Homo Ergaster

Homo ergaster (werkende man) of Homo erectus uit Afrika is ’n uitgestorwe spesie van Homo wat tydens die vroeë Pleistoseen, tussen 1,8 miljoen en 1,3 miljoen jaar gelede, in Oos- en Suider-Afrika geleef het.

Homo ergaster
Tydperk: Pleistoseen, 1.8–1.3 m. jaar gelede
Homo Ergaster
Die skedel KNM-ER 3733, wat in 1975 in Kenia ontdek is.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. ergaster
Binomiale naam
Homo ergaster
(Colin Groves en Vratislav Mazák, 1975)

Daar is nog onenigheid oor die klassifikasie H. ergaster, maar daar word nou algemeen aanvaar dat dit die direkte voorouer van latere hominiede soos Homo heidelbergensis, Homo sapiens en Homo neanderthalensis was, asook van die Asiatiese Homo erectus.

Dit is een van die vroegste spesies van die genus Homo. Óf dit is ’n voorouer van Homo erectus óf dit deel ’n voorouer daarmee. Sommige paleoantropoloë beskou dit bloot as die Afrika-weergawe van H. erectus; dit het gelei tot die term "Homo erectus sensu stricto" vir die Asiatiese H. erectus en "Homo erectus sensu lato" vir die groter spesie wat beide die Afrika-weergawe (H. ergaster) en die Asiatiese weergawe insluit.

Onlangse menings is selfs dat al vier tydgenote van die vroeë Homo in Afrika – Homo habilis, Homo rudolfensis, Homo ergaster en Homo erectus – almal dieselfde spesie is, wat verkieslik Homo erectus genoem moet word en wat sowat 2 miljoen jaar gelede in Afrika ontwikkel het en deur Eurasië versprei het, tot by China en Java.

Ontdekking

Die Suid-Afrikaanse paleoantropoloog John T. Robinson het die eerste kakebeen van ’n nuwe hominied in 1949 in Suider-Afrika ontdek en dit Telanthropus capensis genoem, hoewel dit nou beskou word as ’n lid van Homo ergaster. Laasgenoemde naam is die eerste keer deur Colin Groves en Vratislav Mazák gebruik vir KNM ER 992, ’n kakebeen wat in 1975 naby die Turkanameer in Kenia ontdek is – dit het die tipevoorbeeld geword van die spesie. Die volledigste skelet van H. ergaster (en die volledigste van alle uitgestorwe hominiede), die Turkana-seun, is in 1984 by dié meer ontdek deur Kamoya Kimeu en Alan Walker. Dit is 1,6 miljoen jaar oud.

Verwysings

Bronne

  • Deacon, Terrence W. (1998). The Symbolic Species: The Co-evolution of Language and the Brain. W.W. Norton & Company. ISBN 0-393-03838-6.
  • Leakey, Richard (1 September 1992). Origins Reconsidered. ISBN 0-385-41264-9.
  • Ruhlen, Merritt (1994). The origin of language: tracing the evolution of the mother tongue. New York: Wiley. ISBN 0-471-58426-6.
  • Shreeve, James (1995). The Neandertal Enigma: Solving the Mystery of Modern Human Origins. Harper Perennial. ISBN 0-670-86638-5.
  • Tattersall, Ian; Schwartz, Jeffrey (2000). Extinct Humans. Boulder and Cumnor Hill: Westview Press. ISBN 0-8133-3482-9.
  • Wood, Bernard; Collard, Mark (2001). "The Meaning of Homo". Ludus Vitalis. 9.

Eksterne skakels

Tags:

Homo Ergaster OntdekkingHomo Ergaster VerwysingsHomo Ergaster BronneHomo Ergaster Eksterne skakelsHomo Ergaster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NatuurrampAnale seksDuitslandGoudKoperKonflik (proses)BlourokkeAfvalbestuurSlag van BloedrivierReënSpinnekopKaartWikiquoteOorstromingEreksieC. Louis LeipoldtBestaansboerderyKondensasieEerste WêreldoorlogFrankrykSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024ProstaatklierLys van chemiese elemente volgens atoomgetalPlantVolhoubaarheidOogproblemeKlimaatveranderingSirkelSkildklierFotosinteseDroomBrongitisOorkruipersHokkieDeelteken en umlautNetbalSpelerposisies in rugbyManie LibbokVoortrekkersOlimpiese SpeleGroepsgebiedewetWitbloedselHemelBesemWieg van die MensdomTweede WêreldoorlogJudaïsmeInligtingHaasBernice WestSkaapKatoenGeslagRoofvoëlStilleweSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureFanie ViljoenHartaanvalAardverwarmingKarooWaterstofStadSamestellingZoeloesPapegaaieMiltHorlosieVleilandMIVDolfynTatoeëermerkMolekuulLys van Afrikaanse skrywersJohannes HahnChris HaniGeskiedenis van erotiese afbeeldingsTekstielBrein🡆 More