Iguazú-Waterval

Die Iguazú-waterval (Portugees: Cataratas do Iguaçu, ; Spaans: Cataratas del Iguazú, ; Guaraní: Chororo Yguasu, ) is een van die grootste watervalle in Suid-Amerika en geleë in die Rio Iguazú, 23 km oos van dié rivier se monding in die Río Paraná op die grens tussen Argentinië en Brasilië, net oos van die grens tot Paraguay.

Noordoos van die waterval is die Brasiliaanse stad Foz do Iguaçu in die deelstaat Paraná geleë, sowat 18 km wes die Argentynse stad Puerto Iguazú in die provinsie Misiones en verder noordwes die Paraguaanse stad Ciudad del Este. 80% van die Iguazú-waterval se oppervlakte behoort aan Argentinië en 20% aan Brasilië.

Iguazú-waterval*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Iguazú-Waterval
Die Iguazú-waterval
Ligging van Iguazú-waterval op 'n kaart (Brasilië)
Iguazú-waterval
Iguazú-waterval
Ligging van die Iguazú-waterval in Brasilië
Koördinate: 25°41′12″S 54°26′41″W / 25.68667°S 54.44472°W / -25.68667; -54.44472 54°26′41″W / 25.68667°S 54.44472°W / -25.68667; -54.44472
Lande Vlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Brasilië Brasilië
Tipe Natuur
Kriteria vii, x
Verwysings 355
Streek Suid-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1984  (8ste Sessie)
Uitbreidings 1986
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Iguazú-waterval is een van die Amerikas se grootste toeriste-aantreklikhede. Die Argentynse Iguazú Nasionale Park is in 1984 en die Brasiliaanse Iguaçu Nasionale Park in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. In November 2011 is die Iguazú-waterval in 'n openbare stemming aangewys as een van die wêreld se New7Wonders of Nature.

Die Iguazú-waterval is sowat 2 700 m breed, waarvan 900 m sonder watervloei; asook tussen 60 en 82 m hoog. Dit bestaan uit tussen 150 en 300 enkele watervalle, afhangende van die watervlak. Wanneer die rivier tydens die reënseisoen tussen November en Maart die sterkste afkom, vloei 12 750 kubieke meter per sekonde oor die rand van die waterval.

Die naam van die waterval beteken "groot water" en is afgelei van die Guaraní-woorde y [ɨ] ("water") en ûasú [waˈsu] ("groot"). Die buitewêreld het die eerste keer van die waterval gehoor toe die Spaanse conquistador Álvar Núñez Cabeza de Vaca op 31 Januarie 1541 daarop afgekom het.

Galery

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Iguazú-Waterval GaleryIguazú-Waterval Sien ookIguazú-Waterval VerwysingsIguazú-Waterval Eksterne skakelsIguazú-WatervalArgentiniëBrasiliëGuaraníParaguayParaná (deelstaat)PortugeesRio IguazúRío ParanáSpaansSuid-AmerikaWaterval

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tropiese sikloonAfleiding (taalkunde)KinkhoesMondKwaZulu-NatalWaterbesparing in Suid-AfrikaSeksismeVarkBoomC. Louis LeipoldtPussy RiotAngssteuringMiddeloorontstekingWoestynBruto binnelandse produkYslandLiesbreukDeelteken en umlautSinkMenslike skeletDemokrasieKriekInligtingKoolstofdioksiedWes-KaapAspoestertjieKunstenaarIngrid JonkerNederlandsBoer Soek 'n VrouVoorsetselHoenderPerdLys van kinderspeletjiesVars waterWet op Verbod van Gemengde HuwelikeKoerantToekoms van die AardeVulkaanChristiane JaccottetMobutu Sese SekoWikipediaNasiebouMiskruierGoudWerkloosheidSeksposisieVergelykings (taalkunde)KontinentMieliestronkKaliumHelpmekaar-kollege23 AprilOnderwysGetalVolstruisLieweheersbesieNeonSimboolGrondbesoedelingAgtergrond (narratief)HomoniemOogproblemeKarakteriseringLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameLys van Afrikaanse skrywersPapierOssewaAfrikaanse woordelys en spelreëlsPaasfeesNatuurlike hulpbronSportCheslin KolbeReg tot ‘n gesonde omgewingMisdaadPinksterChristiaan Barnard🡆 More