroepe bevat, lewer lang polimeerkettings bekend as poli-ureume.

Gebruike

Van alle diïsosianate wat wêreldwyd geproduseer word is metileendifenildiïsosianaat 64%. Dit word hoofsaaklik gebruik vir die vervaardiging van stywe skuim en oppervlakbedekkings, sowel as kleefmiddels en seëlmiddels.

Tolueendiïsosianaat is 34% van die totaal en word in buigsame skuim vir meubels en beddegoed gebruik en ook in kleefmiddels en seëlmiddels. Dit word ook soms in vuurpyldryfmiddels gebruik.

Isoforondiïsosianaat beslaan 3% van die wêreldmark en word gebruik in gespesialiseerde toepassings, soos emalje-bedekkings wat bestand is teen skuur en agteruitgang van ultravioletlig.

Metielisosianaat word gebruik vir die vervaardiging van plaagdoders, rubber en kleefmiddels.

Aantekeninge

Verwysings

Tags:

Isosianaat Struktuur en bindingIsosianaat ProduksieIsosianaat ReaktiwiteitIsosianaat GebruikeIsosianaat AantekeningeIsosianaat VerwysingsIsosianaatFunksionele groepOrganiese verbindingPolimeerPoliuretaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Letterlike en figuurlike taalgebruikStikstofGenitale vratDemi Lee MooreRacheltjie de BeerErosietipesVerantwoordelikheidWortelKartografieGeskiedenis van die BoererepubliekeKappie (skryfteken)ProteaMynbouTydDierHoofpynVulvaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAppel (sanger)Kolorektale kankerTienie HollowayTsoenamiWorcesterYsterLys van myne in Suid-AfrikaSokkerEkonomie van Suid-AfrikaSelfstandige naamwoordGeestesteuringRookgewoontePriemfaktorJo BlackDruiweLys van veltoestandeSportBruin menseErfenisdag (Suid-Afrika)SelFrederik Willem de KlerkBreinvliesontstekingGemeenskapsorganisasieOrale seksLeeuSendelingposisieJagluiperdLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Kaaps-Hollandse stylBosluisbytkoorsSoogdierAtoomLandbouInentingTreinGipsFilosofieMorfeemAkuutMassaSeekatNoord-KaapHondRudi ClaaseBoomslangWiskundeMeeueDemokrasieKitaarBank (finansiële instelling)DonkieRob HersovHondeklipbaaiGasWoordsoortSuurstof🡆 More