Interstellêre Medium

Interstellêre medium of ISM is die materiaal wat bestaan tussen groepe sterre in ’n sterrestelsel.

Dit sluit in gas, stof en kosmiese strale.

Interstellêre Medium
Die verspreiding van geïoniseerde waterstof, bekend as H II, in die Melkweg se interstellêre medium soos van die Noordelike Halfrond gesien deur die Wisconsin Hα Mapper

Die ISM is in alle fases uiters versprei in vergelyking met standaarde op Aarde. In koel, digte gebiede kan die digtheid tot 106 molekules per cm3 wees. In warm, verspreide gebiede is materiaal meestal geïoniseer en kan die digtheid so laag as 10−4 ions per cm3 wees. Vergelyk daarmee die digtheid van rofweg 1022 molekules per cm3 vir vloeibare water. Wat massa betref, is 99% van die interstellêre medium gas en 1% stof. In die gas is 89% van atome waterstof, 9% helium en 2% ander elemente, wat in sterrekunde metale genoem word.

In astrofisika speel die ISM ’n uiters belangrike rol. Sterre vorm in die digste streke van die ISM, molekulêre wolke, en vul die ISM aan met materiaal en energie deur planetêre newels, sterwinde en supernovas. Hierdie interaksie tussen sterre en die ISM help die tempo bepaal waarteen ’n sterrestelsel sy gasinhoud opgebruik, en dus hoe lank hy stervorming kan volhou.

ISM-tabel

Dié tabel wys die komponente van die Melkweg se interstellêre medium.

Samestelling van die interstellêre medium
Komponent Pers. van
volume
Temperatuur
(kelvin)
Digtheid
(atome/cm3)
Toestand van waterstof
Molekulêre wolke < 1% 10-20 102-106 molekulêr
Koue neutrale medium 1-5% 50-100 20-50 neutraal atomies
Warm neutrale medium 10-20% 6 000-10 000 0,2-0,5 neutraal atomies
Warm geïoniseerde medium 20-50% 8 000 0,2-0,5 geïoniseer
H II-gebiede < 1% 8 000 102-104 geïoniseer
Baie warm geïoniseerde medium 30-70% 106-107 10−4-10−2 geïoniseer
(metale ook hoogs geïoniseer)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

GasKosmiese bestralingRuimtestofSterrestelselVeelvoudige ster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeksposisieAce MagashuleLys van Kaapstad se voorstedeCarike KeuzenkampRamsar-vleilande in Suid-AfrikaAalwynLys van Afrikaanse skrywersNeerslagDokterVars waterAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidKletsrymIntensiewe vormJan-Willem BreureGalblaasSkisofrenieBonné de BodGodKuberkrakerPersoonlikheidVoortrekkermonumentSuid-Afrikaanse GrensoorlogNiemetaalSeeHoofstadMasturbasieSkerpioenSatellietfotoNaaldekokerMenstruasieErdwurmAarverkalkingMeervoudWaterkringloopSwitserlandRooikatMusiekteaterHarry PotterWaterbesparing in Suid-AfrikaNaboomVoornaamwoordHokkieHeks van HexrivierVerenigde State van AmerikaAfkortingVarkgriepSpringbokkeVreesHerpes simplexTafelbergMaatskaplike verantwoordelikheidVaginaOrthopteraKunsSprokieRatelGeskiedenis van Suid-AfrikaManie JacksonArmoedeEkonomie van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse RugbyunieRefentse MorakeKragopwekkingPastoorAlkoholismeVolhoubare ontwikkelingLys van nedersettings in Suid-AfrikaMiltMolekuulIndiese OseaanBesoedelingSkoolKankerNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySeksueel oordraagbare infeksiePseudowetenskap🡆 More