Dutywa (voorheen Idutywa) is 'n dorp in die Oos-Kaap-provinsie, Suid-Afrika.
Volgens die 2011-sensus het die nedersetting 'n bevolking van 11 076 gehad, waarvan 10 695 (96,6%) swart mense was. Dutywa is die setel van die Mbhashe Plaaslike Munisipaliteit, wat tans onder die Amathole-distriksmunisipaliteit resorteer. Die N2 nasionale pad gaan deur die dorp.
Dutywa (voorheen Idutywa) | |
---|---|
Die N2 loop deur Dutywa | |
Koördinate: 32°06′S 28°18′O / 32.100°S 28.300°O 28°18′O / 32.100°S 28.300°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Mbhashe |
Stigting | 1858 |
Oppervlak | |
• Totaal | 20,83 km2 (8,04 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 11 076 |
• Digtheid | 532/km2 (1 380/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 1.3% |
• Swart mense | 96.6% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 91.6% |
• Engels | 3.3% |
• Ander | 5.1% |
Poskode (strate) | 5000 |
Poskode (posbusse) | 5000 |
Skakelkode | 047 |
Die ou distrik is 1 200 km² groot en is die oudste in die voormalige Transkei. Dit is 1857 tot reserwe verklaar en as deel van die voormalige Brits-Kaffrarië geadministreer. Gemengde boerdery word in die distrik beoefen.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Dutywa, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.