Islamitiese Revolusionêre Wagkorps: 'n tak van Iran se gewapende magte

Die Islamietiese Revolusionêre Wagkorps, die Islamietiese Revolusionêre Garde (Engels: The Islamic Revolutionary Guard Corps - IRGC) (Persies: سپاه پاسداران انقلاب اسلامی‎, translit.

Sepâh-e Pâsdârân-e Enghelâb-e Eslâmi, letterlik Leër van Beskermers van die Islamitiese Revolusie of Sepâh vir kort of Pasdaran as informele naam) is 'n tak van Iran se gewapende magte gestig na die Irannese Rewolusie op 22 April 1979 op bevel van Ayatollah Khomeini. Volgens die Iraanse grondwet moet die weermag (of Artesh) Iran se grense verdedig en interne orde handhaaf, terwyl die Revolusionêre Wag (Pasdaran) bedoel is om die land se "Islamitiese Republiekstelsel" te beskerm. Die Revolusionêre Wag verklaar dat hul rol in die beskerming van die Islamitiese stelsel is om buitelandse inmenging sowel as staatsgrepe deur die weermag of "afwykende bewegings" te voorkom.

Islamitiese Revolusionêre Wagkorps: 'n tak van Iran se gewapende magte
Seël van die Leër van die Beskermers van die Islamitiese Revolusie

Sedert sy ontstaan as 'n ideologies-gedrewe milisie, het die Leër van Beskermers van die Iraanse Revolusie in bykans elke aspek van die Iraanse samelewing 'n groter rol gespeel. Dié organisasie se uitgebreide sosiale, politieke, militêre en ekonomiese rol onder president Mahmoud Ahmadinejad se administrasie - veral tydens die presidensiële verkiesing 2009 en die naverkiesing onderdrukking van protes - het baie Westerse ontleders geargumenteer dat sy politieke mag selfs dié van die Sjia-geestelike stelsel oortref het.

Die Revolusionêre Wagte het ongeveer 125 000 militêre personeel, insluitend grond-, lugvaart- en vlootmagte. Sy vlootmagte is nou die primêre magte wat operasionele beheer van die Persiese Golf uitoefen. Dit beheer ook die paramilitêre Basij-milisie wat ongeveer 90 000 aktiewe personeel het. Die media-arm is Sepah News. Die hoofbevelhebber van die Pasdaran sedert 2007 is Mohammad Ali Jafari, wat voorafgegaan is deur Yahya Rahim Safavi vanaf 1997.

Hierdie groep is getipeer as 'n terroriste-organisasie deur Saoedi-Arabië, Bahrein en die Verenigde State. Ten spyte daarvan dat top-Central Intelligence Agency en Amerikaanse Pentagon-amptenare teen die terroriste-benoeming van die organisasie as 'n terroriste organisasie gekant was, het President Donald Trump op 8 April 2019 so 'n besluit geneem.

Qasem Soleimani bevelvoerder van die IGRC se Koeds-mag, is op 3 Januarie 2020 in Bagdad, Irak, dood in 'n Amerikaanse hommeltuig-aanval. Soleimani is opgevolg as bevelvoerder van die Quds-mag deur Esmail Ghaani.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

197922 AprilAyatollah KhomeiniEngelsGrondwetIranIrannese RewolusiePersies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DieregeluideMobutu Sese SekoReënSeekatAngolese BurgeroorlogMuskeljaatkatPeach van PletzenDiarreeGewasboerdery in Suid-AfrikaMenseregteKappie (skryfteken)RumatiekBlaarBorskankerAbsolute monargieAsiëGlobaliseringBurgerregteLieweheersbesieWoordsoortReënspinnekopGriekwa-AfrikaansSonWes-KaapAtmosfeerRelatiwiteitsteorieNedersettingKindersiektesSwartbewussynsbewegingFrankrykGestremdheidDokterNoord-KaapAkroniemOrale seksWêreld- Ekonomiese ForumSwartMaselsTandbederfAfrikanersCristiano RonaldoLys van visseBoelieryNatuurrampMisdaadromanHortologieSeksismeGrondbesoedelingVaginale kankerLugbesoedelingWynand du ToitKommunismeGeboorteApartheidSekondêre sektor van die ekonomieOos-KaapVraag en aanbodKankerFamilie (verwantskap)Kunsmatige algemene intelligensieMetafoorNederlandHeuningbyMiljardSan Andreas-breukVaginaHindoeïsmeVakbondPretoriaGalileo GalileiKriekMetaalAnti-inflammatoriese middelHidroëlektrisiteit🡆 More