Dr.
Ian Player (15 Maart 1927 - 30 November 2014) was 'n Suid-Afrikaanse natuurbewaarder en die broer van die gholflegende Gary Player. Hy is bekend as die persoon wat die witrenosters in die 1950’s in KwaZulu-Natal van uitsterwing gered het. Player het op verskeie parkerade, insluitend SANParke, gedien. Hy het ook 'n aantal bewaringsorganisasies op die been gebring en 'n paar boeke geskryf.
Ian Player | |
---|---|
Ian Player en prins Bernhard van Lippe-Biesterfeld (1981) | |
Gebore | Ian Cedric Audley Player 15 Maart 1927 |
Sterf | 30 November 2014 Karkloof-vallei, KwaZulu-Natal |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Natuurbewaarder |
Bekend vir | Wen eerste Dusi |
Eggenoot | Ann Player |
Kinders | Kenneth, Amyas, Jessica |
Webwerf | http://ianplayer.com/ |
Player was die eerste wenner van die Dusi-kanowedvaart in 1951. Agt deelnemers het hieraan deelgeneem. Slegs Player kon die Dusi binne 6 dae voltooi. Dit was ten spyte daarvan dat ‘n nagadder hom vroeër gebyt het. Die kano wat hy gebruik het was van hout en borduurgaas gemaak en het 30 kilogram geweeg. Dit het natuurlik al sy voorraad vir die tog ingesluit.
Ian Cedric Audley Player is op 15 Maart 1927 in Johannesburg gebore. Hy is by die St. John's College opgevoed, waarna hy in die SAW se 6de Suid-Afrikaanse Pantserdivisie gedien het, wat van 1944 tot 1946 aan die Amerikaanse 5de Leër in Italië verbonde was.
Player het sy loopbaan as wildbewaarder in 1952 by die Natalse Parkeraad begin. Hier het hy hom op die bewaring van laaste suidelike witrenosters toegespits.
Hy het twee eredoktorsgrade ontvang:
Hy is op 30 November 2014 na 'n kort siekbed in die Karkloof-vallei, KwaZulu-Natal oorlede. Hy laat sy vrou, Ann Player, twee seuns, Kenneth en Amyas, en een dogter, Jessica, agter.
Van die boeke wat hy geskryf het:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ian Player, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.