Ierse See

Die Ierse See (Engels: Irish Sea, Iers-Gaelies: Muir Éireann, Manx-Gaelies: Mooir Vannin, Skots: Erse Sea, Skots-Gaelies: Muir Èireann, Ulster-Skots: Airish Sea, Wallies: Môr Iwerddon; in die antieke tydperk bekend onder sy Latynse naam Oceanus Hibernus; daarnaas ook Manx-see genoem) is 'n seearm van die Noordelike Atlantiese Oseaan wat Ierland (in die weste) van Groot-Brittanje (in die ooste) skei.

Ierse See
Ierse See
Nasa-Satellietbeeld van die Ierse See
Ierse See
Kaart van die Ierse See
Koördinate:53°N 5°W / 53°N 5°W / 53; -5 5°W / 53°N 5°W / 53; -5
Ligging:Republiek van Ierland, Verenigde Koninkryk, Eiland Man
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:46 007 km² (17 763 myl²)
Maksimum diepte:175 m (576 vt)
Volume:2 800 km³ (580 myl³)
Lengte:210 km (130 myl)
Breedte:240 km (150 myl)
Eiland/e:Eiland Man, Anglesey
Nedersettings:Douglas (Man)
Dublin (Republiek van Ierland)
Blackpool en Liverpool (Engeland)

Die Eiland Man is in die sentrum en Anglesey in die suide van die Ierse See geleë.

Ierse See
Ligging van die Ierse See

Afhangende van die konteks – histories, kultureel en oseanografies – is daar verskillende uitgangspunte waarvolgens die Ierse See se grense afgebaken kan word. Die Internasionale Hidrografiese Organisasie gee die see se oppervlakte volgens suiwer oseanografiese kenmerke as 46 007 km³, insluitende die Sint George's-kanaal. Die see strek oor 'n lengte van 130 myl (210 km) en is 150 myl (240 km) wyd. Dit word in die noorde deur die Noordkanaal (Engels: North Channel) tussen Noord-Ierland en Skotland en in die suide deur die Sint-Georgekanaal tussen die uiterste suidooste van Ierland en Suidwes-Wallis met die Atlantiese Oseaan verbind.

Die diepste punt met 576 voet (175 m) is by die Mull of Galloway (Skotland se mees suidelike punt) geleë, naby die see se verbinding met die Noordkanaal. Belangrike seehawens is die Ierse hoofstad Dublin of Baile Átha Cliath, die Engelse hawestede Blackpool en Liverpool asook die hoofstad van die Eiland Man, Douglas.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AngleseyAtlantiese OseaanEngelsGroot-BrittanjeIerlandIers-GaeliesLatynMan (eiland)Manx-GaeliesSkotsSkots-GaeliesUlster-SkotsWallies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VarkgriepWaarheid-en-versoeningskommissieRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Wetenskaplike klassifikasiePrivaat maatskappyRenaissanceNasionalismeNamakwalandJeugdagRassismeSuid-Afrikaanse GrensoorlogWoordeskatLys van Afrikaanse skrywersKoorsblaarHigiëne1990KarooAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAtmosfeerSelfmoordPeach van PletzenPornhubRamsar-vleilande in Suid-AfrikaApartheidHokkieLodewyk XVI van FrankrykPenisProvinsies van Suid-AfrikaTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)JudaïsmeAborsieNederlandsSosiale mediaSpelerposisies in rugbySuid-AfrikaImpakte van toerismeMaatskaplike verantwoordelikheidSokkerSprokieLeierOlimpiese SomerspeleVaginaLys van Suid-Afrikaanse musikanteLys van Griekse mitologiese figureBurgerregteArmoedeverligtingBoelieryWelwitschiaPretoriaStudievaardighedeWillie JoubertPlantluisOrtopedieAfrikaanse WikipediaWesterse filosofieMisdaadromanJaco JacobsBreinEerste WêreldoorlogSteenkool in Suid-AfrikaGrondInsekJo BlackDikdermMasturbasieSoortnaamVergelykings (taalkunde)LettergreepEkonomieLys van nedersettings in Suid-AfrikaWaterWapen van Suid-AfrikaEmosieDroogteDuitslandTaal🡆 More