Huis Van Savoje

Die Huis van Savoje (Italiaans: Casa Savoia) is in die vroeë 11de eeu in die geskiedkundige Savoje-streek gestig.

Deur geleidelike uitbreiding het dit gegroei van heersers oor ’n klein land in daardie streek tot eindelik heersers van die Koninkryk van Italië tot aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog.

Huis van Savoje
Huis Van Savoje
Lande Frankryk, Italië, Spanje
Titels Graaf, hertog, koning
Stigter Umberto I
Gestig 1003
Laaste heerser Umberto II
Afsetting 1946
Huidige hoof Amedeo, 5de Hertog van Aosta

Geskiedenis

Die Huis van Savoje het saam met die vrye kommunes van Switserland ontstaan. Die naam kom van die historiese streek Savoje in wat nou Frankryk is.

Die stigter van die huis was Umberto I, Graaf van Saboudië (Umberto I "Biancamano"), (1003–1047 of 1048). Mettertyd het die huis uitgebrei totdat dit oor feitlik die hele Italiaanse skiereiland geheers het. Hul groei en oorlewing was nie vanweë dramatiese oorwinnings nie, maar geleidelike uitbreiding van hul grondgebied deur huwelike en politieke metodes.

Uitbreiding en vooruitgang

Huis Van Savoje 
Graaf Amadeus VII, stigter van die Hertogdom van Savoje.

Teen die tyd dat graaf Amadeus VII in die laat 14de eeu aan die bewind gekom het, het die Huis van Sovoje reeds heelwat uitgebrei en in 1416 het hy die Hertog van Savoje geword. Toe Frankryk Savoje, Piedmont en Italië in 1494 binneval en Napels verower, het die huis na Turyn geskuif waar hulle gebly het tot met die vereniging van Italië.

Toe Emmanuel Philibert in 1553 aan die bewind kom, was die grootste deel van die huis se grondgebied in Franse hande. Hy het aangebied om die Habsburgs te dien in die hoop om sy grond terug te kry. Van 1557 het hy sy grond geleidelik van die Franse en Spanjaarde teruggekry, onder meer die stad Turyn. Hy het die hertogdom se hoofstad van Chambéry na Turyn geskuif en Latyn deur Italiaans vervang as amptelike taal.

Karel Emmanuel II het die uitbreiding voortgesit. Danksy hulp aan die Habsburgs in die Oorlog van die Spaanse Troonopvolging is hy beloon met groot gebiede in Noordoos-Italië en ’n troon in Sisilië.

Die Koninkryk van Italië

Huis Van Savoje 
Umberto II, laaste koning van Italië.

Die troon van Sisilië, die prestige om eindelik konings te wees en die rykdom van die streek het die Huis van Savoje verder versterk en hulle het die Koninkryk van Sardinië gestig. Ná die vereniging van Italië het die Koninkryk van Sardinië in 1861 die Koninkryk van Italië geword.

Ná die Eerste Wêreldoorlog het die ekonomiese toestande in Italië versleg. Fascisme het gegroei en eindelik gelei tot Benito Mussolini se Mars na Rome.

Koning Victor Emmanuel III het besluit om Mussolini te verdra, volgens sy memoires om ’n burgeroorlog te keer. Uiteindelik sou dié besluit slegte gevolge vir Italië en die koninkryk self inhou. Op 28 Oktober 1922 het Victor Emmanuel vir Mussolini as Italiaanse premier aangestel. In 1943 het hy Mussolini vervang met Pietro Badoglio.

Victor Emmanuel het in April 1944 die meeste van die mag aan sy seun kroonprins Umberto oorgegee. Binne ’n jaar het die openbare mening tot gevolg gehad dat ’n referendum gehou is om te kies of Italië ’n koninkryk of republiek moes wees. In die hoop dat dit die stemme positief sou beïnvloed, het Victor Emmanuel op 9 Mei 1946 amptelik geabdikeer. Dit het nie gewerk nie; 54% van die stemme was vir ’n republiek. Die Savoje-familie is gevra om die land te verlaat en hulle is na Egipte. Victor Emmanuel is in 1947 in Aleksandrië dood en is daar begrawe.

Kragtens die Italiaanse grondwet is manlike lede van die Huis van Savoje verbied om Italië binne te kom. Dit is in 2002 verander, maar as deel van die ooreenkoms om terug te keer na Italië, moes Vittorio Emanuele, die laaste aanspraakmaker op die Savoje-troon, afstand daarvan doen.

Huis van Savoje vandag

Vandag is daar twee aanspraakmakers op die leierskap van die Huis van Savoje: die neefs Victor Emmanuel, Prins van Napels, wat aanspraak maak op die titel Koning van Italië, en Amadeo van Savoje wat aanspraak maak op die titel Hertog van Savoje.

Lys van heersers

Grawe van Savoje

Huis Van Savoje 
Wapen van die Graafskap van Savoje.
Huis Van Savoje 
Wapen van die Hertogdom van Savoje.
Huis Van Savoje 
Wapen van die Koninkryk van Sardinië.
Huis Van Savoje 
Wapen van die Koninkryk van Italië.
  • Umberto I : 1003–1047 of 1048
  • Amadeus I : 1048–1051 of 1056
  • Otto : 1051 of 1056–1060
  • Pieter I : 1060–1078
  • Amadeus II : 1060–1080
  • Umberto II : 1080–1103
  • Amadeus III : 1103–1148
  • Umberto III : 1148–1189
  • Thomas I : 1189–1233
  • Amadeus IV : 1233–1253
  • Boniface : 1253–1263
  • Pieter II : 1263–1268
  • Philip I : 1268–1285
  • Amadeus V : 1285–1323
  • Edward I : 1323–1329
  • Aimone : 1329–1343
  • Amadeus VI : 1343–1383
  • Amadeus VII : 1383–1391
  • Amadeus VIII : as Graaf van Savoje 1391–1416

Hertoë van Savoje

  • Amadeus VIII : as Hertog van Savoje 1416–1440
  • Lodewyk : 1440–1465
  • Amadeus IX : 1465–1472
  • Philibert I : 1472–1482
  • Karel I : 1482–1490
  • Karel (II) John Amadeus : 1490–1496
  • Philip II : 1496–1497
  • Philibert II : 1497–1504
  • Karel III : 1504–1553
  • Emmanuel Philibert : 1553–1580
  • Karel Emmanuel I : 1580–1630
  • Victor Amadeus I: 1630–1637
  • Francis Hyacinth : 1637–1638
  • Karel Emmanuel II : 1638–1675
  • Victor Amadeus II : 1675–1720, 1730–1732, as 1ste koning van Sardinië 1720–1730

Konings van Sardinië

  • Victor Amadeus II : 1720–1730
  • Karel Emmanuel III : 1730–1773
  • Victor Amadeus III : 1773–1796
  • Karel Emmanuel IV : 1796–1802
  • Victor Emmanuel I : 1802–1821
  • Karel Felix : 1821–1831

Savoje-Carignano-tak

  • Karel Albert : 1831–1849
  • Victor Emmanuel II : 1849–1861

Konings van Italië

  • Victor Emmanuel II : 1861–1878
  • Umberto I : 1878–1900
  • Victor Emmanuel III : 1900–1946
  • Umberto II : 1946

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

Huis Van Savoje GeskiedenisHuis Van Savoje Huis van Savoje vandagHuis Van Savoje Lys van heersersHuis Van Savoje VerwysingsHuis Van Savoje BronnelysHuis Van Savoje Eksterne skakelsHuis Van Savoje11de eeuItaliaansItaliëLandTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Thys die BosveldklongVakbondSaartjie BaartmanEerste WêreldoorlogRefentse MorakeChris HaniOnderhandelinge om apartheid te beëindigMiteMaatskappyRooikatKappie (skryfteken)LidwoordKletsrymYouTubeBek-en-klouseerOrthopteraMeningsverskil oor aardverwarmingVloeistofLandbouAlliterasieKunsmatige intelligensieNierversakingKrieketMaselsTermietSirkelSeptimius AwardsJo BlackSlawernyLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGalileo GalileiSpringbokLieweheersbesieRacheltjie de BeerDikdermSwawelVrystaatHartversakingBeesvleisVryheid van spraakKlereKReënvalbepalingNasionalismeWetenskaplike klassifikasieWater (molekuul)UniegebouOorstromingSportLys van Joodse feeste en herdenkingsDigvormAkwariumAnrich HerbstTrekarbeidDansKolorektale kankerAustraliëSwartrenosterNedersettingHoenderSikloonDaggaNamibiëWetenskaplike metodeVerkleurmannetjieNederlandsVormGewone breukeSpinnekopLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKookpuntVingerseksWinter🡆 More