Hettie Smit: Suid-Afrikaanse skrywer

Hettie Smit, pseudoniem van mev.

S.J. van Vuuren (1908–1973), was 'n Afrikaanse skryfster wat veral bekend is vir haar roman Sy kom met die sekelmaan (1937) wat in 'n dagboek- en briefvorm geskryf is en oorspronklik in 1937 deur die Vereniging vir die Vrye Boek in Kaapstad uitgegee is. Dit staan bekend as die eerste bieg- of belydenisroman in Afrikaans en is gegrond op die briefwisseling tussen Smit en die skywer en digter WEG Louw. Dié boek het meer as 10 herdrukke beleef en is in 2001 opgevoer met Nicole Holm en spelleiding deur Juanita Swanepoel. Hiernaas volg daar ook 'n aantal jeugstukke, artikels en resensies uit haar pen.

Hettie Smit
Hettie Smit: Suid-Afrikaanse skrywer
Gebore21 November 1908
Sterf13 September 1973
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepOnderwyseres, skrywer
Bekend virSy kom met die sekelmaan
EggenootS.J. van Vuuren
KindersTwee seuns
GeloofGereformeerd
Hettie Smit: Suid-Afrikaanse skrywer
Hettie Smit aan die skilder.
Hettie Smit: Suid-Afrikaanse skrywer
'n Lewenskets van Smit in haar handskrif.

Smit het op die dorpie Koffiefontein in die Vrystaat grootgeword en later op Brandfort skoolgegaan, waar haar vader prokureur was. Haar gesin was lidmate van die Gereformeerde Kerk. Haar verdere opleiding het sy aan die Universiteit van Kaapstad ontvang, waar sy die grade M.A. en B.Educ. behaal het. Sy het op talle plekke skoolgehou: Wellington, Prins Albert, Hennenman, Bloemfontein, Kimberley en Pretoria, en is later met S.J. van Vuuren van die departement van landbou en bosbou in die hoofstad getroud. Die egpaar het in 'n stadium in Waterkloof gewoon en het twee seuns gehad. Smit het ná haar huwelik by die Sentrale Vertaalburo van die staatsdiens gewerk.

Bronne

  • (af) JC Kannemeyer, Die Afrikaanse Literatuur 1652–1987, Human & Rousseau
  • (af) JC Kannemeyer, Ek ken jou goed genoeg: die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw, 1936-1939, Protea
  • (af) Nienaber, P.J. Hier Is Ons Skrywers! Biografiese Sketse van Afrikaanse Skrywers. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
  • (af) Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau

Verwysings

Tags:

AfrikaansKaapstadPseudoniemWEG Louw

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse skrywersStilleweVigsWeervoorspellingWeer (meteorologie)Consolidated B-24 LiberatorBrendan PeyperAnilingusKonsentrasiekampBewaringstatusLangste woordWet op Bantoe-onderwysDramaLugbesoedelingRonelda KamferDokterLongSuid-Afrikaanse GrensoorlogMangelontstekingDiskriminasieInfeksieMolekuulSeisoenVerenigde KoninkrykKompasChristiaan BarnardHeupPussy RiotKnopiespinnekopMonopolyJazzAlliterasieMaselsOranjerivierAntjie SomersVingerseksNeurenberg-verhoreSoweto-opstandSiya KolisiSuid-Afrikaanse randAfrikaanse TaalmonumentToutrekN.P. van Wyk LouwNiemetaalKimberleyMonopolieNasiebouLemoenStrykysterAnale seksBysteekKaliumPikkewynTaalSpysverteringstelselSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGoogle MapsSkuinsstreepLettergreepGeskiedenis van Suid-AfrikaOrale seksErfenisOnderwerp (taalkunde)TienerHemelvaartsdagPad na jou hartJudaïsmeGriepLyfstraf in skoleKasterolieDistillasieSeekoeiBruin menseTydOos-KaapMobutu Sese SekoThys die Bosveldklong🡆 More