Hoefyster

'n Hoefyster is 'n mensgemaakte produk, ontwerp om 'n perd se hoef te beskerm teen slytasie.

Dit word gewoonlik van metaal vervaardig, maar soms gedeeltelik of in sy geheel van moderne sintetiese materiale. Hoefysters word op die plat oppervlakke van die hoewe aangeheg, gewoonlik vasgespyker deur die onsensitiewe hoefmuur (wat anatomies soortgelyk is aan die menslike toonnael, hoewel baie groter en dikker).

Hoefyster
Moderne hoefysters van staal word vasgespyker deur die onsensitiewe hoefmuur.

Hoefsmid

Die pas van hoefysters is 'n professionele beroep, wat deur 'n hoefsmid beoefen word. Hy spesialiseer in die voorbereiding van hoewe, ondersoek potensieel verlammende kwessies, en pas gepaste skoene, insluitend remediërende funksies waar nodig. In sommige lande, soos die Verenigde Koninkryk, word die pas van hoefysters wetlik beperk tot mense met spesifieke kwalifikasies en die nodige ondervinding. In die Verenigde State egter, waar professionele lisensiëring nie wetlik vereis word nie, verskaf professionele organisasies sertifiseringsprogramme wat gekwalifiseerde individue in die openbaar identifiseer.

Soorte ysters

Hoefysters is beskikbaar in 'n wye verskeidenheid van materiale en style ontwikkel vir verskillende tipes perde en vir die werk wat hulle doen. Die mees algemene materiale is staal en aluminium, maar gespesialiseerde hoefysters kan gebruik maak van rubber, plastiek, magnesium, titaan of koper. Staal word in ruitersport verkies waar 'n sterk, duursame skoen nodig is, soos polo, driegangitems, perdespring, en "westerns". Aluminiumskoene is ligter en veral geskik vir perdewedrenne, waar 'n ligter skoen verlang word. Dikwels fasiliteer sekere tipes hoefysters die gewenste beweging, so bevoordeel dit die dissipline van dressuur. Sommige hoefysters het uitsteeksels op die tone of hakke van die skoen, of beide, om bykomende vastrap aan die perd te verleen.

Hoefyster 
'n Verskeidenheid van hoefysters, insluitend aluminiumrenskoene (lig gekleur).

As 'n gelukbringer

Daar word gesê dat 'n hoefyster wat as 'n deurbehangsel aangebring is, goeie geluk aan die huisbewoners bring. Sommige mense glo dat deur dit op te hang met die punte wat na boontoe wys goeie geluk bring, want dit dien as 'n stoorhouer vir enige goeie geluk: terwyl deur dit op te hang met die punte wat af wys, bring slegte geluk want al die geluk sal uitval. Ander glo dat die hoefyster op die ander manier gehang moet word (met die punte wat af wys), want dit sal dan die geluk aan die mense rondom dit vrystel. 'n Gestileerde variasie van die hoefyster word gebruik vir 'n gewilde gooispel: "Hoefysters".

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Hoefyster HoefsmidHoefyster Soorte ystersHoefyster As n gelukbringerHoefyster VerwysingsHoefysterMetaalPerd

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Covid-19-pandemie in Suid-AfrikaBreinvliesontstekingKunsmisLys van politieke partye in Suid-AfrikaBeurtkragGeografie van Suid-AfrikaJavaScriptValentynsdagDemokratiese Republiek die KongoPolisieNederduitse Gereformeerde KerkKletsrymJaco JacobsPaasfeesOnderwys in Suid-AfrikaBrongitisKrimpvarkieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaXenofobieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereVulvaEmfiseemKomplementêre kleureRepubliek van Zoid AfrikaWaterkringloopEkonomiese sektorSwangerskapBeesLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesAfrikaanse TaalmonumentProteïenPlae van EgipteVermontNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHulpwerkwoordBraaiRuan PienaarGautengVigsNelson MandelaSuikersiektePornhubAfleiding (taalkunde)Vraag en aanbodTierWiskundeKaapstadNemunasPikkewynRenosterKlimaatsverandering in Suid-AfrikaManie JacksonNiemetaalDie GelofteVarkHartaanvalLikkewaanOvulasieJode in Suid-AfrikaSeksuele penetrasieNarsismeIdioomPseudowetenskapKookpuntPerdReg tot ‘n gesonde omgewingEl (lengtemaat)BetonVersamelnaamWerkersdagMierA🡆 More