Iljoesjin Il-28: Russiese bomwerper

Die Iljoesjin Il-28 was die Sowjetunie se eerste straalaangedrewe bomwerper.

NAVO se kodenaam vir die vliegtuig is Beagle. Die Il-28 was bekend as die Sowjetunie se Canberra, bekend vir sy langslewendheid en aanpasbaarheid. Die prototipe het sy nooiensvlug 8 Augustus 1948 voltooi en was binne twee jaar in diens gestel. Vyf-en-twintig voorproduksie-eenhede het deelgeneem aan 'n verbyvlug by die 1950 Moskou Meidag verrigting. Dit was 'n belangrike dag vir die Westerse analiste gedurende die Koue Oorlog; dit is hier waar die Sowjetunie sy nuwe toerusting aan die wêreld vertoon het.

Iljoesjin Il-28
Iljoesjin Il-28: Modelle, Gebruik in ander lande, Tegniese besonderhede
Tipe Bomwerper
Vervaardiger Iljoesjin
Nooiensvlug 8 Augustus 1948
Bekendstelling 1950
Onttrek 1980 Sowjetunie
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Sowjet Lugmag

Produksie is in 1960 in die Sowjetunie gestaak en eers in 1969 in China, waar die vliegtuig onder lisensie vervaardig is. Daar is aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog reeds met die ontwerp van die vliegtuig begin. Die ontwerp was konvensioneel, dit het meer aan die verlede herinner as die toekoms - die vlerke was reguit. Die stertvlerke en stertvin was teen 'n skerp hoek geswaai. Dit het stabiliteit verskaf tydens hoëspoed-duikvlugte.

Die prototipe is aangedryf deur twee RD-10 turbostraalmotore wat ontwikkel is uit die Duitse Junkers Jumo motors van die Tweede Wêreldoorlog. Die produksiemodelle is toegerus met Klimov Vk-1 motors, 'n Sowjetweergawe van die betroubare Britse Nene-motor wat voor die Koue Oorlog aan hulle verkaf is. Die motors het aan hangers onder die vlerke gehang. Die kajuit was die borreltipe met die vlieënier wat 'n uitsig soos die van 'n vegvliegtuig gehad het. Die navigator/bombardier se visier was in 'n Tweede Wêreldoorlog-tipe glasneus geïnstalleer. By die basis van die stertvin was 'n geëlektrifiseerde skiettoring wat baie lyk soos die van die Boeing B-17 Flying Fortress en Boeing B-29 Superfortress. Daar is twee 23 mm masjiengewere in die skiettoring. Interessant was die skutter hier ook die radio-operateur van die vliegtuig. Daar is ook twee 23 mm masjiengewere in die neus.

Met die bomlaai vol en die hegpunte onder die vlerke kan die vliegtuig 3 000 kg se bomme dra. Daar is ook 'n fasiliteit vir eksterne brandstoftenks aan die vlerkpunte.

Modelle

Model Il-28R is 'n taktiese verkenningsvliegtuig met kameras wat in die bomlaai gemonteer is; dit ook elektroniese intelligensie insamel toerusting dra. Model Il-28T is 'n torpedobomwerper wat in diens was van die Sowjet Vloot. Die Il-28 was finaal uit diens gestel uit die Vloot en Weermag in die 1980's en agterna gebruik as teikens.

Gebruik in ander lande

Die Il-28R is aan meer as 20 lande verkoop insluitende Afganistan, Egipte, Hongarye, Irak, Noord-Korea, Pole en Jemen. In 1968 tydens die Nigeriese burgeroorlog is die wêreld geskok toe ses Il-28R's teen die Biafraaanse burgerlikes gebruik is.

Die vliegtuig is ook deur die Arabiese wêreld gebruik; toe 50 eenhede van die vliegtuig aan Egipte afgelewer is. In die middel van die 1950's het daar spanning ontstaan tussen Egipte en Israel. Gedurende die Suezkanaal-krises van 1956 en die Egiptiese oorloë van 1967 (Sesdaagse Oorlog) en 1973 is die vliegtuie op die grond vernietig deur Israel voor dit gebruik kon word.

In 1962 was die vliegtuie ook betrokke tydens die Kubaanse missielkrisis, Iljoesjin Il-28's wat aanmekaar gesit is in Kuba moes ook verwyder word tesame met hul missiele. Meer as 500 van die vliegtuie is aan China verkoop, waar dit as die H-5 bekend gestaan het, Hier het hulle tot in die laat 1990's diens gedoen. Die Iljoesjin Il-28 is ook deur die Sowjet-satellietstate as bomwerpers gebruik tot diep in die 1990's.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Iljoesjin Il-28:
Item Statistiek
Aantal motore 2
Tipe motor Straalmotor
Vervaardiger Klimov VK-1 turbostraal
Kraglewering per motor 2 700 kg stukrag
Vlerkspan 21,45 m
Lengte 17,65 m
Hoogte 6,7 m
Vlerkoppervlakte 60,8 m2
Maks. opstygmassa 21 000 kg
Maks. snelheid 900 km/h
Operasionele hoogte 12 300 m
Togafstand 2 180 km
Klimvermoë 900 m per minuut
Bewapening Twee 23 mm kanonne in die neus en twee in die stert skiettoring
maks. bomvrag van 3 000 kg.

Bron

Tags:

Iljoesjin Il-28 ModelleIljoesjin Il-28 Gebruik in ander landeIljoesjin Il-28 Tegniese besonderhedeIljoesjin Il-28 BronIljoesjin Il-28BomwerperEnglish Electric CanberraKoue OorlogMeidagMoskouNAVOSowjetunieWêreld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JeuksiekteDeon MeyerYouTubeDeelstate van die Verenigde State van AmerikaJudaïsmeSwedeLys van elemente volgens simboolIdioomKoedoeDikdermOssewaBorsteRenier van RooyenSuid-Afrikaanse WeermagGeslagsorgaanWikiquoteNarkoseKoppeltekenKanadese nasionale krieketspanLetterlike en figuurlike taalgebruikGoeie VrydagJodeHerfsSuid-Afrikaanse PolisiediensAtriale fibrillasieDesiré GardnerVigsDiarreeLionel MessiGrysstofHartversakingLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Steve BikoEmfiseemKlitorisMiddeloorontstekingErfenisSeksuele stimulasieSkoenlapperTweede VryheidsoorlogAfrikaanse woordelys en spelreëlsMuskeljaatkatWallisAswoensdagSelfmoordISBN (identifier)Koninkryk van die NederlandeMarie PentzE-regeringHoofpynRenteEnsiklopediePeach van PletzenLys van woestyneApostoliese GeloofsbelydenisJohannes VermeerSpookvoëlSixtynse kapelSpelerposisies in rugbyNiersteenBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteEOnderwys (geskiedenis)Nazi-saluutGebande muishondAfghanistanLys van Afrikaanse skrywersKinkhoesVolkekundeOorlog in Soedan (sedert 2023)Google TranslatePiet ByleveldBoeber🡆 More