Hillsborough-Kasteel

Hillsborough-kasteel (Engels: Hillsborough Castle) is ’n amptelike regeringswoning in Noord-Ierland.

Dit is die tuiste van die Britse staatsekretaris vir Noord-Ierland, en die amptelike woning van koningin Elizabeth II en ander lede van die koninklike familie wanneer hulle die land besoek. Dit is ook ’n gastehuis vir belangrike buitelandse besoekers. In 2003 het pres. George W. Bush van die Verenigde State daar gebly. Die kasteel word sedert 1 April 2014, net soos die Londense Tower, Hampton Court-paleis, Banqueting House, Kensington-paleis en Kew Palace (almal in Londen), deur Historic Royal Palaces (HRP) bestuur. HRP het 'n omvattende restourasieprojek begin om die herehuis en die omliggende tuin tot sy volle vorige glorie te herstel.

Hillsborough-Kasteel
Die amptelike ingang van Hillsborough-kasteel.

Hillsborough-kasteel, wat net buite Belfast in Hillsborough in die graafskap Down geleë is, is nie ’n regte kasteel nie. Dit is ’n Georgiaanse herehuis wat in die 18de eeu vir die Hill-familie gebou is. Hulle het dit tot in 1925 besit en dit daarna vir £24 000 (die ekwivalent van £1,3 miljoen teen huidige pryse) aan die Britse regering verkoop. Die kasteel het vervolgens tot 1972 as ampswoning van die goewerneurs van Noord-Ierland gedien wat die Britse monarg verteenwoordig het en is amptelik Government House genoem.

Die kasteel het 'n belangrike rol tydens onderhandelinge vir die Noord-Ierse Vredesooreenkoms gespeel, veral omdat dit deur alle rolspelers as 'n neutrale plek waargeneem is. ’n Presedent is geskep vir ’n regeringswoning toe die staatsekretaris vir Noord-Ierland rondom 2000, Peter Mandelson, tydens sy ampstermyn met koninklike toestemming daar gebly het saam met sy gay lewensmaat. Sy voorganger, Mo Mowlam, het self ’n presedent geskep toe sy die groot terrein van die kasteel vir die publiek oopgestel het. Voorheen is dit nie gedoen nie uit vrees vir ’n terroriste-aanval.

Verwysings

6°5′10″W / 54.46139°N 6.08611°W / 54.46139; -6.08611

Tags:

Elizabeth II van die Verenigde KoninkrykEngelsGeorge W. BushHampton Court-paleisKensington-paleisKew-paleisLondenLondense TowerNoord-IerlandVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lianie MayAalwynMenstruasieMisdaadromanTegnologieSywurmArmoedeverligtingBeesvleisParkinson se siekteWoordeboek van die Afrikaanse TaalAardbewingAllan BoesakHemelvaartKlem-in-die-kaakPlae van EgiptePêrelPenisAfro-AmerikanersTweede VryheidsoorlogGawes van die Heilige GeesRobbie WesselsLys van politieke partye in Suid-AfrikaVoortrekkermonumentNkosi Sikelel' iAfrikaPuberteitRepubliek van Zoid AfrikaLys van Griekse mitologiese figureGianna MichaelsWalt DisneyCSSWaterkringloopHamburgerIndiese OseaanPinksterMusieksimboleStilleweAfkortingStereotipeHoutWinnie Madikizela-MandelaISO 3166-2Afrikaanse TaalmonumentPikkewynWielewaalVaginaTussenwerpselPapierRefentse MorakeKrieketWeer (meteorologie)RivierTweede WêreldoorlogDuitslandKoos BekkerMonopolieSeksuele stimulasieHoenderAborsieNasionale VrouemonumentIvan ZimmermannSatellietYsterMondTafeltennisEekhoringNiersteenTrekarbeidBreinVakbondPastoorGemeenskapsorganisasieDie Gelofte🡆 More