Intergoewermentisme is 'n beginsel in die internasionale politiek waarvolgens state besluit om in 'n organisasie as soewereine state saam te werk, sonder om van hulle soewereiniteit aan die organisasie oor te dra nie.
Die meeste internasionale organisasies in die wêreld is intergoewermenteel. Die Europese Unie verenig nogtans intergoewermentele elemente met supranasionale elemente.
Een van die verskille tussen die twee filosofieë is dat in 'n intergoewermentele organisasie eenstemmigheid nodig is om besluite te neem.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Intergoewermentalisme, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.