Malgassiese Ariary

Die ariary (Ar; ISO 4217-kode MGA) is die huidige geldeenheid van Madagaskar.

Dit word onderverdeel in 5 iraimbilanja en is een van net twee niedesimale geldeenhede wat tans gebruik word (die ander een is die ouguiya van Mauritanië). Die name "ariary" en "iraimbilanja" kom van die prekoloniale geld.

Malgassiese Ariary
’n Noot van 100 ariary / 500 frank (1993).

Geskiedenis

Die ariary is in 1961 as nieamptelike geldeenheid ingestel. Dit was gelyk aan 5 Malgassiese frank en het die frank op 1 Januarie 2005 vervang as Madagaskar se amptelike geldeenheid.

Die waarde is sedert 1961 op munte en banknote aangedui in die amptelike frank en die halfamptelike ariary/iraimbilanja. Van 1978 af is die waarde op munte met groter waardes net in ariary aangedui. Op banknote wat sedert 31 Julie 2003 uitgegee word, word die ariary-waarde groot aangedui en die frankwaarde in klein druk. Munte met laer waardes vertoon ook nou die ariary-waarde, maar die ontwerp het dieselfde gebly.

Banknote

Die volgende banknote is verkrygbaar:[1]

Waarde Uitgereik Beskrywing
500 frank (100 ariary) 1994 meisie; seboes
1 000 frank (200 ariary) 1994 seun en skepe; vrou, vissermanne
2 500 frank (500 ariary) 1998 ou vrou; weefwerk
5 000 frank (1 000 ariary) 1995 jong seun; lemurs en voëls
100 ariary (500 frank) 2004 Reisigerspalm & karst; Antsirananabaai
200 ariary (1 000 frank) 2004 Dorpspoort; begrafnispaal
500 ariary (2 500 francs) 2004 Ambagsman; seboes
1 000 ariary (5 000 frank) 2004 Endemiese diere; sisal
2 000 ariary (10 000 frank) 2003 Kremetartbome; rysterrasse
5 000 ariary (25 000 frank) 2003 Daus; strand
10 000 ariary (50 000 frank) 2003 Deel van Rova van Antananarivo; padbouwerk

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Malgassiese Ariary GeskiedenisMalgassiese Ariary BanknoteMalgassiese Ariary VerwysingsMalgassiese Ariary Eksterne skakelsMalgassiese AriaryGeldeenheidISO 4217MadagaskarMauritanië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoofkarakterVolstruisKWoordeboek van die Afrikaanse TaalPerdLys van Afrikaanse televisiereekseKlinkerRudi ClaaseSelfmoordDramaDuitslandWaterbesoedelingVerlede tydKlimaatsverandering in Suid-AfrikaAfrikanersHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLys van Nederlandse skildersSkuinsstreepGoudEnkelvoudige sinSomerBeesMateriaalSpinnekopVulkaanNarsistiese persoonlikheidsteuringWebjoernaalMuskietSamestellende afleidingTekstielLarry PageStrykysterHokkieIslamitiese StaatLieweheersbesieAalwynMartin Luther King jr.LeeuHartaanvalOutismeWaterbesparing in Suid-AfrikaKunsmatige algemene intelligensieBTWJagluiperdHomoniemXenofobie in Suid-AfrikaAtoomSimon PetrusSeksposisieVerantwoordelikheidThabo MbekiBeesvleisMisdaadVigsNeonStedelike hitte-eilandFrederik Willem de KlerkKunsmatige intelligensieVolhoubare ontwikkelingDepressie (gemoedstoestand)Vergelykings (taalkunde)SeksTeam Fortress 2Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaMikro-ekonomieGlasEtniese groepBevolkingsafnameLys van landeMusieksimboleAsiëKimberleyWikipediaByOlimpiese SpeleRusland🡆 More