Die Rooibergsepterbos (Paranomus roodebergensis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm.
Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Rooiberg, Huisrivierpas en Touwsberg.
Rooibergsepterbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. roodebergensis |
Binomiale naam | |
Paranomus roodebergensis (Compton) Levyns, (1970) | |
Sinonieme | |
|
Die struik word tot 2.5 m hoog en blom van Augustus tot Oktober. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteen sand op hoogtes van 600 - 1300 m.
In Engels staan die struik as die Honey-scented sceptre bekend. Die boom se FSA-nommer is 72.6
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Rooibergsepterbos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.