Hugo Chávez

Hugo Chávez (28 Julie 1954 – 5 Maart 2013) was 'n Venezolaanse politikus en die president van Venezuela vanaf 1999 tot sy dood in 2013.

Hy was die leier van die Vyfde Republiek Beweging sedert die stigting daarvan in 1997 tot 2007, waarna dit saam met ander partye saamgesmelt het om die Verenigde Sosialistiese Party van Venezuela (PSUV) te vorm. Hy was die leier van die PSUV tot in 2012.

Hugo Chávez
Hugo Chávez
Hugo Chávez in 2010.

President van Venezuela
Ampstermyn
2 Februarie 1999 – 5 Maart 2013
Vise Julián Isaías Rodríguez Diaz (Januarie–Desember 2000)
Adina Bastidas (2000–2002)
Diosdado Cabello (Januarie–April 2002)
José Vicente Rangel (2002–2007)
Jorge Rodríguez (2007–2008)
Ramón Carrizales (2008–2010)
Elías Jaua (2010–2012)
Nicolás Maduro (2012–2013)
Voorafgegaan deur Rafael Caldera
Opgevolg deur Nicolás Maduro

Persoonlike besonderhede
Gebore 28 Julie 1954
Sabaneta, Venezuela
Sterf 5 Maart 2013
Caracas, Venezuela
Politieke party Vyfde Republikeinse Beweging (1997–2007)
Verenigde Sosialistiese Party (2007–2013)
Eggenoot/-note Nancy Colmenares (geskei)
Marisabel Rodríguez (geskei)
Alma mater Militêre Akademie van Venezuela
Handtekening Hugo Chávez

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Venezuela Venezuela
Diens/Tak Venezolaanse weermag
Rang Hugo Chávez Luitenant-kolonel

Biografie

Hugo Rafael Chávez Frías is op 28 Julie 1954 in Sabaneta, Barinas gebore. Hy sluit by die weermag aan en stig later die geheime organisasie MBR-200, omdat hy ontevrede met die land se politieke stelsel was. As leier van MBR-200 loods hy in 1992 'n onsuksesvolle staatsgreep teen die regering van president Carlos Andres Peres, waarvoor hy in die tronk beland.

Na sy vrylating stig hy 'n sosialistiese politiese party, die Vyfde Republiek Beweging en word in 1998 as presedent van Venezuela verkies. Hy is in 2000 en 2006 tydens sy land se presidensiële verkiesings herverkies. In Oktober 2012 wen hy die verkiesing vir 'n vyfde keer, maar die inhuldiging op 10 Januarie 2013 moes uitgestel word omdat hy vir mediese behandeling in Kuba was en tyd nodig gehad het om te herstel.

Hy is op 5 Maart 2013 as gevolg van kolorektale kanker en respiratoriese versaking oorlede. Hy het sedert Junie 2011 teen kanker baklei. Hy word deur sy drie dogters en een seun oorleef.

Chávez was 'n omstrede en verdelende figuur, tuis sowel as in die buiteland. Hy het soms ondiplomaties na ander wêreldleiers verwys en het per geleentheid die Amerikaanse president George Bush met 'n donkie en die duiwel vergelyk.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1954201328 Julie5 MaartVenezuela

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfkortingHoofstadLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameSuiwelprodukKakiebosPaasfeesAardedagBelvidere Holy Trinity-kerkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024TennisAborsieKewerBloedvergiftigingIsraelPersEnsiklopedieRugbyReddingskakeRekenaarAntoniemIngenieursweseAppel (sanger)GroepsgebiedewetAnilingusOrthopteraRenaissanceSowjetunieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaRooilipslangParkinson se siekteOseaanLeonardo da VinciDiskriminasieTafeltennisPoesNuwe TestamentWalt DisneyPikkewynArmoedeKrapVleilandErns GrundlingKaapstadBevolkingCristiano RonaldoFisioterapieSeksuele penetrasieGalblaasLionel PetersonGalileo GalileiMuskietMenslike skeletHondHoofpynNiersteenEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse GrensoorlogProvinsies van Suid-AfrikaKasteel die Goeie HoopMaroela MediaHemelvaartMensGemeenskapsorganisasieMiddelmisbruikPolisieLys van Afrikaanse rolprenteHibernasieNazi-DuitslandGevolge van aardverwarming op oseaneVerfLiefdeIranKhoikhoiOos-KaapIdioom🡆 More