Inpersing of intrusie vind plaas wanneer magma van onder die aarde se oppervlak geleidelik in krake en openinge ingepers word.
Soms word bestaande rots uit die pad gedruk, ’n proses wat miljoene jare kan duur. Wanneer die magma geleidelik afkoel en verhard, kritalliseer verskillende dele in minerale. Baie bergreekse, soos die Sierra Nevada in Kalifornië, is deur inpersing gevorm.
Intrusie is een van twee maniere waarop stollingsgesteente kan vorm; die ander is ekstrusie of vulkaanuitbarstings. Eersgenoemde vorm dus uit magma wat in die aardkors afkoel, terwyl ekstrusie bo die aarde se oppervlak plaasvind.
Daar is baie soorte inpersings, van bergreeksgroote batoliet tot dun are in die aardkors. Inpersings wat deur erosie ontbloot word, bedek soms groot oppervlakke. ’n Bekende voorbeeld van inpersing is Devils Tower in Noordoos-Wyoming in die VSA.
Inpersings word geklassifiseer volgens die vorm en grootte van die intrusierots en sy verhouding met die omringende formasies:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Inpersing, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.