Ira Allen

Ira Allen (21 April 1751—7 Januarie 1814) was een van die stigtervaders van die Amerikaanse deelstaat Vermont en een van die leiers van die Green Mountain Boys-burgermag.

Allen is die "Metternich van Vermont" en die "Vader van die Universiteit van Vermont" genoem.

Ira Allen
Standbeeld van Ira Allen op die kampus van die Universiteit van Vermont

Hy is in Cornwall (Connecticut) gebore en was die broer van Ethan Allen. Ira Allen was tussen 1776 en 1777 'n lid van die Algemene Vergadering van Vermont, die destydse parlement van die staat. Allen het die Groot Seël van Vermont en die seël van die Universiteit van Vermont ontwerp.

In 1780 het hy 'n petisie vir die stigting van die Universiteit van Vermont aan die Algemene Vergadering voorgelê. Hy het fondse en 'n perseel van twintig hektaar (vyftig akkers) in Burlington vir die projek bygedra.

In 1795 het hy na Frankryk vertrek en 20 000 gewere en 24 kanonne aangekoop, wat vir Vermont bestem was. Hy is op see in hegtenis geneem en in Engeland aangekla weens wapenverskaffing aan Ierse rebelle. Ná 'n hofgeding, wat agt jaar voortgeduur het, is hy uiteindelik vrygespreek, maar het nogtans bankrot geraak.

Sy belangrikste werke is:

  • The Natural and Political History of Vermont, (Londen, 1798)
  • Statements Appended to the Olive Branch, (1807)

Die Vermont Historical Society Collections, (Montpelier, 1870) bevat meer inligting oor Ira Allen.

Bronne en verdere leesstof

Tags:

1751181421 April7 JanuarieVerenigde StateVermont

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MieliestronkDoopPampoentjiesLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsCorioliskragAlkoholismeKlereLys van veltoestandeHenry MurrayGenadedoodSwitserlandCheslin KolbeVloeistofRooikatWolkEreksieStaatstoelaePastoorBergen-Belsen-konsentrasiekampDuitse maselsNemunasAkkedisWynand StrydomEskomKaliforniëSonsteekPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSelfieOu Apostoliese KerkBuffelGroepsgebiedewetNamibiëVratSywurmKinderregteFranklin D. RooseveltMenstruasieKatErfenisdag (Suid-Afrika)BiodiversiteitSprokieBrugSeekoeiTaalSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieKuberkrakerWiki CommonsDemokrasieBloedingRefentse MorakeBloedvergiftigingPaarl GimnasiumPesachCounter-Strike (videospeletjie)Lys van politieke partye in Suid-AfrikaGautengHemelvaartKokketielDokterElandréStikstofDataverwerkingSportGeslagAarde se atmosfeerVryheidsdagHipoteseMisdaadRuslandGlobaliseringVerkleinwoordAdolf HitlerKunsmatige intelligensieViëtnamoorlogCutt GlasKriekSelfmoordPornografiese subgenres🡆 More