I.d. Lamprecht

I.D.

Lamprecht (1933–2017) was 'n Afrikaanse skrywer van jeug- en spanningsverhale. Hy het ook onder die skuilname Jan Lategan en Koot Kampher geskryf.

Lamprecht
Geboortenaam Izak David Lamprecht
Geboorte 18 Augustus 1933
Philippolis
Sterfte 9 Augustus 2017
Pretoria
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Skrywer
Genre Jeug- en spanningsverhale

Lewe en werk

Izak David Lamprecht is gedurende die Groot Droogte op 18 Augustus 1933 as die derde van ses kinders op Philippolis in die Vrystaat gebore. In 1951 matrikuleer hy aan die Hoërskool M.T. Steyn op sy geboortedorp.

Na skool gaan werk hy by die groot Afrikaanse handelsbank Volkskas Beperk en word onder andere rekenmeester by die bank se takke op Aliwal-Noord, Excelsior, Oos-Londen, Mafeking, Kuruman, Bellville en Springs voordat hy na hul hoofkantoor in Pretoria verplaas word.

Na verskeie groot operasies waartydens sy hele maag verwyder is, gaan hy met vervroegde aftrede en vestig hom op Mosselbaai. Later verhuis hy na Christiana (Noordwes) waar hy baie jare woon, voordat hy in 2011 na 'n aftreeoord in Pretoria verhuis.

Hy is teen die einde van 1955 getroud met Louise J. Smith, oorspronklik van Aliwal-Noord, en die egpaar het 'n dogter, Juanita Louise, en 'n seun, Heinrich Siegfriedt. Hulle het ook 'n kleindogter, (Juanita) en 'n agterkleinseun (Damian).

Lamprecht is op 9 Augustus 2017 in Pretoria oorlede.

Skryfwerk

Sy eerste ernstige poging tot skryfwerk is op skool met die beskrywing van 'n ware gebeurtenis. Hy en sy broer moes as jong seuns op 'n onweersnag sukkel om 'n koei met haar pasgebore kalfie by die huis te kry. Hierdie opstel word aan die klas voorgelees, maar smalend afgemaak as handelende oor “koeitjies en kalfies”. Na sy vrou 'n ernstige hartkwaal ontwikkel en hulle buite-aktiwiteite as gevolg daarvan tot 'n einde kom, wend hy sy aandag aan skryfwerk om die tyd te verwyl. Hy begin met spanningsverhale, waarvan die eerste een in 1972 gepubliseer is, maar skryf later ook liefdesverhale en selfs jeugverhale. Verskeie vervolgverhale en kortverhale word in tydskrifte gepubliseer.

Jeugverhale

Sy jeugverhale sluit in Ghoen keer terug, Die koperperd, Die blinde horlosie en Oom Johnny.

In Oom Johnny moet Barney van der Spuy gou geld in die hande kry. Nie sy nuuskierigheid oor die vreemde gedoentes by die spookhuis langsaan, of muisneste, of die gedurige veglustigheid van Spiere en sy makkers durf sy planne in die wiele durf ry nie. Oom Johnny hou die sleutel tot ’n oplossing.

Sending Kosmos is ’n ruimtefantasieverhaal wat ook op die jeugmark gerig is.

Spanningsverhale

Hy is egter veral bekend vir sy aksieverhale, veral die Dokter Skip Wessels en Hugo Storm boekreekse.

Hugo Storm-reeks

Hugo Storm is ’n private speurder. In Die vierkantige driehoek (1973) moet Hugo ’n misdaadbende binnesypel en dan die hele bende van kant maak – teen betaling natuurlik. Dis natuurlik nie so maklik om dit te doen nie en nadat hulle bewus word van sy motiewe is hy sy lewe nie meer seker nie. Daar’s ’n gat in die grond (1986) sê die ou tannie vir Hugo. Sy bedoel prospekteergate, maar hy besef gou dat iemand hom in ’n ander gat in die grond wil hê, want daar is verskeie onverklaarbare aanslae op sy lewe. Dit het iets te doen met die groot gat wat Bill Raymond op tant Em se plaas grawe, maar dit is al wat hy weet. In Kat aan die stert probeer Hugo uitvind watter verband die skatryk magnaat Jan du Preez, wat betrokke is by sake van staatbelang, met die berugte Smoothy Johnson en John Edwell het. In Die Judaskus vra twee mooi nooiens vir Hugo om ’n saak te ondersoek. Een wil hê hy moet haar broer se onskuld aan dwelmhandel bewys, die ander versoek hom om haar broer se skuld te bewys. Albei die meisies het boonop dieselfde naam en Hugo is smoorverlief op albei. Hugo aanvaar die uitdaging wat die saak bied en bevind hom byna onmiddellik in die pekel. Hy word deur vreemde mans as slaansak gebruik, die polisie wantrou hom en albei meisies gee voor dat hulle op hom verlief is. Een van hulle se soen is egter ’n Judaskus.

Klub 707-reeks

Sy boeke Ook terwyl ek lag, Die kleiskyf, Die derde kant van die sirkel, Vlug van die feniks, Die bangoed van Agan, Die Judaskus, Operasie skaakmat, Dank jou die duiwel en Blindemol is almal deel van die Klub 707-reeks.

Liefdesverhale

In die geur van narsings en Sing weer jou lied vir my (1984) is liefdesverhale. In Sing weer jou lied vir my  sterf Vienna Krogh se ouers in ’n ongeluk en sy erf skatryk, maar hoor die ontnugterende nuus dat sy ’n aangenome kind was. Sy besluit om na haar eie ma te gaan soek en versoek vir Karel Schoeman om haar te help. Karel het haar lief, maar sy behandel hom soos ’n ouer broer. Deur Karel ontmoet sy die losbol Mike Byleveldt, wat besluit om haar te verower. Om dit te doen, moet hy hom soos ’n heer gedra en sy ouers, met al hulle geraamtes in die kas, in bedwang hou. Die verlore ma word opgespoor en dit lei na ’n spannende einde.

Skuilname

Hy skryf ook onder die skuilname Jan Lategan en Koot Kampher. Die swart engel en ’n Knak in die kring is boeke in die Skip Wessels reeks wat hy onder die skuilnaam Jan Lategan skryf. Die rus is elders verskyn ook onder die naam Jan Lategan. Hierin verlaat die ambisieuse Anna Bornman die dorpie Stofdraai om in Johannesburg haar fortuin as model te gaan soek, maar sy loop sommer dadelik in die moeilikheid in. Sy kry losies in ’n jeugherberg, maar vind gou uit dat dit meer van ’n bordeel is. Wanneer die polisie ’n klopjag uitvoer, probeer sy wegsluip, maar die polisie sien haar. Die onbekende George Bosman verklaar egter aan die polisie dat hulle met mekaar uitgaan en hy neem haar na tant Bets se huis vir herberg, help haar om werk te kry as model, tree op as haar bestuurder en sorg dat sy ’n baie goeie salaris kry. Dan vind sy uit dat iemand sonder haar medewete naakfoto’s van haar geneem het en sy word afgepers.

Publikasies

Werke uit sy pen sluit in:

Publikasies Jaar ISBN
Lamprecht
Val van die muntstuk 1972 0628002343
Derde kant van die sirkel (Hugo Storm-reeks) 1973 0628002793
Die skaal in my hand 1973 0628004494
Vierkantige driehoek (Hugo Storm-reeks) 1973 0628003935
Kleiskyf (Hugo Storm-reeks) 1974 0628005695
Waar die meetsnoer val 1974 0628004745
Huurling 1975 0869690418
Nabod se wingerd 1975 0869690531
Plaasvervangers (Hugo Storm-reeks) 1975
Die blinde horlosie 1976 0798602694
Ver blink die reënboog 1976 0799302260
Vlug van die feniks (Dr. Skip Wessels-reeks) 1976
Wat my toebedeel is 1976 0869690644
Duiwelsboom 1977 0628011830
Pion op die blokkiesbord (Dr Skip Wessels-reeks) 1977 0628011350
Voor die winter kom 1977 086969068X
Brug oor die kloof 1978 0868080055
Liefde se skyn 1978 0869690787
Merk van die vlamlelie (Dr Skip Wessels-reeks) 1978
Steekbaard 1978
Volg die somerson 1978
Aasvoëls van die betonwoud 1979 0909067643
Operasie vyfster (Hugo Storm-reeks) 1979 0868080152
Pad enduit 1979 0909067880
Speurders van waterval 1979 0798604441
Sterrebakens 1979 0909067422
Bangoed van Agan (Dr Skip Wessels-reeks) 1980 0628017324
Dom speurder 1980 0868142018
Kat aan die stert 1980 0798110325
Nardusfles 1980 0868140430
Ruwestrand 1980 0868142174
Seeman van die Albatros 1980 0868142433
Sending Kosmos 1980
Silwer van die maan 1980 0868141291
Sondebok 1980 0868030306
Tonnelrowers 1980 0868140473
Vosperd van die Kalahari 1980 0868141410
Môre sonder wolke 1981 086969121X
Oor vyftien rondtes 1981 06282195X
Speurders van waterval 1981 0798607858
Spookhuis van Stormberg 1981 0868142824
Swiep van die Kalahari 1981 086814374X
Tyd van die volmaan 1981 0868144312
Verminker (Dr Skip Wessels-reeks) 1981 0628020678
Anderkant die verste ster 1982 0628023103
Baron vir Stella 1982 0868145858
Dank jou die duiwel (Dr Skip Wessels-reeks) 1982 0628022867
In die geur van narsings 1982 0869691392
Spervalk 1982 0628023235
Ek is ’n kat en my naam is Meneer 1983
Glans van die silwer maan 1983
Luistervink 1983 062900174
Meneer die kat en die bure se brak 1983
Meneer die kat lag die laaste 1983
Somersfontein 1983 0629001766
Wedloop 1983 0798610077
Glans van die silwermaan 1984 0869691643
Heksepot 1984 0628027257
Judaskeuse 1984 0628027354
Judaskus (Hugo Storm-reeks) 1984 0628028539
Ook terwyl ek lag 1984 0628024487
Pluk vir jou 'n blom 1984 0868148679
Sing weer jou lied vir my 1984 0628026420
Steekbaard 1984 0798615087
Vuurvoël 1984
Ghoen keer terug 1985
Gyselaars 1985
Operasie skaakmat 1985 0628029772
Daar’s ’n gat in die grond (Hugo Storm-reeks) 1986
Oom Johnny 1986
Rooi oog van Satan 1986 0628031147
Blindemol 1987 0628032080
Geheim van die neusberg 1987 0628031785
Megawatt-eksperiment 1987
Uitoorlê 1988 0628033044
Ghoen keer terug 1989 0868160644
Glybaan (Hugo Storm-reeks) 1989 0628033966
Henk verdien sy vlerke 1989 0628033907
Oom Johnny 1989 0798629185
Rampie se ark 1989
Sleurstroom 1989
Sonder 'n spoor (Hugo Storm-reeks) 1991 0628034628
Koperperd 1993 0798633794
Baron vir Stella (Grootdruk) 1994 0868145547
Huurling (Grootdruk) 1995 0868127248
Knak in die kring (Grootdruk) (Dr Skip Wessels-reeks) 1996 0868128171
Nabot se wingerd (Grootdruk) 1996 0868128244
Pion op die blokkiesbord (Grootdruk) (Dr Skip Wessels-reeks) 1996 0868129364
Pluk vir jou 'n blom (Grootdruk) 1996 0868128198
Verminker (Grootdruk) (Dr Skip Wessels-reeks) 1996 0868129372
Voor die winter kom (Grootdruk) 1996 0868128236
Operasie Vyfster (Grootdruk) (Hugo Storm-reeks) 1997 1868920542
Sing weer jou lied vir my (Grootdruk) 1997 1868920240
'n Hand vol note 2009 1920036946
Skip aan die kaai 2009 9781920376130
Slang in die gras 2009 1920036962
Koot Kampher
Skaal in my hand 1973 0628004494
Lategan, Jan
Swaai van die boemerang 1973
Rus is elders 1974 0628005830
Swart Engel, Die (Dr Skip Wessels-reeks) 1974 062800656
Knak in die kring (Dr Skip Wessels-reeks) 1975 0628007582
Swart Baron, Die 1976 0869690639
Drie plus drie 1979 868080144
Plaasvervangers (Hugo Storm-reeks) 1996 0868129615

Bronnelys

Tydskrifte en koerante

  • Anoniem. Van rekenmeester tot trefferboek-skrywer. Die Transvaler, 9 Februarie 1984

Verwysings

Tags:

I.d. Lamprecht Lewe en werkI.d. Lamprecht SkryfwerkI.d. Lamprecht PublikasiesI.d. Lamprecht BronnelysI.d. LamprechtAfrikaansSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BelastingRudi ClaaseNedersettingVerkoueJacques LootsEkotoerismeSteenkool in Suid-AfrikaVarkgriepOorstromingSikloonLettergreepProstaatkankerXenofobieMIVHomoniemNoordwesKoperPad na jou hartGroot TrekWinterInternetWinnie Madikizela-MandelaLys van elemente volgens simboolSoweto-opstandWaterstofStam (taalkunde)Swart menseSelfstandige naamwoordLyfstraf in skoleTafelbergJan-Willem BreureEtniese groepAlliterasieLys van Suid-Afrikaanse digtersKinderregteSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Cheslin KolbeGeldLeesMiddelmisbruikElektroniese of digitale mediaKolonialismeJohannes MeintjesOrgasmeJakkalsLys van politieke partye in Suid-AfrikaPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaInflasieJudaïsmeChloorLeierAustraliëNazi-DuitslandCarike KeuzenkampLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKappie (skryfteken)GrondsoorteMaroela MediaAgtervoegselLeestekenLys van chemiese elemente volgens atoomgetalNamibiëGreen PornoMuskietCovid-19-pandemieVolhoubaarheidWolkEienaamEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaDricus du PlessisGoudVlag van Suid-AfrikaWerkersdagBrasiliëWeervoorspellingMiteVars waterGlas🡆 More