Irving Berlin

Irving Berlin (1888–1989) was ’n Amerikaanse skrywer van talle gewilde liedjies en geslaagde musiekblyspele.

Van sy bekendste liedjies is "Alexander’s Ragtime Band” en “White Christmas".

Irving Berlin
Irving Berlin in 1948
Irving Berlin in 1948
Agtergrondinligting
GeboortenaamIsrael Isidore Beilin
Gebore11 Mei 1888
Siberië, Russiese Ryk
Sterf22 September 1989
New York, Verenigde State
Beroep(e)Komponis, liedjieskrywer, liriekskrywer
Jare aktief1907–1971

Beknopte biografie

Alexander's Ragtime Band, 1911

Israel Isidore Beilin (Russies: Израиль Исидор Бейлин) is op 11 Mei 1888 in Siberië gebore. Hy emigreer in 1893 met die res van sy familie na die Verenigde State van Amerika. Ná die afsterwe van sy pa in 1896 moes hy noodgedwonge begin werk om te kon oorleef. Hy het onder andere koerante verkoop en musiek op straat gespeel. Die harde werklikheid van oorlewing op straat sou 'n blywende effek op die manier waarop hy met geld werk hê. In 1911 lei sy lied "Alexander's Ragtime Band" tot 'n musikale loopbaan wat meer as 1000 liedjies en verskeie treffers op Broadway sou lewer.

In 1907 verkoop Berlins sy eerste liedjie, "Marie from Sunny Italy", vir 37 sent. Hy verander sy naam in dieselfde jaar. Berlins het musiek vir talle Hollywood-films geskryf, waaronder Top Hat (1935), asook liedjies soos "White Christmas" uit die film Holiday Inn (1942). Sy bekendste Broadwaystuk is waarskynlik Annie Get Your Gun (1946). Hy hou egter op skryf nadat Mr President (1962) onsuksesvol was.

Hoewel Beilin 'n suksesvolle musikale loopbaan gehad het, het hy nooit geleer om die klavier te speel, soos gebruiklik is nie; hy het hoofsaaklik in een toonsoort met behulp van die swart sleutels gespeel. Hy het ook nooit geleer om musiek goed te lees of te skryf nie, en 'n assistent moes sy stukke neerpen.

In sy latere jare sonder hy homself af, en hy verskyn selfs nie op die partytjie wat vir sy honderdste verjaardag gereël is nie. Beilin is op 22 September 1989 in New York oorlede. Hy was 101 jaar oud.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Amerikaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GroepsdrukYstervarkRugbyTweede Nuwe JaarLys van Afrikaanse rolprenteVoornaamwoordPolisieFaf de Klerk22 AprilEjakulasieAluminiumSuid-Afrikaanse randTermietMuskeljaatkatTaalfossielSwart menseOnderwerp (taalkunde)Bruin menseSout (chemiese stof)United Democratic FrontVolhoubare ontwikkelingMuishondAtoomSeksuele penetrasieMenseregtedagInternetXenofobie in Suid-AfrikaNetbalKuberkrakerVoorsetselSkildklierProstaatkankerAfrikaBraaiWikimedia-stigtingThys die BosveldklongSelfstandige naamwoordDepressie (gemoedstoestand)InentingVarkRymLandbou in Suid-AfrikaTatoeëermerkDonkieDoopWet op Verbod van Gemengde HuwelikeRob HersovMagneetKriekMagsverheffingDieregeluideVryheidsmanifesSendelingposisieWortelAdolf HitlerSirkelSoortnaamGeskiedenis van erotiese afbeeldingsApartheidSonkragLiefdeMynbouKatoenKarooMosesPrimêre sektor van die ekonomieLeeuKolitisRumatiekReg tot ‘n gesonde omgewingAardbewingErektiele disfunksieSeksLys van nedersettings in Suid-Afrika🡆 More