'n Isoglos is die grens van 'n gebied waarin 'n sekere taalverskynsel voorkom soos byvoorbeel die uitspraak van 'n vokaal, die betekenis van 'n woord, of die gebruik van 'n sintaktiese eienskap.
Dit is dus is 'n lyn wat die grens vorm tussen dialekgroepe, op grond van 'n bepaalde dialekskeidingskriterium.
Die naam is geïnspireer deur kontoerlyne soos isobare, ens.; isoglosse skei egter, eerder as wat dit punte met gelyke taal verbind (miskien kan mens sê dit verbind punte met onbepaalde taal).
Wanneer verskillende isoglosse saamval, praat ons van 'n isoglosbundel. Dialekte word tipies afgebaken deur isoglosbundels
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Isoglos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.