Huis Van Plantagenêt

Die Huis van Plantagenêt het van 1154 tot 1485 oor Engeland regeer.

Dit was oorspronklik die Huis van Anjou, ook die Angevyne genoem, en dié het later verdeel in die Huis van Lancaster en die Huis van York.

Huis van Plantagenêt
Wapen van die Huis van Plantagenêt.
Wapen van die Huis van Plantagenêt.
Titels Koning van Engeland
Koning van Frankryk
Lord van Ierland
Prins van Wallis
Graaf van Anjou
Primêre huis Huis van Anjou
Voorganger Huis van Normandië
Opvolger Huis van Tudor
Stigter Hendrik II
Laaste heerser Richard III

Die dinastie het ook Wallis en Ierland verower en oor groot dele van Frankryk regeer: Normandië, Akwitanië, Maine, Anjou, Touraine, Gascogne en Saintonge. Koning Jan Sonder Land het egter al sy Franse grondgebied in die Honderdjarige Oorlog verloor; in 1453 was net Calais nog in Engelse hande.

Die naam Plantagenêt is nie deur die dinastie se eerste konings gebruik nie. Richard van York, die pa van Eduard IV en Richard III, was die eerste monarg wat dit gebruik het, vanaf c. 1448. Dit is afgelei van Planta genesta, die Latynse naam vir die brem-plant. Dit was die bynaam van die huis se stamvader, Godfried V van Anjou, wat glo die gewoonte gehad het om ’n bremtakkie op sy hoed te dra.

Geskiedenis

Godfried V, die Graaf van Anjou, het met Matilda, dogter en erfgenaam van die Engelse koning Hendrik I getrou. Ná Hendrik se dood in 1135 is Stefanus van Blois egter tot koning van Engeland gekroon. Dit het tot ’n burgeroorlog gelei. Matilda het Engeland in 1139 binnegeval en Stefanus in 1141 verslaan. Hy is gedwing om Hendrik, die seun van Matilda en Godfried, as sy erfgenaam te erken. So het Hendrik na Stefanus se dood in 1154 die troon bestyg as Hendrik II, die eerste Plantagenêt-koning van Engeland.

Aan die einde van die 14de eeu het die huis verdeel in twee takke, die Huis van York en die Huis van Lancaster, wat slaags geraak het oor die troon tydens die Rose-oorlog.

In 1461 is die Rose-oorlog beëindig en het die Huis van Tudor aan die bewind gekom toe Hendrik VII Richard III verslaan het. Hendrik VII het egter van moederskant afgestam van Jan van Gent, die vierde seun van Eduard III, en het dus die Plantagenêt-lyn indirek voortgesit.

Konings van die Huis van Plantagenêt

Angevyne

Monarg Portret Gebore Huwelik Oorlede
Hendrik II
(Henri Court-mantel)
19 Desember
1154–1189
Huis Van Plantagenêt  5 Maart 1133
Le Mans
seun van Geoffrey van Anjou en Matilda
Eleanor van Aquitanië
Bordeaux-katedraal
18 Mei 1152
agt kinders
6 Julie 1189
Château Chinon
op 56. Begrawe in Fontevraud-abdy
Hendrik die Jong Koning
(Henri le Jeune Roy)
(mederegent met sy pa)
14 Junie
1170–1183
Huis Van Plantagenêt  28 Februarie 1155

seun van Hendrik II en Eleanor van Aquitanië

Marguerite van Frankryk
Winchester-katedraal
27 Augustus 1172
een kind
11 Junie 1183
Martel, Limoges
op 28. Begrawe in Rouen-katedraal (Notre-Dame)
Richard I
(Richard die Leeuehart)
3 September
1189–1199
Huis Van Plantagenêt  8 September 1157
Beaumont-paleis
seun van Hendrik II en Eleanor of Aquitanië
Berengaria van Navarre
Limassol
12 Mei 1191
geen kinders
6 April 1199
Chalus
op 41. Begrawe in Rouen-katedraal. Liggaam in Fontevraud-abdy
Jan
(Jan Sonder Land)
27 Mei
1199–1216
Huis Van Plantagenêt  24 Desember 1167
Beaumont-paleis
seun van Hendrik II en Eleanor van Aquitanië
(1) Isabel van Gloucester
Marlborough-kasteel
29 Augustus 1189
geen kinders

(2) Isabella van Angoulême
Bordeaux-katedraal
24 Augustus 1200
vyf kinders

19 Oktober 1216
Newark-kasteel
op 48. Begrawe in Worcester-katedraal
Hendrik III
(Hendrik van Winchester)
28 Oktober
1216–1272
Huis Van Plantagenêt  1 Oktober 1207
Winchester-kasteel
seun van Jan en Isabella van Angoulême
Eleanor van Provence
Kantelberg-katedraal
14 Januarie 1236
nege kinders
16 November 1272
Westminster-paleis
op 65
Eduard I
20 November
1272–1307
Huis Van Plantagenêt  17 Junie 1239
Westminster-paleis
seun van Hendrik III en Eleanor van Provence
(1) Eleanor van Kastilië
Abdy van Santa Maria la Real de Huelgas
18 Oktober 1254
17 kinders

(2) Marguerite van Frankryk
10 September 1299
drie kinders

7 Julie 1307
Burgh by Sands
op 68
Eduard II
7 Julie 1307
25 Januarie 1327
Huis Van Plantagenêt  25 April 1284
Caernarfon-kasteel
seun van Eduard I en Eleanor van Kastilië
Isabella van Frankryk
Boulogne-katedraal
25 Januarie 1308
vyf kinders
21 September 1327
Berkeley-kasteel
op 43 (vermoor)
Eduard III
25 Januarie
1327–1377
Huis Van Plantagenêt  13 November 1312
Windsor-kasteel
seun van Eduard II en Isabella van Frankryk
Philippa van Hainault
York Minster
24 Januarie 1328
14 kinders
21 Junie 1377
Sheen-paleis
op 64
Richard II
21 Junie 1377
29 September 1399
Huis Van Plantagenêt  6 Januarie 1367
Bordeaux
seun van Eduard die Swart Prins en Joan van Kent
(1) Anne van Boheme
14 Januarie 1382
geen kinders

(2) Isabella van Valois
Calais
4 November 1396
geen kinders

14 Februarie 1400
Pontefract-kasteel
op 33

Huis van Lancaster

Dié huis stam af van Eduard III se derde oudste oorlewende seun, John van Gaunt.
Monarg Portret Gebore Huwelik Oorlede
Hendrik IV
(Hendrik Bolingbroke)
30 September
1399–1413
Huis Van Plantagenêt  3 April 1366/7
Bolingbroke-kasteel
seun van John van Gaunt en Blanche van Lancaster
(1) Mary de Bohun
Arundel Castle
27 Julie 1380
sewe kinders

(2) Joanna van Navarre
Winchester-katedraal
7 Februarie 1403
geen kinders

20 Maart 1413
Westminster-abdy
op 45 of 46
Hendrik V
20 Maart
1413–1422
Huis Van Plantagenêt  9 Augustus 1387 (of 16 September)
Monmouth-kasteel
seun van Hendrik IV en Mary de Bohun
Catherine van Valois
Troyes-katedraal
2 Junie 1420
een seun
31 Augustus 1422
Château de Vincennes
op 35
Hendrik VI
31 Augustus 14224 Maart 1461
Huis Van Plantagenêt  6 Desember 1421
Windsor-kasteel
seun van Hendrik V en Catherine van Valois
Margaret van Anjou
Titchfield-abdy
22 April 1445
een seun
21 Mei 1471
Londense Tower
op 49 (vermoor)

Huis van York

Die Huis van York stam af van Edmund van Langley, 1ste Hertog van York, die vierde oudste oorlewende seun van Eduard III.

Monarg Portret Gebore Huwelik Oorlede
Eduard IV
4 Maart 14612 Oktober 1470
Huis Van Plantagenêt  28 April 1442
Rouen
seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville
Elizabeth Woodville
Grafton Regis
1 Mei 1464
tien kinders
9 April 1483
Westminster-paleis
op 40

Huis van Lancaster (herstel)

Monarg Portret Gebore Huwelik Oorlede
Hendrik VI
2 Oktober 147011 April 1471
Huis Van Plantagenêt  6 Desember 1421
Windsor-kasteel
seun van Hendrik V en Catherine van Valois
Margaret van Anjou
Titchfield-abdy
22 April 1445
een seun
21 Mei 1471
Londense Tower
op 49 (vermoor)

Huis van York (herstel)

Monarg Portret Gebore Huwelik Oorlede
Eduard IV
11 April 14719 April 1483
Huis Van Plantagenêt  28 April 1442
Rouen
seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville
Elizabeth Woodville
Grafton Regis
1 Mei 1464
tien kinders
9 April 1483
Westminster-paleis
op 40
Eduard V
9 April25 Junie 1483
Huis Van Plantagenêt  2 November 1470
Westminster
seun van Eduard IV en Elizabeth Woodville
ongetroud c. 1483
Londen
op sowat 12 (vermoor)
Richard III
26 Junie
1483–1485
Huis Van Plantagenêt  2 Oktober 1452
Fotheringhay-kasteel
seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville
Anne Neville
Westminster-abdy
12 Julie 1472
een seun
22 Augustus 1485
Bosworth Field
op 32 (in ’n geveg)

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

  • Blockmans, Wim; Hoppenbrouwers, Mark (2014). Introduction to Medieval Europe, 300–1500 (2nd uitg.). Routledge. ISBN 978-1-317-93425-7.
  • Carpenter, David (2007). "King Henry III and Saint Edward the Confessor: The Origins of the Cult". English Historical Review. CXXII (498): 865–891. doi:10.1093/ehr/cem214. JSTOR 4493985.
  • Davies, C. S. L. (1977). Peace, Print & Protestantism 1450–1558. Hart-Davis, McGiven. ISBN 978-0-00-686354-0.
  • Davies, Norman (1997). Europe – A History. Pimlico. ISBN 0-7126-6633-8.
  • Barratt, Nick (2003). "The Revenues of King John and Philip Augustus Revisited". In Church, S. D. (red.). King John: New Interpretations. Boydell & Brewer Ltd. ISBN 978-0-85115-947-8.
  • Bent, Samuel Arthur (1887). Familiar Short Sayings of Great Men, with Historical and Explanatory Notes by Samuel Arthur Bent. Ticknor and Co.

Eksterne skakels

Tags:

Huis Van Plantagenêt GeskiedenisHuis Van Plantagenêt Konings van die Huis van PlantagenêtHuis Van Plantagenêt Sien ookHuis Van Plantagenêt VerwysingsHuis Van Plantagenêt BronnelysHuis Van Plantagenêt Eksterne skakelsHuis Van Plantagenêt11541485EngelandHuis van LancasterHuis van York

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KunsmisOnomatopeeAprilKonsentrasiekampVermontMynbouMisdaadromanRassisme in AfrikaCSSRicus NelGoudDemokratiese Republiek die KongoMuskietPomeloBetonKrimpvarkieApostelPesachDie GelofteViëtnamoorlogVryheidsdagSebraGemeenskapsorganisasieStres in hoërskoolHeelgetalHamerkopToestand van materieLetterlike en figuurlike taalgebruikMaagJavaScriptUniegebouCleopatra VIIPaasfeesDierCheslin KolbeLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesHerfsHondRobbie WesselsPaddaMusiekEreksieKweekhuiseffekOrgasmeRugbyPornografieMiskruierJohannesburgSaartjie BaartmanFosforRenteMieliestronkKinderregteKoorsNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaDoelwitLys van veltoestandeWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaGroot TrekKrapKuberkrakerInfeksieArmoedeverligtingVergelykings (taalkunde)KompasWaarheid-en-versoeningskommissieSpysverteringstelselMunhwa Broadcasting CorporationAnale kankerVrymesselaryVratNederduitsch Hervormde KerkNasionalisme🡆 More