Hoërskool Voortrekker, Boksburg

Die Hoërskool Voortrekker is 'n sekondêre staatskool in die Oos-Randse stad Boksburg, wat onderrig deur medium van Afrikaans sowel as Engels bied aan leerders van gr.

8 tot 12. Dit was in Januarie 1920 die eerste Afrikaansmedium-hoërskool aan die Rand.

Hoërskool Voortrekker
Hoërskool Voortrekker, Boksburg
Leuse Vorentoe
Gestig 1920
Tipe Openbare Hoërskool
Hoof MP van Heerden (1 Julie 1993)
Personeel 92
Leerlinge 700+
Grade 8-12
Stad Boksburg
Provinsie Gauteng
Land Suid-Afrika
Kleure Blou, groen en geel
Koshuis(e) Retief, Potgieter, Pretorius
Webblad www.voortrekkerhs.co.za

Die Britte se verskroeideaardebeleid het tot gevolg gehad dat duisende wanhopige Afrikaners ná die Driejarige Oorlog na die Witwatersrand gestroom het om op die goud- en steenkoolmyne te werk. Ná die oorlog het ds. Jimmy Louw van die NG gemeente Boksburg (die eerste NG gemeente aan die Oos-Rand) ’n veldtog begin vir die stigting van die eerste Afrikaansmedium-hoërskool aan die Rand. Die Hoërskool Voortrekker is begin deur ’n groep ouers, onder Louw se leiding, wat wou toesien dat hul kinders hul skoolloopbaan enduit in hul moedertaal kon deurloop.

In 1918 het die Oos-Randse Skoolraad ’n lewensvatbaarheidstudie uitgevoer om te bepaal of daar genoeg Afrikaanse leerders bo st. 5 was om ’n Afrikaansmedium te regverdig. Dié ondersoek het die behoefte aan ’n Afrikaanse sekondêre skool bevestig. Danksy Louw se onvermoeide ywer is die Oosrandse Hollandse Medium Hoërskool op 29 Januarie 1920 gestig. Dit het begin op ’n perseel langs die Boksburgmeer met 67 leerders en ses onderwysers. Aan die begin van die derde kwartaal van 1920 is dit herdoop tot Hoërskool Voortrekker.

Dié skool moes weens verskeie redes in 1999 dubbelmedium word.

Bronne

Tags:

AfrikaansBoksburgEngelsOos-Rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloukransrivierbrugInligtingOrganisasie sonder winsoogmerkAfrikanersBegrotingSuid-AfrikaWoestynMIVSpierJagluiperdMIV/vigs in Suid-AfrikaWindpompOrganiese molekulesAssimilasie (taalkunde)SelJakkalsSally EsterhuizenOogproblemeSpringbokkeEienskappe van binêre bewerkingsNadine BlomReële getalIngenieursweseDramaPablo PicassoTafelbergBysteekIslamitiese kalenderOraniaStresSamelewingWitrenosterKlierSelfbeeldEkostelselTydbestuurDeelwoordVincent van GoghGewone tarentaalWebwerfNoordelike HalfrondVigsKoos du PlessisDuitslandLiggaamlike OpvoedingSavanneSelfkonsepRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Lika BerningSavanne-olifantMaanOnderwysGeografiese inligtingstelselBloukraanvoëlKollegeBorsJo BlackMosesMuggieVakwerkboogbrugSeksPeriodieke tabelKaartNarsismeAfrikaanse woordelys en spelreëlsGeslagsgelykheidSprokie7de LaanTswanasIronieOos-KaapNierversakingAssonansieAtletiekGholfEngels🡆 More