Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift

Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift (NZAT) was 'n Calvinistiese kultuurtydskrif wat in 1824 deur Ds.

Abraham Faure op die been gebring is en tot 1843 tweemaandeliks verskyn het. Antoine Changuion was ook vanaf 1833 op die redaksie.

Agtergrond

Die meeste Kaaps-Hollandse jongmanne sou gewoonlik na Nederland gaan om daar te studeer, al het die verbintenis tussen die Kaaps-Hollandse kerk en die Nederlandse kerk amptelik nie meer bestaan nie. Moontlik diep onder die indruk van die groot sendingswerk oorsee, het Abraham Faure sy opleiding voortgesit in Gosport, Engeland, en daar diepgaande kennis met die Evangeliese tradisie opgedoen, waarna hy verdere opleiding in Nederland ontvang.

Teen 1824 het die Kaap-Hollandse Kerk tot veertien gemeentes aangegroei soos die Hollandssprekende boere aan die grense van die kolonie al hoe verder van Kaapstad weggetrek het. Die groot gebied het die bywoon van kerkdienste bemoeilik. Twaalf predikante alleen kon nie hierdie groot herderlike taak behartig nie. Baie lidmate het ook onverskillig op Sondae geword en op daardie Sabbatsdag begin werk, of was selfs onkundig oor die verlossing deur Christus. Om hierdie rede het Faure die NZAT 'n paar maande voor die 1824-sinode die lig laat sien. Twee tydskrifte het verskyn; 'n Nederlandse weergawe (met Faure self as redakteur) en 'n Engelse weergawe (met Pringle as redakteur), wat twee verskillende gemeenskappe bedien. Daardeur kon die Kaaps-Hollandse Kerk met die verspreide lidmate kommunikeer. Dit was Faure se hoofdoel om met die tydskrif die verafgeleë lidmate pastoraal te bedien, maar die tydskrif het weliswaar ook onderwerpe ingesluit van letterkundige, geskiedkundige of wetenskaplike aard, maar ook sake "onmydelik met deze Kolonie verbonden". Ook "gedenkwaardige stukken" soos die oorsprong van die "eerste Volksplanters" en hul wederervaringe in die nuwe land, is daarin opgeneem. Ook die Kaaps-Hollandse Kerkgeskiedenis kry in die blad sy aandag, maar sonder om "een bekrompen sekte-geest" te ontwikkel: die doel daarmee was om die tydskrif "zoo wyd en zyd te verbreiden, als er leergierige lezers en lezeressen zullen gevonden worden".

Boekdele

Boekdeel Jaargang Argief
Deel I 1824 Google Play
Deel II 1825 Google Play
Deel III 1826 Google Play
Deel IV 1827 Google Play
Deel V 1828 Google Play
Deel VI 1829 Google Play
Deel VII 1830 Google Play
Deel VIII 1831 Google Play
Deel IX 1832 Google Play
Deel X 1833 Google Play
Deel XI 1834 Google Play
Deel XII 1835 Google Play
Deel XIII 1836 Google Play
Deel XIV 1837 Google Play
Deel XV 1838 Google Play
Deel XVI 1839 Google Play
Deel XVII 1840 Google Play
Deel XVIII 1841 Google Play
Deel XIX 1842 Google Play
Deel XX 1843 Google Play

Verwysings

Tags:

Abraham FaureAntoine Changuion

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VryheidsmanifesAgtervoegselVryheidsdagRekenaarLidwoordFilosofieMenseregtedagChemiese verbindingMosambiekkanaalKalenderApartheidDiamantVerenigde State van AmerikaSlawernyKappie (skryfteken)MoslemByvoeglike naamwoordOmgewingsbeheerCarike KeuzenkampDomkragWinnie Madikizela-MandelaWeerfrontNoord-KaapTrappe van vergelykingGeslagFilistyneTweede VryheidsoorlogWinterD.J. OppermanWaterpokkiesEskomLuiperdOlimpiese SpelePrimêre sektor van die ekonomieThe CranberriesDruiweGetalYsterAntisemitismeJeanette FerreiraProteïenResensieDemokrasieSeekoeiOos-KaapDriehoekEnsiklopedieAkuutSpreeuLys van chemiese elemente volgens atoomgetalMierWikimedia-stigtingBateSlag van BloedrivierPaasfeesWiskundige terminologieVraag en aanbodBeaufortskaalVarkgriepGeestesteuringBestuiwingGrondWêreld- Ekonomiese ForumHibernasieImpakte van toerismePinksterPriemfaktorImmunologieWiskundeSeekatVaste stofVroueregteWikipediaStokely CarmichaelLys van veltoestande🡆 More