Ili

Die Ili (Oeigoers: ئىلى دەرياسى, Ili deryasi of Или дәряси, Ili dəryasi; Kasaks: Іле, İle, ئله; Russies: Или; Chinees: 伊犁河, pinyin: Yīlí Hé; Mongools: Ил, letterlik: kaalheid) is die grootste van die Balchasj-meer se invloeiende riviere.

Dié rivier, met 'n lengte van 1 400 km (870 myl), ontstaan deur die saamvloei van die Koenes- en Tekes-riviere in die outonome gewes Xinjiang van die Volksrepubliek China. Aansluitend vloei dié rivier in 'n westelike rigting deur die stad Yining en bereik die Kasakse grens. In Kasakstan vloei die Ili in 'n westelike rigting tot by Kapchagai, sowat 70 km noord van die voormalige hoofstad Almati. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting en mond in 'n wye delta in die Balchasj-meer uit.

Ili
Die Ili in die outonome gewes Xinjiang, Volksrepubliek China
Die Ili in die outonome gewes Xinjiang, Volksrepubliek China
Die Ili in die outonome gewes Xinjiang, Volksrepubliek China
Ili

Die stroomgebied van die Ili

Oorsprong Saamvloei van Koenes en Tekes, Xinjiang, Volksrepubliek China
Tiensjan
Monding Kasakstan
Balchasj-meer
Stroomgebied Volksrepubliek China, Kasakstan
Lengte 1 400 km (870 myl)
Mondinghoogte 340 m (1 115 voet)
Gemiddelde afloop 480 m³/s (17 000 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 140 000 km² (54 000 myl²)

As gevolg van die groot bevolkingsgroei in die Chinese outonome gewes Xinjiang styg die waterverbruik, waardeur minder water die Balchasj-meer bereik en die meer bedreig.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AlmatiBalchasj-meerChineesHoofstadKasaksKasakstanMongoolsOeigoersPinyinRivierRussiesVolksrepubliek ChinaXinjiang

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ekonomie van Suid-AfrikaAtriale fibrillasieRugbyOnderwysSuid-KoreaBaltimoreTropiese sikloonRynhesseAleksei NawalniE-posGordelroosOraniaGeurmiddelAmalia UysWallisIndonesiëTegnologieAkroniemPalmsondagSlaapapneeLys van Afrikaanse televisiereekseWeer (meteorologie)Makazole MapimpiKoorsblaarAngssteuringJeuksiektePuberteitGodsdiensPersentasieSonnestelselErfenisdag (Suid-Afrika)WynsteenInhoudErica RhodesDoziBreingewasTongaanse nasionale rugbyspanErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2VerkleinwoordKrampNederlandsDuitslandDikdermAlvin BruindersDagroofvoëlsDramaKarakteriseringGesinsdagPofadder (slang)Emily HobhouseTweede VryheidsoorlogAarde se atmosfeerSeksuele stimulasiePieter BiewengaParysSuid-AfrikaWaterhertAgter Elke ManVaginale kankerBTWTurkyeJohannesburgNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweWitbloedselSkoonma-se-tongVersamelnaamBysteekJacques LootsFridtjof NansenEnsiklopedieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalByvoeglike naamwoordBrandmondsindroom🡆 More