Hilgard Muller: Politikus (1914-1985)

Hilgard Muller (4 Mei 1914, Potchefstroom – 10 Julie 1985, Pretoria) was 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party, burgemeester van Pretoria (1953–1955), verkose lid van die parlement in 1958 en minister van buitelandse sake na die aftrede van Eric Louw in 1964.

Hy het afstand gedoen van beide poste in 1977.

Hilgard Muller
Hilgard Muller
Hilgard Muller in 1964

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
1964 – 1977
Voorafgegaan deur Eric Louw
Opgevolg deur Pik Botha

Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Verenigde Koninkryk
Ampstermyn
1961 – 1964

Persoonlike besonderhede
Gebore 4 Mei 1914
Potchefstroom, Unie van Suid-Afrika
Sterf 10 Julie 1985 (op 71)
Pretoria, Suid-Afrika
Politieke party Nasionale Party
Alma mater Universiteit van Oxford

Muller het regte aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, 'n Rhodes-beurs aan die Universiteit van Oxford ontvang en 'n doktorsgraad in die regte behaal. Nadat hy in die regte in Pretoria gepraktiseer het, is hy in 1951 tot Pretoria se stadsraad verkies en het twee jaar later burgemeester van die stad geword.

Hy het in 1957 uit die stadsraad bedank en is die volgende jaar vir Pretoria-Oos tot die nasionale volksraad verkies. Hy besluit in 1961 om nie vir 'n tweede termyn te dien nie, in plaas daarvan is hy as Suid-Afrika se ambassadeur in Londen aangestel, maar keer in 1964 na die parlement terug en is onmiddellik as minister van buitelandse sake aangestel.

Muller het in 1977 uit die openbare lewe getree en is deur Frederik Roelof "Pik" Botha opgevolg, wat dié amp tot die eerste volle demokratiese verkiesing in 1994 beklee het.

Verwysings

Voorafgegaan deur
Eric Louw
Minister van Buitelandse Sake
1964–1977
Opgevolg deur
Pik Botha
Voorafgegaan deur
Charles te Water
Kanselier van die Universiteit van Pretoria
1965–1984
Opgevolg deur
Alwyn Schlebusch

Tags:

10 Julie191419854 MeiBurgemeesterEric LouwNasionale PartyPotchefstroomPretoriaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van bekende Suid-AfrikanersSuid-Afrikaanse WeermagEkonomieKoraalrifKoolhidraatBonné de BodNazi-DuitslandWitkruisarendSpysverteringstelselMaatskappyAfrikanernasionalismeOrthopteraResensieDeelteken en umlautJohan StemmetKnopiespinnekopDigvormVoornaamwoordAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidQuebecSuid-Afrikaanse PolisiediensSteve BikoKanadaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLionel MessiEkonomie van Suid-AfrikaRenosterJan-Willem BreureWiskundeKoos KombuisProteïenGeslagBorskankerJavaScriptAardkorsOnderwysLugbesoedelingRekenaarLeah van NiekerkSnaarinstrumentRobbeneilandC.J. LangenhovenSeksposisieAardbewingSpelerposisies in rugbyUnited Democratic FrontNieu-SeelandSeptimius FundOorstromingDrinkwatervoorsieningJeugdagSelfvertroueJodeKlankverskynselsDuitslandMusiekGalblaasDesimale breukeLionel PetersonKaapstadse waterkrisis 2015-2018Septimius PicturesSann de LangeLikkewaanVoortrekkermonumentRooikatGeelsugKameelperdLys van medisinale kruieNedersettingVolstruisApostoliese GeloofsbelydenisWiki CommonsAarde🡆 More