Institusie Van Die Christelike Godsdiens

Die Institusie van die Christelike godsdiens (Latyn: Institutio Christianæ Religionis) is die hoofwerk van die kerkhervormer Johannes Calvyn, oorspronklik geskryf in 1536, die vyfde en laaste weergawe in 1559.

Institusie van die Christelike godsdiens
Institusie Van Die Christelike Godsdiens

Oorspronklike titelInstitutio Christianæ Religionis
SkrywerJohannes Calvyn
VertalerA. Duvenhage (1951) & dr. H.W. Simpson (1980)
LandVlag van Switserland Switserland
TaalLatyn (oorspronklik)
OnderwerpHervorming
GenreTeologie
Uitgewer
Uitgegee1536 (oorspronklik)

Ontwikkeling

In sy Institusie lê Calvyn uit wat die Hervorming volgens hom werklik beoog het. Hy skryf die eerste weergawe van die boek op 'n jong ouderdom: dit word in 1536 te Basel uitgegee toe hy pas 26 jaar oud was. Calvyn het die Institusie geskryf omdat hy op daardie oomblik diep geskok was deur die maatreëls wat in sy geboorteland Frankryk teen die Protestante (Hugenote) ingestel is. Hy rig daarom as inleiding op die Institusie 'n brief aan koning Frans I.

Met die jare het Calvyn sy werk gereeld aangepas en uitgebrei. Hy het vyf Latynse weergawes van die boek uitgegee (in 1536, 1539, 1543, 1550 en 1559), asook Franse vertalings uitgegee of by die vertaling daarvan meegewerk. In die laaste uitgawe, wat 5 jaar voor sy dood uitgegee is, het die boek heelwat dikker geword: vanaf 6 tot 80 hoofstukke.

Nederlandse en Afrikaanse vertalings

Voor die Afrikaanse vertaling is daar dikwels gesteun op die Nederlandse vertalings. Daar is verskillende Nederlandse vertalings van die Institusie, waaronder dié van dr. A. Sizoo (1931-'32) en C.A. de Niet e.a. (2009), gegrond op die laaste weergawe uit 1559; vroeë vertaling kan teruggevoer word na 1650, 1865-'68 en 1919.

In die Afrikaanse taal het Ds. A. Duvenhage slegs 'n verkorte weergawe van die finale (1559-) uitgawe van Calyn se Institusie vertaal. Hierdie vertaling is in 1951 deur SACUM te Bloemfontein uitgegee en in 1967 deur Pro Rege, Potchefstroom en in 1978 deur die NG Kerkboekhandel, Pretoria herdruk. Die vertaling heet Die institusie van Calvyn.

Die eerste Afrikaanse vertaling van die heel eerste uitgawe (1536) is in 1980 vertaal deur dr. H.W. Simpson, hoof van die Departement Latyn aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Hy moes teen 'n geweldige tempo werk om die vertaling spesiaal vir die eerste Calvynkongres in Afrika (12-14 Augustus 1980 te Pretoria) gereed te kry. Vier boekdele is tussen 1984–1991 met die medewerking van L.F. Schulze en C.M.M. Brink vertaal en deur die Calvyn Jubileum Boekefonds te Potchefstroom uitgegee.

Verwysing

Eksterne skakels

Tags:

Institusie Van Die Christelike Godsdiens OntwikkelingInstitusie Van Die Christelike Godsdiens Nederlandse en Afrikaanse vertalingsInstitusie Van Die Christelike Godsdiens VerwysingInstitusie Van Die Christelike Godsdiens Eksterne skakelsInstitusie Van Die Christelike GodsdiensJohannes Calvyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Goudkus (streek)Neurenberg-verhoreWright-broersTamatieFeminismeLys van politieke partye in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureByUnited Democratic FrontSpysverteringstelselKatSeekatCalviniaAfleiding (taalkunde)Lys van Afrikaanse televisiereekseImmunologieLiefdeInentingStudievaardighedeJeanette FerreiraAnglisismeMenseregtedagDeelwoordSuurstofNasionale PartyLeonardo da VinciEmfiseemResensieAfkortingAfrikaanse TaalmonumentLeeuNazi-DuitslandMarie AntoinettePenisStaalRelatiwiteitsteorieNierErfenisdag (Suid-Afrika)JakkalsPinksterGesonde dieetWêreldwye webSneeuSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024GoogleDoelwitLuiperdGetalVrymesselaryRepubliek die KongoVars waterWoordStikstofPornografiese akteurAnale seksOnomatopeeSlawernyYsterRudi ClaaseWelwitschiaMondSoortnaamOorkruipersRomanKoedoePerdGipsMusiekLionel MessiKaliumBynierJacques LootsGroepsdrukKoppeltekenSport🡆 More