Hoërskool Langenhoven

Hoërskool Langenhoven is 'n hoërskool in Pretoria.

Dit is in Paul Krugerstraat geleë, teen die berg, oorkant die Nasionale Dieretuin. Dit is op 'n ou ashoop gebou, en daar word ook soms skertsenderwyse na die skool as die "ashoopskool" verwys. Hoërskool Langenhoven beskik oor akademiese-, tegniese-, en praktiese rigtings.

Geskiedenis

Die Hoërskool Langenhoven is een van die oudste skole in Pretoria. Dit is in 1885 gestig en was aanvanklik bekend as De West Eind School met Nederlands as onderrigtaal. Na die Anglo-Boereoorlog, in die tydperk tussen 1902 en 1917 is die meeste skole gedwing om in Engels onderrig te gee maar De West Eind School is toegelaat om voort te gaan in Nederlands.

In 1914 het dit een van die eerste skole geword om Afrikaans te gebruik. In 2002 het die skool oorgeskakel na parallelmedium met Afrikaans en Engels as onderrigtale.

In 1936 is die skool se naam verander na Die Hoërskool Langenhoven. Dit is vernoem na die Afrikaanse skrywer en politikus, C.J. Langenhoven, wie se pogings bygedra het tot die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal van graad 1 tot standerd 4, en die erkenning van Afrikaans as een van die amptelike tale in 1925.

In 1910 het die skool na 'n nuwe gebou verhuis op die hoek van Pretorius- en Potgieterstraat, maar in die 1950's kon die gebou en skoolterrein nie bybly met die toename in leerlingtal nie. In 1957 het die skool na die huidige geboue en terrein verhuis. Ná 'n oorgangstyd sedert 1995 van eers dubbel- en toe parallelmediumonderrig, is die skool se onderrigmedium sedert 2010 Engels, met Afrikaans as eerste addisionele taal.

Tegniese rigting

In 1974 is vir die eerste keer tegniese vakke aangebied. Destyds was mnr. Belling die hoof van die tegniese afdeling.

Voormalige skoolhoofde

  • Mnr Rautenbach
  • Mnr Leon de Beer
  • Mnr Willie JH Kahts
  • Me JE De La Port
  • Me C O'Neil (Huidige skoolhoof)

Skoollied

Die skool se skoollied:

Kinders van die Trekkergees
Laat ons leuse ons wagwoord wees:
Ons vir jou Suid-Afrika!

Trou aan God en ideaal,
Aan ons naaste volk en taal
Ons vir jou Suid-Afrika!

Kom Langenhoven Hoërskool
Hou hoog jou naam en dra
Jou donkerblou en goue vaandel
Oor groot Suid-Afrika.

Children of a brand new day
Rising up to show the way
We are proud South Africans!

True to God and fellow man
Trying to be the best we can
Hear our call South Africa!

Come Langenhoven High school
Stand proud in who you are
And carry the blue and gold
Across South Africa

Bekende alumni

Eksterne skakels

28°11′13″O / 25.733165°S 28.186889°O / -25.733165; 28.186889

Tags:

Hoërskool Langenhoven GeskiedenisHoërskool Langenhoven Tegniese rigtingHoërskool Langenhoven Voormalige skoolhoofdeHoërskool Langenhoven SkoolliedHoërskool Langenhoven Bekende alumniHoërskool Langenhoven Eksterne skakelsHoërskool LangenhovenNasionale Dieretuin van Suid-AfrikaPaul KrugerstraatPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TydsoneKlein-KarooGroepsdrukVrystaatPornografiese subgenresKoolstofdioksiedOnderwysErosieAustraliëRekenaarKolitisKoorsblaarSydneyAnglisismeJagluiperdEkonomieRina HugoHoofstadPaddaWitbloedselLys van Suider-Afrikaanse soogdiereImmunologieCounter-Strike 2OrgasmeGewasboerdery in Suid-AfrikaLys van Afrikaanse televisiereekseLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierMiljardNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaVoortrekkermonumentAngolese BurgeroorlogMenslike skeletRamsar-vleilande in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)TydEkonomiese sektorWhatsAppByBeesHemelvaartsdagYouTubeGemeenskapsorganisasieDrakensbergePenisMetafoorPoësieJeuksiekteChemiese verbindingPersoonlike voornaamwoordVroueregteRooikatArabies-Israeliese konflikRenosterPerdAppel (sanger)SpinnekopFiela se kind (rolprent)DiarreeDroogteTweede WêreldoorlogHindoeïsmeNasionale PartyVlag van Suid-AfrikaSpringbokkeKarooByvoeglike naamwoordSkrywerKitaarGoudWaterbesparing in Suid-AfrikaDeelwoordD.J. OppermanKolonoskopieSonkragNier🡆 More