Hyundai U-Enjin

Die Hyundai U-enjin is 'n reeks van drie- of viersilinder dieselenjins wat gebou word deur die Hyundai Kia Motorgroep vir hul motoraanwendings.

Hyundai U-Enjin
Hyundai U-Enjin

1.1 L (D3FA)

Die 1.1 L U dieselenjin is 'n 3-silinder weergawe van die 1.5 L U-reekseenheid en word gebou uit 'n gegote ysterblok en aluminium silinderkop met 'n kettinggedrewe DOHC met 4 kleppe per silinder, Bosch gemenedrukbuisbrandstofinspuiting (CRDi), veranderlike geometrie turboaanjaer (VGT) en innamelugkrulbeheer. Boor en slag is 75 mm x 84.5 mm. Dit lewer 'n indrukwekkende 55 kW (74 pk) by 4000 opm en 152 N·m se wringkrag teen 2000 opm. Dit is een van Hyundai se doeltreffendste enjins met 'n verbruik van slegs 4.2 L/100 km (56 mpg), en laat 'n skrale 112 g/km CO2-gas vry. Die enjin sluit ook 'n 1½-enjinorde balanseeras in, gemonteer onder die krukas en gedryf deur heliese ratte om enjinvibrasie te verminder. Dit word tans toegerus in die Kia Picanto, Kia Rio, Hyundai i10 en i20 modelle.

1.4 L (D4FC)

Die 1.4 L U dieselenjin maak gebruik van vier silinders en is gemaak van 'n gegote ysterblok en aluminium silinderkop met 'n kettinggedrewe DOHC met 4 kleppe per silinder, Bosch gemenedrukbuisbrandstofinspuiting (CRDi), vaste geometrie turboaanjaer (FGT) en innamelugkrulbeheer. Dit is 'n korter slag-weergawe van die 1.5 L U-reeks met boor en slag van 75 mm x 79 mm. Dit produseer 55 kW en 220 N·m se wringkrag in die basis Hyundai i20 en i30 GD modelle en 66 kW en 220 N·m se wringkrag in die hoër spesifikasie Hyundai i20 en Kia Rio modelle.

1.5 L (D4FA)

Die 1.5 L U diesel enjin het vier silinders en is gemaak met'n cast iron blok, aluminium silinderkop met 'n  kettingaangedrewe DOHC (4 kleppe per silinder), Bosch gemenedrukbuisbrandstofinspuiting (CRDi), veranderbare geometrie turboaanjaer (VGT) en inname lug krul beheer. Boor en slag is 75 mm x 84.5 mm. Dit produseer 66 kW en 216 N·m wringkrag in die Hyundai Getz en 81 kW teen 4000 opm en 236 N·m se wringkrag teen 2000 opm in die Kia Rio en hoër spesifikasie Hyundai Getz modelle. Sedert sy bekendstelling in 2005 vervang hierdie enjin die VM Motori-gelewerde 1.5 L 3-silinder gemenedrukbuisbrandstofinspuiting diesel wat in die vroeër Hyundai Getz en Accent modelle diens gedoen het en wat merkbaar meer onverfynd was.

1.6 L (D4FB)

Die 1.6-liter U dieselenjin (bekend as die D4FB) van die Žilina Kiafabriek in Slowakye is 'n uitgeboorde weergawe van die 1,5 liter-U-reeksenjin (77.2 mm teenoor 75 mm). Dit is 'n wêreldwye "beste in sy klas" dieselenjin. In 2009 is dit verfyn tot die 1.6 U2 weergawe, met 'n nuwe verplasingsinhoud, en ontwikkel 94 kW en 264 N·m se wringkrag.

Variante

      Aanwendings
  • 1.7 L (D4FD)
      Aanwendings

Verwysings


Tags:

Hyundai U-Enjin 1.1 L (D3FA)Hyundai U-Enjin 1.4 L (D4FC)Hyundai U-Enjin 1.5 L (D4FA)Hyundai U-Enjin 1.6 L (D4FB)Hyundai U-Enjin VarianteHyundai U-Enjin VerwysingsHyundai U-EnjinDieselenjinHyundai MotormaatskappyInlyndriesilinderInlynviersilinder

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Angina pectorisEkonomieKlavierSeksuele opwekkingMuishondAkuutLeesHulpwerkwoordPesachNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMenslike seksuele gedragSosiale mediaHoofstadKonsentrasiekampC. Louis LeipoldtSlaginstrumentKweekhuisgasEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaWet op Bantoe-onderwysInentingArmoedeverligtingKolorektale kankerSelfmoordLys van Kaapstad se voorstedeDikdermGriepWoestynViëtnamoorlogAnale seksHemelvaartsdagDirekte en Indirekte redeMaatskappyVryheidsdagMieliestronkDricus du PlessisVerkleinwoordAkwariumWeeluisKoerantMosesKunselementeChristendomKankerGesondheidLangste woordNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyPapierHannes van WykChris HaniOlimpiese SomerspeleGriekwa-AfrikaansHartversakingSeksMolekuulOmgewingskwessies in Suider-AfrikaStedelike hitte-eilandOogTelevisieHandbalWolfEkostelselMynbedryf van Suid-AfrikaAtoomSekondêre sektor van die ekonomieVakbondJuan Antonio VillacañasHeuningbyStadAfvalbestuurVrouAfrikanersGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGeweldMetaalLys van Afrikaanse digtersRooikat🡆 More