Hlumelo Biko

Hlumelo Biko (1978-) is ’n Suid-Afrikaanse sakeman en beleggingsbankier, en skrywer van The Great African Society.

Hy is die seun van Steve Biko en Mamphela Ramphele.

Hlumelo Biko
Biko (2022)
GeboreJanuarie 1978
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepBankier, sakeman
Ouer(s)Steve Biko
Mamphela Ramphele

Beknopte biografie

Hlumelo Biko is in Januarie 1978 gebore. Sy ma was vyf maande swanger toe sy verneem dat Steve Biko, met wie sy 'n verhouding gehad het, in polisie-aanhouding oorlede is. Sy het hom "Hlumel" genoem, wat in Xhosa die "loot van 'n boom" beteken.

Biko het 'n B.A. in Geskiedenis en Politiek aan die Universiteit van Kaapstad, en 'n Meesters in Internasionale Sake- en Regeringsverhoudings van Georgetown Universiteit verwerf. In 1998 het hy vir die Wêreldbank in Washington, DC gewerk.

Biko en Ramphele het die beleggingsmaatskappy Circle Capital in 2005 gestig. Biko was die hoof uitvoerende beampte van Circle Capital. In 2008 noem Bespoke Magazine hom "die dryfkrag agter 'n multi-miljoen Rand se swart bemagtigingsmaatskappy... een van Suid-Afrika se mees boeiende bemagtigingvoertuie".

Biko is 'n uitvoerende voorsitter van 'n kapitaalgroei-georiënteerde beleggingfirma, genaamd Spinnaker Growth Partners. Voor dit het hy 'n suksesvolle waagkapitaalmaatskappy, genaamd Circle Capital Ventures bestuur, wat R100 miljoen oor 8 jaar in 8 transaksies belê het, en 'n opbrengs van R1,6 miljard gelewer het.

Hy is ook 'n toegewyde filantroop wat ontluikende klein en medium besighede ondersteun, en as die vise-voorsitter van die Baxter-teater dien.

Verwysings

Tags:

Mamphela RampheleSteve BikoSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PoesKoedoeOnderwys in Suid-AfrikaBlourokkeGeboorteIndustriële RevolusieRoekelose DadeOntkiemingPaddaGeelsugGeskiedenis van AfrikaansWashington, D.C.SlaapapneeWhitey BassonSeksuele stimulasieKoningSkoenlapperVlag van LibanonMuggieWikisourceAleksei NawalniLiewe HeksieNierSeksuele opwekkingYstervarkVaginaLys van lande volgens bevolkingMeervoudDieregeluideParysKarpaletonnelsindroomBruin huisslangKwaZulu-NatalMorfologie (taalkunde)Lys van Joodse feeste en herdenkingsSteve HofmeyrE-regeringTobie CronjéOrthopteraSonnestelselKolorektale kankerDeon MeyerKasterolieJohan StemmetVersamelnaamLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSuid-AfrikaAppelblaarKameelperdMamelukErica RhodesDuitslandAnilingusJo BlackOssewaLys van woestyneGoogle TranslateWillie EsterhuizenTurksvyMangelontstekingFilosofieFritz WepperVrymesselaryNAVOGrysstofBywoordWitbloedselSally EsterhuizenPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPG du PlessisKasteel die Goeie HoopDunderm🡆 More