Die Horingdraers (Bovidae) is die grootste familie van ewehoewige soogdiere.
Daar is byna 140 spesies en 8 subfamilies in die familie. Dit sluit beeste, bokke, skape en wildsbokke in. Die familie het sowat 20 miljoen jaar gelede in die vroeë Mioseen-tydperk ontstaan.
Bovidae | |
---|---|
'n Swartwitpens | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Bovidae Gray, 1821 |
Subfamilies | |
Bovinae |
Die familie is wyd verspreid en kom oor al die vastelande van die Aarde, behalwe in Suid-Amerika, Australië en Antarktika voor. Die meeste spesies kom in Afrika voor, maar ook in Asië, terwyl enkele spesies in Europa en Noord-Amerika aangetref word.
Die mees opvallende eienskap van die familie is die onvertakte horings met 'n kern van beenweefsel wat met 'n laag keratien bedek is. By sommige spesies het slegs die bulle horings, by ander het die koeie kleiner horings.
Hulle is almal herkouers, met 'n dubbele maag om plantegroei te kan verteer.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Horingdraers, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.