Isabel Allende (1942-) is 'n Chileense skrywer en joernalis.
Sy is die bes verkopende Spaanse skrywer, met 51 miljoen verkoopde romans, wêreldwyd. Haar oom was Salvador Allende, 'n voormalige president van Chili.
Isabel Allende | |
---|---|
Isabel Allende in 2007 | |
Gebore | 2 Augustus 1942 |
Nasionaliteit | Chili |
Beroep | Skrywer, joernalis |
Bekend vir | Romans |
Webwerf | isabelallende.com |
Allende se werke bevat aspekte van magiese realisme. Sy is bekend vir romans soos The House of the Spirits (La casa de los espíritus, 1982) en City of the Beasts (La ciudad de las bestias, 2002), wat kommersieel suksesvol was. Sy skryf hoofsaaklik in Spaans, maar is (as 'n tweede-taal spreker) vlot in Engels.
Sy was 'n vlagdraer tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele van 2006 in Turyn, Italië. In 2007 het sy haar ondervindinge op 'n TED-konferensie, genaamd Tales of Passion, met die wêreld gedeel.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Isabel Allende, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.